Intercape ‘geskok’ ná dodelike busongeluk

Agt mense is dood in die busongeluk naby Welkom. (Foto: SA Polisiediens)

Die busoperateur Intercape sê sy bestuur sal ten volle met die owerhede saamwerk om die oorsaak van vanoggend se dodelike busongeluk in die Vrystaat te bepaal. Die bus was van Durban na Upington onderweg.

“Intercape is geskok deur en hartseer oor die ongeluk. Ons wil ons diepste meegevoel met die families van die oorledenes betuig. Intercape betreur die ongeluk,” het Pieter Louw, woordvoerder van Intercape, gesê.

Volgens die Vrystaatse departement van gesondheid is agt mense dood toe die bus vanoggend kort voor 05:00 naby Welkom in die Vrystaat omgeslaan het. Vier van die slagoffers was kinders. Altesame 46 mense is in die ongeluk beseer.

Een van die busbestuurders (32) het kort ná die voorval selfmoord gepleeg, het die departement gesê. Hy het hom naby die ongelukstoneel opgehang.

“Ten tyde van die ongeluk was daar 53 passasiers op die bus, sowel as twee bestuurders,” het Louw gesê.

Senior amptenare van die busdiens is reeds na die toneel gestuur om mense by te staan.

Louw het gesê die bus was padwaardig en het twee weke gelede ʼn sertifiseringstoets ondergaan.

“Die busbestuurder was opgelei en is aangestel as ʼn professionele bestuurder. Die bestuurder was ook bekend met die spesifieke roete,” het hy gesê.

Die busdiens het ʼn 24-uur‑krisissentrum beskikbaar gestel om alle passasiersnavrae oor die ongeluk te hanteer.

Montseng Tsui, LUR vir gesondheid in die Vrystaat, het intussen ook haar medelye met die families van die oorledenes, sowel as die oorlewende passasiers betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

sandra ·

Sjoe, selfmoord pleeg na ‘n ongeluk, daar moet iets fout wees, Ek is so jammer om te moet lees van al die sterfgevalle, die bestuurder ingesluit. Mag die familie berusting kry.

VanAfrika ·

Van hierdie busbestuurders het geen respek vir ander motoriste nie, n Greyhound het al verby my gevlieg gekom dat ek vir my ma genoem het dat ek wonder of die passasiers veilig by hul bestemming gaan aankom. Ek het ook al gehoor dat hulle n sekere tyd het om by hul bestemming aan te kom en mag nie laat wees nie.

Janniejaap ·

Die een wat vanafrika noem het vele kere al verbygevlieg. Busmpye moet hulle busse in regte tyd monitor en dadelik reageer as die stelsels tekens van roekeloosheid optel.

Chris ·

Ek wonder maar net oor daardie padwaardigheidsertifikaat, want ek het al met my eie oë gesien hoe ‘n Interkaap bus die Depot se garage verlaat vir ‘n trip na Jhb en by die Bellville-terminus moes die een band omgeruil word, want dit was afgeloop. Die Bellville-terminus is ongeveer 20km van die depot af. Dus; hoe verlaat ‘n bus ‘n depot sonder dat hy nagegaan is vir padwaardigheid?

Helena. ·

Ek moet eerlik sê, ek het al baie van die busdiens gebruik gemaak..Intercape en Greyhound en kan nie kla nie. Ek was dalk net gelukkig, geen gejaag of roekelose bestuurders nie. Dis baie tragies.

Onnie ·

Die feit dat hy selfmoord gepleeg het is dalk n aanduiding dat hy die wet oortree het mbt die ongeluk en nou nie kans sien vir die gevolge nie. Dis jammer, want wat ook al met hom sou gebeur, kan nie erger wees as die dood nie. Hoop nie hy het nog n gesin ook wat nou nog verder hier deur gaan ly nie. Tragies.

Arizona ·

Onnie het jy aan die moontlikheid gedink dat die bestuurder dalk so geraak was oor die lewens verlies en kon nie daarmee deel nie en toe sy eie lewe geneem het.

fish ·

Ry bietjie die N12 of N1 Kaap toe van Pretoria af dan sal julle sien hoe erg die busse ry. Hulle vat kanse en ry baie hoe spoed. ‘n maand terug was ek in die Kaap en daar was ‘n bus wat ek nie kon vang nie. Na ‘n paar uur op die pad kom ek agter die knaap kap maklik 160 kmh en dit is hoekom ek hom nie kon vang nie. later af getrek en hom verby gevat en net na Beaufort west toe kom daai bus met ‘n spoed van lig verby my nadat hy vir my flash ek moet in die geel-lyn gaan en dit was in die aand. Hulle “overtake” op bulte ander trokke of busse en vat vet kanse. Trokke is baie rustiger as die groot busse en help jou om hulle veilig verby te vat en ry nie hoe spoed nie. So ek sal nie verbaas wees as daai bus ‘n kans gevat het en moet uitswaai vir aankomende verkeer nie en toe rol hy die bus.

