Instrukteur, vriendin sterf in duik-ongeluk

Peter Timm. Foto: Facebook

Peter Timm. Foto: Facebook

‘n Bekende duikinstrukteur en sy duikmaat is Woensdag dood nadat hulle in die diepsee geduik het by Umkomaas aan die KwaZulu-Natalse suidkus.

“Dit is met groot hartseer dat ons afskeid neem van die legende Peter Timm en sy dierbare vriendin Adele Stegen. Hulle het ons wêreld verlaat, maar sal vir ewig in ons harte leef,” het Triton-duiklodge op hul Facebook-blad geskryf. Timm en Stegen het albei by Triton-duiklodge in Sodwana-baai aan die KwaZulu-Natalse noordkus gewerk.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, het gesê paramedici is na die strand ontbied. Ondanks pogings om die pasiënte by te bring was daar niks meer wat ons vir hulle kon doen nie.” Timm en Stegen is op die toneel dood verklaar.

Adele Stegen. Foto: Facebook

Adele Stegen. Foto: Facebook

Boodskappe van medelye stroom intussen in op Triton-duiklodge se Facebook-blad. “Vir die wêreld was jy ‘n duiklegende, vir ons was jy oom Peter. Die oom saam met wie ons die meeste pret gehad het in ons grootwordjare, die mees gewaagde ekspedisies saam mee aangepak het en selfs as kinders het ons jou oordeel vertrou, jou blindelings gevolg, jy was ‘n fantastiese oom. Daar is ‘n ‘n leemte in ons harte maar ons het die beste herinneringe van ons grootwordjare,” het Theresa de Villiers geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

DP Joubert ·

Jou kennis oor duik haal alle woorde uit my mond, Tim…… jy het my ni eers geken 8 jaar terug ni ma jy het my alles geleer…….. nooit wingat wees ni en sorg vir jou BUDDIE

Jaco Grobler ·

Wow, watter slegte nuus, het hulle nie goed geken nie, maar Peter het my altyd beindruk, baie ervare duiker en koel ou…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.