‘Intelligensieverslag’ oor Gordhan ondersoek

Pravin Gordhan, die minister van finansies (Oktober 2016) Foto: Kopano Tlape/GCIS

Sethlomamaru Dintwe, die nuwe inspekteur-generaal van intelligensie, het bevestig dat hy ondersoek instel oor ʼn “intelligensieverslag” wat pres. Jacob Zuma gebruik het om die voormalige minister van finansies Pravin Gordhan en sy span terug te roep van ʼn beleggersveldtog in Londen.

David Maynier, DA-LP, het Maandag bevestig hy het ʼn brief van Dintwe ontvang wat lui: “Ek bevestig ontvangs van jou klag gedateer 31 Maart 2017. Die saak word ondersoek en ek sal binnekort terugvoer gee hieroor.”

Maynier het Dintwe skriftelik versoek om die oorsprong van die verslag te ondersoek en te bepaal of “enige element binne die nasionale intelligensiestruktuur enige rol gespeel het om die verslag saam te stel” en indien wel, of dit neerkom op ʼn oortreding van die Grondwet of enige ander wet of reël of beleid wat betref die land se nasionale intelligensie.

Maynier se brief is aan Dintwe gestuur net ure voor Zuma sy kabinet geskommel het en Gordhan en sy adjunk, Mcebisi Jonas, afgedank het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ada ·

Ek hoop dit word sonder korrupsie ondersoek. Weet nie of dit moontlik is nie

pieterdp ·

Ek is verjeug met die stap. Hoop net daar gaan n krimenele klag uit kom wat ek glo is waar. Dan moet daat n ys ook ingesit word vir die naam skending en die nagevolg van die valse klag teen PG.

Silent hunter ·

…nou wonder ek….wil Zuma dalk nou die aandag op hom af he deur n kamtige verslag….?…. ek het iewer gehoor en ook gelees van n Russiese man in Pommy land wat PG reguit uit gevra het oor SA se kern krag projek waarop PG glo dit af geskiet het deur te se SA het nie die vondse vir so n projek nie… daarna het die man glo baie om gekrap met iemand oor die foon gepraat en die ander persoon toe glo vir z gebel en gese hy moet sorg dat PG dadelik uit geskop word wat hy z het klaar sy komissie gekry en moet nou sorg dat alle dokumente onderteken word andets gaan hy baie aleg daarvan af kom…dis hoekom hy PG weg gejaag het en nogals snaaks …binne 24 uur is alle komtrakte geteken en een van sy familie lede het glo die kontrak van ontelbare gald vir z gekry…..

CHRISTA ·

Ek stem ook saam dat Gordhan die persoon wat verantwoordelik is vir daardie verslag moet dagvaar vir naamskending!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Miskien het iemand die verslag vir Jakob voorgelees om ‘n grap te maak en hy dit geglo en toe daarop gereageer het. Siende ook dat mnr Jonas nie eens saam met mnr Pravin Gordhan in Engeland was nie, maar ewe knus in Suid-Afrika. Jakob verdien empatie, want onthou, ons weet nie hoe goed die ongeletterde man kan lees nie. . En dan is hy boonop ook horingoud.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.