Thys ·

Fish ja ek kan saam met jou prt ek en my vrou was laasjaar op verlof en oppad na Margate toe,ek kry toe nogal en nie wat ni ‘n Greyhound bus net na di tolhek as jy by Villiers verby gaan oppad Natal toe dat hy ook by my verby kom ek tel toe spoed op om te kyk wat ry di bestuurder en ook tot my verbasing het ek hom opgevang op ‘n spoed van 155km/h,ek het hom gelos dat hy verder ry maar het dit aan my vrou toe genoem wat sal gebeur as daar bv ‘n voorbrand moet bars waar gaan dit dan eindig so ja van hulle is jaag duiwels

Delia ·

My ouers hat al dikwels van Interkaap gebruik gemaak. Geen klagtes ooit gehad oor bestuurders. Die was dalk n fratsongeluk en het die drywer selfmoord gepleeg omdat hy nie met homself sou kon saamleef wetende dat hy mrnse se dood veroorsaak het. Sterkte vir al die betrokkenes

M ·

Ek het al agter ‘n bus aangery wat ons skool kinders vervoer het van ‘n toer af. Dit was vir my skrikwekkend dat hy so vinnig gery het. Ons kon nie by die bus bly nie. My senuwees was gedaan.

Madelaine du Plessis ·

Ons gebruik die busdienste op n gereelde basis vir ons huis Huisbestuurder en ek YS as ek hoor wat soms gebeur! Sy het een keer vir 2 ure op Harrismith gestrand gesit, want hul bestuurder was gevang sonder n lisensie – en toe wag hy vir GELD (van sy maatskappy af!!) om die verkeersbeampte te BETAAL sodat hy verder kan ry.
Toe ek bel en navrae doen daaroor en wou n klagte lê, toe weet niemand kamstig iets daarvan af nie – en hul kon my nie antwoord oor hoekom die bus 3 ure laat by sy bestemming aangekom het nie…
Daaris net soveel KORRUPSIE oral….!

Ekis bitter jammer vir almal betrokke by die ongeluk. Dit bly traumaties en hartseer om iemand in n ongeluk te verloor!

Vintcent ·

Die eienaars van bus- en vragtransportvragmotors het bloed aan hul hande. Als gaan oor geld vir hierdié wolwe. Drywers word gedruk om teikens te haal, ongeag die patetiese toestand van paaie, roekelose bestuurders en toenemend gebrekkige pad-infrastruktuur. Hul niks anders as taxi-eienaars nie.

Alida ·

Intercape en Greyhound was nog altyd betroubaar. Enige mens maak foute.

Ander Alida ·

Ek huil saam met julle, geliefde Interkaap. Dankie vir wat julle in langer as twintig jaar vir my en my mense beteken het. Julle was vir ons oneindig goed in elke krisis, wanneer ons julle ookal nodig gehad het. Baie sterkte. Kyk op.

Elize Bruwer ·

Die groot probleem met die busdienste.hulle ry teen tyd. En dan word daar gejaag op die pad.want hulle moet so laat daar wees. Ek het al gery met Interkaap.en die pad vanaf Vryburg Ottosdal oor is baie sleg.ek kon nie behoorlik sit nie.jy bly in die lug.so vinnig ry daai man en deur al daai dippies en gate.nooit ooit weer nie.ek was n wrak toe ek in Klerksdorp aangekom het.

Anoniem ·

Hoekom is intercape jammer. Drywers word onmenslik gedryf want als gaan oor geld. Ek sien dit daagliks waar ek wer. Dan het ek ook al drywers gesien bestuur, lustig besig op die selfoon, wat ek nie sê het hier gebeur. Dan is daar ook die wat jaag soos duiwels. Mag die elkeen dra in hierdie bitter seer

Marius ·

Volgens Maroela se berigte het daar vandag 22 mense hul lewens in botsings op SA se vrot paaie verloor. Dit is nou waarvan Maroela weet en ons inlig. Dus, 22 mense x 365 dae = 8030 x 4 persone gemiddeld per huisgesin = 32 120 wat benadeel word, emotioneel en finansieël. Verder, watter impak het dit nie op die ekonomie nie? En Intercape se bestuur is “geskok”. ASSEF@$&£€¥BLIEF…..GESKOK!!!!!!!

JANEE ·

AI Marius …jy kan seker nie nou nie Intercape blameer vir al die sterftes op die land se paaie nie. Geen maatskappy wens enige iemand lewensverliese toe nie. …of dit n menslike fout al dan nie is nie…dit bly ongelooflik hartseer.
Intercape was nog altyd n maatskappy wat omgee vir sy werkers en kliente…..sterkte aan almal …want dit was vir almal skokkend

Pateties ·

Jy Sal hierdie tipe oortredings net in Suid Afrika kry. Niemand het Meer respek vir mekaar nie. Geen trots nie. Die land is depressing.

Planke ·

Ek was self in n intercape bus n paar jaar terug van Mosselbaai af en glo my daai tyd van die nag het hy soos sy gat gejaag in Bloemfontein. Ek sal nooit weer van hul dines gebruik maak nie want jy voel onveilig

Retha ·

‘n Ongeluk is ‘n ongeluk en die beste stuurman staan altyd aan wal.

