Integrasie kan dalk leerlinge se wiskunde-uitslae pootjie

wiskunde-03

Argieffoto.

Vanjaar se graad 12-leerlinge het Maandag hul tweede wiskundevraestel geskryf. Die vraestel, wat ondermeer uit meetkunde, analitiese meetkunde en trigonometrie bestaan, was volgens die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW) propvol vrae wat verskillende afdelings van die sillabus geïntegreer het.

Kenners meen die eerste wiskundevraestel, wat gewoonlik op algebra fokus, was van ʼn goeie gehalte, maar sê die tweede vraestel het beslis ʼn bietjie meer insig van leerlinge gevra.

“Leerlinge sukkel wêreldwyd om vrae wat die verskillende dissiplines van wiskunde integreer, te beantwoord. Hoewel beide vraestelle van ʼn goeie standaard was, sou leerlinge mooi moes dink tydens vanjaar se Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens vir hierdie vak,” het Valentyn van der Merwe van die VAW gesê.

“Vraestel een was op ʼn hoër standaard as die 2014 vraestel. Dit was ook die jaar waarin die eerste kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vraestelle geskryf is. Hoewel die vrae nie onredelik was nie, is dit op ʼn ongewone manier gestel wat kritiese denke vereis het,” het Elmarie van Loggerenberg, adjunkhoof van Afrikaanse Hoër Seunskool, gesê.

Herholdt Bezuidenhout, adjunkhoof van Grabouw Hoërskool beaam dat die vraestel gefokus het daarop om verskillende onderwerpe in wiskunde te integreer. “In vraestel twee was daar ʼn neiging om meer as een onderwerp te toets. Vraag drie het byvoorbeeld analitiese meetkunde met eweredigheid gekombineer, terwyl vraag vyf analitiese meetkunde met sirkelmeetkunde saamgegooi het.”

Volgens Van der Merwe verwag die VAW dat die wiskunde-uitslae in vanjaar se eksamen laer sal wees as in 2014, toe die eerste KABV-eksamens afgelê is. “Om meer kritiese denke in vraestelle te toets is wel belangrik, aangesien dit op tersiêre vlak wel ʼn kritiese vaardigheid is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

19 Kommentare

vermeende ·

Goeie gehalte se g*^!!!!!

Die eerste vraag in die wiskunde vraestel lei so.

‘n paartjie gaan trou en nooi 67 pare en 13 enkel lopende
Nou die vraag: hoeveel gaste is genooi????

Hel man in kind in graad 3 kan die een doen en dit is die vraag vir matriek.
Geen wonder die uniwersiteite het so ‘n groot probleem nie.

Dee ·

Wat is jou antwoord hierop, Esté Meyer Jansen? Want hierdie bewering is aboluut in teenstelling met wat jý sê.

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Dee en Vermeende

Baie dankie vir julle navraag.
Kenners het hulle mening gegee oor die wiskundevraestelle en nie wiskundige geletterdheid nie.
Jammer indien dit enige verwarring veroorsaak het.

Groete
Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

Dee ·

Dankie vir jou terugvoering, Esté. Hopelik het jy die glimlag by my vraag raakgesien :-)

Wilna Strauss ·

Daardie vraag is nie in die Wiskunde vraestel nie! Maak seker van feite voordat jy kommentaar lewer…

Kuiergogga ·

Hoor Hoor Juffro! Darm het juffrou ons mooi geleer in klas so ons hoop maar ons punte val nie!

Jacques ·

Dit moes ‘n ander Wiskunde vraestel gewees het. Die een wat ek geskryf het se eerste vraag was heeltemal anders. Ons was ‘n kwadratiese vergelyking gegee waar ons vir x moes oplos. Ek kan nie presies die vergelyking onthou nie, maar die punt bly staan dat die standaard van gewone Wiskunde nie so sleg is as wat u dit probeer uitmaak om te wees nie.

christine swiegers ·

Dis was seker in die wiskundige geletterdheids vraestel. Die wiskunde vraestel (1) was bitter moeilik.

krities ·

die problem is dat daar nie genoeg “vaardige/talentvolle” wiskunde onderwys is om hierdie
kritiese/analitiese vaardighede op vaardige maniere aan kinders oor te dra nie op skoolvlak
gebeur dit dat “hulp-klasse” orals ontstaan wat tot R1000.00 per maand kos
en dalk selfs nog meer! dis uitgesluit die skoolfonds wat jy reeds moet betaal.
dus – hoe kan jy toets vir kritiese en analitiese denke as dit nie van laerskoolvlak aangeleer word deur onderwysers wat vaardig is om die praktiese aan leerders oor te dra op ‘n manier wat insig bring vir daardie kinders! nou kom die Gr 12 en word hulle op so ‘n vlak getoets – wat nie sin maak nie – of hoe? Nou moet hierdie kinders die arbeidsmark betree maar die skoolvlak het hulle nie voorberei vir die werksplek of universiteit nie want daar word nou verwag om krities en analities te dink en versiendheid te hê
ons sit met vakkekeuses wat nie wyd genoeg is om die werksplek te diens nie, en die oorgrote meerderheid wat nie verder kan studeer nie sit met gapings want die basiese is nie op skool geleer bv. Rekeningkunde wat vir ‘n entrepreneurs kardinaal is – nie alle kinders wat skool verlaat of klaar gestudeer het aan universiteit kry werk nie ons werkloosheidsyfers dui dit baie mooi aan!- dus moet die kinders geleer word om self besighede te kan begin – ma hoe nou as jy nie wiskunde of rekeningkunde ens. op skool gehad het nie- standaarde is belangrik as jy net met room wil sit ma kwaliteit en toerusting/aanbieding en toetsing van kinders met studie material deur onderswys/departement en vakkeuses moet prakties/praktyk gerig word want die lewe daarbuite is prakties nie teorie nie en die vaardighede moet al reeds op laerskool aangeleer
word nie eers wag tot gr12 en dan moet daar eweskielik verwag word van kinders om
krities en analities te dink nadat hulle vir letterlik hoeveel jaar op die skoolbanke gesit het
en nie prakties geleer is om krities en analities te dink en redeneer nie.
kom nou mense – dink gou bietjie analities hieroor en kyk dan waar ons uitkom!

