Instituut se hoof gepos oor artikel

Manglin Pillay. Foto: Saice

Manglin Pillay is afgedank as uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurswese (Saice) nadat hy ʼn omstrede meningstuk oor vroue geskryf het.

Errol Kerst, president van Saice, het in ʼn verklaring bevestig dat Pillay en die uitvoerende raad van Saice se paaie geskei het en dat Manglin se ampstermyn as uitvoerende hoof met onmiddellike effek beëindig is.

Pillay se meningstuk is in die Julie-uitgawe van Civil Engineering gepubliseer. Hy het onder meer geskryf dat “meeste vroue” van ʼn sekere ouderdom verkies om deeltyds te werk of hulself volledig te wy aan die grootmaak van kinders.

Pillay het verder gesê die feit dat meer mans hoëprofiel- uitvoerende poste beklee is nie as gevolg van geslag nie, maar weens ʼn aptyt vir werkslading en uiterste prestasievereistes op daardie vlak en om te kies wat belangrik is en waaraan tyd bestee moet word.

Pillay se skrywe het onder erge kritiek deurgeloop. Hy het op 10 Augustus om verskoning vir die artikel gevra. “Ek vra onvoorwaardelik om verskoning dat ek soveel mense die harnas ingejaag en beledig het.” Pillay het onderneem om kers op te steek by vroue-ingenieurs en professionele persone vir diversiteitsopleiding.

Kerst het in die verklaring gesê Saice neem sy lede se menings en opinies ernstig en dat hulle ʼn groot hoeveelheid terugvoer gekry het oor die gevolge van Pillay se uitlatings in die artikel.

“Ons hoop dat ons as ʼn organisasie kan leer uit dié ondervinding en kan saamwerk met ons lede en ander organisasies om Saice op alle vlakke van sy mandaat te versterk.

“Daar is baie uitdagings wat Suid-Afrikaanse ingenieurs in die gesig staar, plaaslik en internasionaal, wat wissel van diversiteit tot klimaatsverandering en sake wat verband hou met materiale en tegnologie.”

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Celtis Africana ·

Die Roetsrots uitlating van iemand in beheer van n professionele organisasie word mos nie uit die duim gesuig nie. In sy hoedanigheid as bedryfshoof sien hy sekerlik die hele prentjie wat hom met die gevolgtrekking laat.
Indien hy oor feite beskik wat hom tot die gevolgtrekking bring, hoekom die waarheid goedkoop maak?
Dis n kwade dag wanneer ons feite vir verbale diaree verkwansel uitsluitlik omdat dit aanstoot gee.

Andrew ·

Moet maar liewers geen opinie in die land uitspreek nie. Tensy jy ‘n witman beledig. Dan word dit aanmoediging van debat genoem. Andersins is die boodskap ” bly tjoepstil”

Lynette ·

Agge nee, daar word die dam alweer onder die eend uitgepluk. Mag n mens nie eers jou eerlike opinie uitspreek, sonder om mense die harnas in te jaag nie? Mense het tog sulke teer ego’s. Die fout le by hulle en nie by fie man wat slegs die waarheid gepraat het nie. Om sy werk daaroor te verloor, is belaglik.

Oujongvrou ·

Ek kan nie sien wat hy nou eintlik verkeerd gese het nie. Vrouens moet nou maar regtig besluit of wil hulle vroues of mans wees. Dit raak belaglik. Oor alles word gekerm. Hulle gaan iewers met n skok wakker word,

Netso! ·

Ek kan nie fout sien met wat hy te sê gehad het nie, dit is immers sy mening…. en ek moet bieg dat ek self onder daardie kerf val. Ek is ‘n werkende mamma (bankwese) wat ook deeltyds swot en het al meer as een geleentheid laat vaar omdat dit meer druk op my sal plaas en ek minder tyd saam met my kinders sal hê. Ek knyp maar oë toe en swot saans laat as almal in die bed is sodat ek eendag ‘n ander pos kan beklee wat my meer tyd saam die gesin kanm toelaat, aangesien meeste gesinne nie meer kan bekostig dat net een ouer werk nie.

jaco ·

ek hoop jou velkleur is reg vir daadie “ander pos” eendag. Onthou ook dat die “regte” velkleur vir daardie pos VEEL MEER weeg as die toepaslike kwalifikasie.

charmaine ·

Ek sien ook nie dat daar fout is met sy berig nie, in ons werksomgewing is dit ook so dat ons het mamma’s wat halfdag werk en nog steed goeie poste en salarisse verdien, mense moet bietjie ontspan of dames moet besluit waar en hoe pas ons in of wat ons wil he. DIe man het nie lelik gepraat van vrouens nie en ek dink seker werkstipes is meer vir mans as vrouens of mamma’s dit bly in persoonlike besluit.