VanAfrika ·

Ja Retha ons is beste stuurmanne wat an wal sit. Ons is ook padverbruikers en ons is nie te stupid om te sien hoe van hierdie busse soos maniaks bestuur nie. Die wat nie n probleem met hulle het nie is n uitsondering. As ek dit ooit kan help sal ek nie in daardie busse klim nie.

Anneline ·

Se ek ook. Mag die Liewe Vader gee dat al hierdie mense wat so veroordeel nie ook in n ongeluk beyrokke raak. Soms is dit doodeenvoudig buite jou beheer. Meegevoel met almal wat n geliefde verloor het. Ook die bestuurder se mense

Anoniem ·

Vintcent, “newsflash”.. ENIGE besigheid gaan oor geld. Wat betref die morele stand van Intercape: een ding wat my nog altyd van hulle beindruk het, is die feit dat hulle ‘n Christelike onderneming is wat altyd met gebed hul reis begin en Christelike rolprente vertoon.

Die feit dat ‘n werknemer ‘n misstap begaan het, is nie die onderneming se skuld nie. Dink vir jouself, as jy iemand in diens neem weet jy nie altyd wat in daardie persoon se binnekant skuil nie.

Kom ons wees nie so haastig om te oordeel en te veroordeel nie.

jasson ·

ek het n intercape bus gery vanaf kaapstad na klerksdorp as hulle laat is dan ry hulle ongelooflik vinnig dit moet end kry

Nettie ·

Sê wat julle wil – InterCity, Translux, Greyhound, Eldo Coaches, maak nie saak nie – ek ry nie met die goed nie. Ek is gelukkig om my eie motor te hê en ongelukkig om nie in die posisie te wees om êrens heen te kan gaan nie, a.g.v. die misdaadvlakke in my huislike omgewing.

Ek ry daagliks op ‘n hoofroete wat baie van hierdie busse gebruik en die meeste van hulle ry teen ‘n aansienlik hoër spoed as wat daar op daardie stuk pad bepaal word (80km of maks. 100 km/uur). En dan, as hulle nie teen ‘n hengse spoed verby jóú, wat by die spoedbeperking hou, blits nie, word die ligte geflikker dat jý moet padgee (wat ek nie doen nie, daai busbestuurder se g*t).

Dis tyd dat hierdie hoofroete busse “driver monitoring systems” in hul voertuie installer soos wat baie swaar vragmotor-maatskappye doen. Dan kan hulle presies sien wat wie wanneer en hoe doen.

Die feit dat een van die busbestuurders selfdood gepleeg het na die ongeluk, sê vir my hy het iets gedoen waarvoor/oor hy skaam/skuldig gevoel het.

Wonder ·

Wonder hoekom word daai bus operateurs nie met wetgewing verplig om spoedbeheer meganismes te installeer nie en elke 6 maande vir elke bus ‘n onafhanklike verslag in te dien wat staaf dat die meganisme in goeie werkende toestan dis nie. As bus meer as 100 km/h ry moet hy outomaties die spoed reguleer en op 100 hou, ongeag wat die bestuurder doen

MS ·

Ek het letterlik skaars 5 minute twee busse teegekom op die N3 Suid (naby Alberton) wat GEJAAG het en bane geruil het sonder om eers te kyk of daar ander karre is, dan moet terug swaai omdat daar WEL ander karre in daai bane is. Tot my verbasing was altwee busse PROPVOL en lyk dit of niemand veel gepla is oor die roekelose bestuurder wat hul lewens in gevaar stel nie.

francois ·

Innige simpatie met die familie. Ek hoop Intercape sien my boodskap raak. Ek was n gereelde passasier gewees op intercape. Na twee gevalle waar ek iets geraporteer het, is daar tot op datum glad nie na my toe terug gekom nie. Dit was oor die onveilige toestand van hul busse en hul bestuurders se bestuursvernif. Ek sal in my lewe nie weer met Intercape besigheid doen nie. Sterkte aan families

Elize Joubert ·

Ek het laasjaar Sept van Intercape gebruik gemaak Noord Kaap toe. Soontoe het alles spoedig verloop, maar met die terugkom het die bus langs die pad in die middel van niks & nêrens gebreek. Die drywer het sy hoofkantoor geskakel en die tegnikuste het geweier om uit te kom om hulp te gee. Ons het al die pad staan-staan gery totdat een van die passasiers iemand geskakel het wat kon help. Die persoon het gereël dat ‘n ander bus ons halfpad kry sodat ons kon oorklim. Ek het die drywer eerlikwaar so jammer gekry, die passasiers het met hom baklei tenspyte van die feit dat hy alles in sy vermoë gedoen het om hulp te kry. Net die vorige dag was die berig op die nuus van die Intercape bus wat verongeluk het by Pietersburg.
Persoonlik sal ek nie weer van hierdie maatskappy gebruik maak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.