Integriteitskomitee vergader dié naweek met Ace

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC. (Foto: Twitter)

Die ANC se integriteitskomitee sê hy vergader hierdie naweek met die beleërde sekretaris-generaal van die regerende party.

Ace Magashule staan tereg op 21 aanklagte van onder meer bedrog, korrupsie en geldwassery en is vroeër op borgtog van R200 000 vrygelaat.

Die ANC het vroeër onderneem dat kaders wat van korrupsie beskuldig of daarby betrek word, aan die party se integriteitskomitee verslag doen of tugstappe die hoof moet bied.

Die ANC het ook onderneem dat diegene wat nie ʼn redelike verduideliking vir die bewerings kan gee nie, die tuig moet neerlê of geskors word.

Die komitee sê dit is belangrik om te besef dat hy ʼn struktuur van die nasionale uitvoerende komitee is en die NUK se prosesse en prosedures respekteer.

Die integriteitskomitee sê hy gaan dus glad nie op enige navrae of bespiegeling voor die vergadering met Magashule reageer nie.

George Mashamba, voorsitter van die komitee, sê sodra die vergadering afgehandel is, sal die komitee ʼn verklaring uitreik.

“Ons verstaan die vlak van openbare belangstelling, nie net onder lede van die ANC nie, maar ook in die breër gemeenskap. Ons het egter ʼn plig om protokol en prosedures te volg om ʼn uitkoms te verseker wat ooreenstem met ons mandaat,” het Mashamba gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Misky ·

Hierdie is maar net n formaliteit en om almal stil te hou. Ons weet vooraf reeds wat die uitspraak gaan wees

Miskruier ·

Integriteit!!! Here, vergeef hulle want hul ken nie die woord nie.

Andre ·

Wat ‘n grap. Integriteitskomitee in die ANC ? Amper so snaaks soos die MRK wat glo dat hulle kyk na al die mense se belange. Daar is twee goed wat hulle nie nog nooit verstaan of geken het nie. Integriteit en skaamte.

Dup ·

Dit gaan net oor mag,aansien en geld,die res maak nie saak nie.Die hofrolle is oorlaai met bedrog en korrupsie sake en die NVG en Valke word oorweldig met nuwe en bestaande ondersoeke. Intussen is dit “business as usual” vir die A en C.

domheks ·

cANCer julle kan julleself bluf, ons is nie SO DOM NIE!
ace lei julle aan die neuse rond!

Sarel ·

Gazn lekker eet en vervrrsings geniet en saam lag virdie fools daarbuite..
Onskuldig en almal gaan huis toe

Jakes ·

Hiervan sal dadels kom. Die een is meer korrup as die ander.

Dup ·

Hulle gaan lekker Klippies en Coke drink….met Ace ja…….

Gerhardus ·

Hoe kan mense sonder integriteit ‘n integriteitskomitee hê?

Cd ·

Almal wag in spanning op die uitslag.
Sal nou sien hoeveel tande die komitee het.

JohanR ·

Integriteitskomitee! Elke keer dat ‘n ANC eintlik in ‘n hof moet verskyn, gevonnis te word en dan tronk toe te gaan, dan gaan hulle nou voor die integriteitskomitee en tjoef tjoef is hulle vrygespreek. Is die ANC nou “judge, jury en executioner, en die hofe irrelevant?”

Samuel ·

ACE sal ‘n redelike verduideliking kan verskaf. Net oëverblindery.

Hennie J ·

As ek n foto van die man en van mal-emma in nuusberigte sien, is my dag sommer in sy glorie in.

annie ·

Protokol, prosedures, mandaat. Die spul is ‘n sirkus. Mens moes na die datum kyk of die opskrif na die komende naweek verwys want hoeveel gesprekke gaan nog volg rondom big chief sitting bull as hoof van die buitverdelers. Almal eye almal en try een net klik dan… hou ons weer ‘n interne ondersoek met super duper ex-Zuma teenwoordig en daar gaan ons alweer.

Sarel ·

Haha… mens sou kon lag indien nie so ernstig was nie
Ace het nog altyd gekry wst hy wou. Een van die ANC se bedorwe maar gevaarlike manne.
Hulle gaan lekker party hou en dan onskuldig bevind word en almal gaan huis toe
So… die Notule is klaar geskryf

Etienne ·

Maar net nog een van hul klugspulle, klomp narre wat lieg en bedrieg, en dan hulself glo.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.