Anoniem ·

Ek dink jy is heeltemal reg as jy sê dat daar ‘n tekort aan vaardige Wiskunde onderwysers is. Die ander probleem is ook die groot gaping tussen Wiskunde en Wiskunde geletterdheid. ‘n Soort ‘Standaard Graad’ moet ernstig oorweeg word. Uit my persoonlike ervaring kan ek egter sê dat analitiese- en kritiese denke nie aan ‘n leerder sommer net oorgedra word nie. Die onderwyser kan slegs die kind motiveer om krities te dink, hy/sy kan nie die kind fisies leer hoe om krities te dink nie. Dit hang van die kind self ook af in ‘n mate. Hoe meer die kind hom/haarself blootstel aan probleme wat kritiese denke vereis, hoe beter sal sy/haar vaardighede word.

krities ·

dis reg – ek stem saam die kind moet blootgestel word aan die denkpatroon wanneer
hy/sy met probleme gestumileer word om krities en analities te dink
dus leer die kind die vaardigheid aan – probleemoplossing – die atmosfeer moet
van laerskool se tyd af geskep word om kinders te motiveer om te begin “dink”
hoe meer ons kinders positief motiveer hoe meer sal hulle dit “kop”

Ruby ·

krities, ek stem saam met jou, maar haal asem of gebruik leestekens. Ek was skoon uitasem!

Op ‘n ernstige noot, ouers moet ten duurste vir ekstra klasse betaal, hoekom kan die onderwyser/es nie die vak behoorlik aanbied nie?

Wiskunde is ‘n groot, groot probleem.

Louw ·

Die vraag oor die hoeveelheid paartjies ens is in die wisk geletterdheid vraestel.

Dee ·

Louw, ek probeer die antwoord google. Probeer dit ook bereken op ‘n uiters gesofistikeerde sakrekenaar maar sal nou ‘n vriend wat klasgee aan die universiteit vra of daar ‘n spesiale formule is waarmee dit uitgewerk kan word.

GES ·

Die naam rekenkunde sal meer paslik as wiskunde geletterdheid wees. Dit sal miskien ook minder verwarring veroorsaak. Hierdie hele probleem rondom universiteitsgereedheid stuur af op die instelling van ‘n verpligte oorbruggingsjaar vir leerders in die 45% tot 69% groep. Druipsyfers van eerste jaars op universiteit is hoog en belastingbetalers kan dit nie bekostig nie. Net ‘n voorstel moenie my verdoem nie asb.

Besorg ·

Die probleem is dat die meeste van daardie ekstra klasse teen n fooi deur dieselfde onderwysers aangebied word , waarom nie die werk behoorlik en deeglik in die klas oordra nie , dit laat net n vraag by my

Max ·

In die klas is daar 40+ kinders. Om aan elkeen wat agter raak en nie verstaan nie individuele aandag te gee in normale tyd, is onmoontlik. Ons skool begin al 06h30 in die oggende met ekstra wiskunde – verniet!. Dan bied hulle ook Alfa Wiskunde aan in die middae. Die onderwysers doen hulle bes. Ek dink dit wissel van skool tot skool. My kind kry 84 vir Wisk en 96 vir Alfa Wisk – geen probleem.

Chanel ·

Eks jammer maar dit is belaglik. Almal wat kommentaar lewer weet nie waarvan hulle praat nie. Daar is fantastiese wiskunde onderwysers wat uit hulle pad uit gaan om als te doen om die werk te behandel. My onderwyser het ALS met ons behandel. Elke liewe gedeeltetjie mooi en detail en daar was nie een dag wat ons nie huiswerk gekry het nie. Ek self het vraestelle vanad 2010 tot en met 2014 uitgewerk en deur baie ander goed gegaan. As n leerling wat in die 90s kry vir wiskunde wil ek net se die vraestelle was uiters moeilik, en dis nie dat dit “meer insig” vereis het nie, maar die feit dat jy nie geweet het wat hulle vra nie. Jy kan nie n vraestel meer as dubbel die hoeveelheid moeiliker maak nie. So vir die ouers wat klaa oor onderwysers, julle het geen reg want julle was nie in die klas omte weet hoe daar klas gegee word nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.