‘Intelligensiediens het gebrek aan intelligensie’

David Mahlobo, minister van staatveiligheid (Mei 2015) Foto: GCIS)

David Mahlobo, minister van staatveiligheid (Mei 2015) Foto: GCIS)

Suid-Afrika se intelligensiediens het ʼn “gebrek aan intelligensie” en pres. Jacob Zuma moet David Mahlobo, minister van staatsveiligheid, afdank.

“Om ʼn minister soos Mahlobo te hê wat geen benul het van intelligensie nie stel ons land in gevaar,” het Dennis Bloem, woordvoerder van Cope, gesê. Volgens Bloem moes die intelligensiedienste vooraf geweet het van die dreigende gewelddadige betogings in die Tshwane Metro-gebied.

Bloem het Zuma versoek om Mahlobo af te dank aangesien “hy misluk in die uitvoering van sy pligte” as minister van staatsveiligheid. “Daar word verwag dat die minister van staatsveiligheid daagliks die president van die land moet inlig oor die toestand van die land rakende nasionale veiligheid.”

Mahlobo het Dinsdag beweer dat hulle weet wie die mense is wat die betogings aanvuur. Volgens Bloem moes Mahlobo en Zuma opgetree het voordat die geweld uitgebreek het en die skuldiges in hegtenis geneem het.

“Hoekom wag tot sulke groot skade aangerig is en dan vir ons sulke nonsens vertel. Die regerende party moet ophou om die opposisie te blameer elke keer wanneer hulle ʼn probleem het,” het Bloem gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Pietskiet ·

Hierdie is een groot surkus Suid Agrika is soos alle ander Afrika lande onder deur

Popeye ·

Die opskrif van die artikel se alles sonder dat enige verdere kommentaar benodig word. Twee name word genoem en een daarvan duik elke keer op in alle opsigte!

vermeende ·

Gewoonlik werk intelegente mense in die intelegente diens maar nie in SA nie.

MCS ·

As sommige dit nou al agter kom dat die ligte is aan is , maar niemand is tuis, is daar dalk hoop! Wonder net!

Veritas ·

Die Inligtingsdiens is onder die indruk dat intelligensie en inligting een en dieselfde ding is. Om ‘n swart pak te dra, agter ‘n pikswart donkerbril weg te kruip, in ‘n vinnige (swart) kar rond te ry en Spy vs Spy te speel, maak niemand intelligent nie. Die mees suksesvolle inligtingsagente is dié wat só onopsigtelik is dat niemand eers notisie van hulle neem nie. In Suid-Afrika het dit ‘n ‘glamour job’ geword wat weinig tot geen resultate lewer nie.

Lance ·

Dis SO snaaks …..hulle kom eers agter na alles gebreek of gebrand is daar is dalk iets verkeerd ….intelegensie !!!! Dit bestaan nie ….die mense is n joke en n skande !!

Nico K ·

Hierdie was nie ‘n spontane opstand nie. Dit is vooraf beplan. Mense wat ek ken wat in Pta Tuine woon se bediende het hul die vorige dag gewaarsku dat daar moeilikheid gaan wees.

GES ·

Die rede waarom daar nie opgetree word nie, is omdat dit van binne die geledere van die verkrummelende ANC kom. Alles vrot uitmekaar terwille van eenheid binne die brose ANC alliansie.

Melt Olckers ·

Nasionale Intelligensie en Geheime Diens is ‘n teenstelling in terme. Daar is niks intelligents of geheim wat daar aangaan nie.

KarooKlong ·

Student: ………but its like six of the one, half a dozen of the other.
David: no, no, no, why you change da total, leave da total to stand like it stand.

Sal die video clip soek en oplaai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.