Andre ·

Blykbaar kan mense nie meer opinies lug nie uit vrees dat hul afgedank kan word. Ek glo die persoon het rede gehad om daaroor te skryf en is moontlik korrek. Het iemand sy mening getoets sonder die Ras en Geslag “wette”, dalk is hy reg. Weet die persone wat kla dat daar n verskil tussen mans en vroue is. Respek het baie daarmee te doen. Waarom iemand afdank oor n mening wat hy uitspreek?

My Jinne! ·

O wee! Hy het van “meeste vroue” gepraat. Pleks hy maar liewer van “sommige vroue” gepraat het. Feit is dat die groot probleem reg oor die wêreld nie ras of geslagsverwant is nie, maar wel gebrekkige kommunikasie. Ons interpreteer liewer onmiddellik iets as negatief, eerder as om te vra wat die bedoeling nou eintlik was.

Lana ·

Gun vir Pillay sy mening! Hoekom sy werk verloor daaroor? Dis belaglik!
My mening is dat van die dinge wat hy sê wel waar is, maar hy moet ligloop en nie veralgemeen nie. Wat sy werk aanbetref is daar beslis ‘n vrou wat hom sal ore aansit.

Hennie ·

Geen probleem met sy opinie nie. Geen wet bepaal dat jou opinie noodwendig moet ooreenstem met ander s’n nie. As vrouens professionele beroepsvrouens wil wees, laat hulle toe om dit te wees en as hulle wil kinders grootmaak respekteer dit ook, dit het niks met hoogs sensitiewe geslagsgelykheid te doen nie. Almal het opinies daarvoor en daarteen.

Theresa ·

Ag aarde tog! Die man mag mos maar sy opinie en bevinding eerlik weergee!!
Mense is deesdae opsoek na enige ding om iemand anders te laat boet (werk verloor) vir hul eie onsekerhede. Geen vrou wat weet sy is uitstekend in haar beroep sal geaffronteerd voel oor so ‘n artikel nie. En dames wat eerder wil tuisbly en daar werk en/of kinders grootmaak is net so wonderlik. Nee wat, heeltemal onnodig sy werk kwyt.

ZAR ·

Dis nie net sy opinie dis ‘n volwaardige feit. Hy het niemand beledig met dit nie, dis wat by die werksplek gebeur. Ma’s kies om meer tyd met hul kinders te spandeer as om die korporatiewe leertjie te klim. Die wêreld moet ophou om vrouens in poste in te druk om ‘n kwota te vul, die werk behoort na die beste kandidaat te gaan afgesien van geslag, ras, godsdiens of kultuur. Daar is vrouens wat daarna smag, maar meeste ma’s smag na halfdag werk terwyl die kinders in die huis is. Genugtig. Hoe belaglik is dit dat hy sy pos verloor het agv die waarheid! Dis absolute waansin.

Ruby ·

Absoluut belaglik dat die man sy werk moet verloor.

Ek is ‘n werkende mamma en in ‘n sekere tydperk van my lewe het ek my snyerspakkie vir doeke en bottels verruil, dit was absoluut wonderlik! Noudat die kinders baie groter is staan ek my plek vol in die werksplek, nie alle huishoudings kan met net 1 salaris oorleef.

Sommige dames moet net rustig rustig rustig raak en die boudjies ontspan. Ek het nie vir ‘n sekond beledig gevoel deur hierdie man se mening. Dit is ‘n natuurlike instink vir mammas om by haar kroos te wees, wel vir sommige….

Dalk is daar ‘n dame wat haar oog op sy pos het?

Mrs H ·

Hy is reg! Wat is fout met reg wees?! …demokrasie? Hy hoef ook nie reg te wees nie, maar mag sy opinie deel…in n demokratiese land!

Keelvol ·

Ai tog die grootste fout wat mnr Pillay gemaak het was om agterna “Jammer”te sê.
Feite is feite.
Iemand het seker reeds ‘n dame in gedagte vir die pos en kon nie wag om vuur te stook om van mnr. Pillay ontslae te raak nie.

christa ·

kleinlikheid is aan die orde van die dag. Mense moet niks vir niemand se nie, of liewer nie meer met mekaar kominukeer nie want alles word uit verband geruk. Waar is die ou dae wat vrouen tuis gebly het en hul man se mindere was. Wat ‘n seen was so ‘n huishouding nie. Kinders is goed op gevoed en mans het geen bedreiging vir vroue gewees nie.

Callie ·

Hierdie is nie kleinlik nie, dis SIEK. Liewe magtag waar gaan dit stop. Dis die tipe snert wat veroorsaak dat kinders se opvoeding so swak is dat hulle afbrand as hulle nie tevrede is nie. Die een wat gekla het is pateties. Ergste is dis nou veronderstel om n werksplek te wees waar baie intelligente mense saamwerk. Seker hoekom siviele dienste so agteruitgaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.