Intense kouefront op pad

‘n Satelietfoto van die kouefront wat Saterdag uitgereik is. Foto: SA Weerdiens

Die Suid-Afrikaanse weerdiens (SAWD) waarsku inwoners van die Wes-Kaap en dele van die Oos- en Noord-Kaap om hulle te staal vir ʼn intense kouefront wat vandag die provinsie tref.

Die weerdiens het gesê plaaslike oorstromings en sneeu kan tot Maandag voorkom. Owerhede is op gereedheidsgrondslag geplaas.

Die kouefront sal teen Dinsdag na die suidwestelike binneland van KwaZulu-Natal beweeg, met koue maksimum temperature van minder as 10 °C. Die kouefront word teen Dinsdag ook in Gauteng verwag.

Snow Report SA het in ʼn verklaring op sy amptelike Facebook-blad gesê sneeu word teen Sondagaand op die meeste Kaapse berge verwag.

“Ons kan dalk meer as 15 cm [sneeu] sien op die Hottentots-Holland-, Ceder-, Matroos- en Boland-bergreekse. Terselfdertyd word daar teen Maandagoggend sneeu verwag in die Noord-Kaap in Sutherland, Calvinia en Fraserburg – dit kan selfs tot Springbok strek,” lui die verklaring.

Snow Report SA sê namate die kouefront ooswaarts beweeg, behoort die Oos-Kaap ook redelik sneeu te ontvang, veral in die Lady Grey- en Barkly-Oos-omgewings.

“Teen Maandagmiddag behoort die kouefront sneeu na die meeste dele van Lesotho te bring en daar behoort sneeu op die piek van die Saniberg teen laat Maandagaand of vroeg Dinsdagoggend te val. Ons kan moontlik ook sneeu in KwaZulu-Natal sien met sneeuval wat voorspel word vir Underberg, Mooirivier, Rosetta en Impendle,” lui die verklaring.

Luidens die verklaring sal daar ook landwyd uiters koue temperature heers.

Daar word geen sneeu in die Vrystaat, Noordwes, Mpumalanga, Limpopo en Gauteng verwag nie.

Snow Report SA het boere gemaan om die nodige voorsorgmaatreëls te tref veral met betrekking tot hul vee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Paul ·

O’ja, en speel die animasie, dis die knoppie links onder die grafiese.

Paul ·

Dankie Volla, ek het daar gaan kyk, beloer gerus die skakel wat ek hier bo gegee het, speel ook die animasie van die grafiese deur op die knoppie (pyltjie) links onder die foto te klik. Gebruik ook die opsie om plekname te kies. Ek soek dikwels die weer op plekke in bv die Krugerwildtuin, bv Satara, en dan is dit nerens beskikbaar nie, maar op hierdie webwerf is dit.

volla ·

Ek weet van daai skakel Paul, het dit al vantevore gebruik. Dis goed.

Carl ·

Reen lekker hier in die Kaap en ons is baie dankbaar teenoor die Here.

Willem ·

Volla, jy beter plan maak, die stortvloed kom vanaand, daars nog tyd, maar jy is op jou eie, dis naweek.

SjN ·

Volla, jou dak kan herstel word, wees dankbaar vir die reën wat die liewe Vader gee waar dit nou so nodig is.

jankoos ·

Ek wonder wat van die klomp gaan word wat op elke sypaadjie in die dorp slaap?

KoosKaasMuis ·

Belangstellende mense, wat soos ek graag die weerstoestande bestudeer kan Ventusky.com gebruik. Dis gratis en gee jou ñ magdom informasie van weerstoestande dwars oor die wêreld. Ek vind dat dit ook baie akkuraat is.

Die weer in 2018 ·

Accuweather is baie akkuraat. Selfs die weer word maande vooruit akkuraat voorspel met behulp van die wetenskap. Maar op die terrein van weervoorspelling met die toepassing van die wetenskap en tegnologie is die Noorweërs Afrika ver vooruit. Hier plaaslik dink sommiges nog steeds in 2018 dat die klimaat of weerverskynsels iets bonatuurliks is.

Tong in die kies ·

As hulle môre die koeie melk gaan hulle roomys kry. ;-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.