Interdik gevra oor EFF-betogings by Hoërskool Brackenfell

Lede van die Hoërskool Brackenfell se beheerliggaam en hul regsverteenwoordigers by die hof. Foto: Courtney Africa/African News Agency (ANA)

Die Hoërskool Brackenfell het Dinsdag in die hooggeregshof in Kaapstad om ’n interdik teen die EFF aansoek gedoen.

Ouers en inwoners het Maandag slaags geraak met betogers van die EFF buite die skool waar die rooi barette teen beweerde rassisme by die skool betoog het.

Die skool se beheerliggaam het die hof genader en ’n interdik versoek om die EFF te verhoed om buite die skool te betoog. Die EFF het onderneem om nie eksamens by die skool te ontwrig nie waarna die saak tot Maandag uitgestel is om die EFF kans te gee om hul betooghoofde in te dien.

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys, en Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, het intussen Dinsdag die skool besoek.

“Ons hoofprioriteit is om te verseker dat die skool en die omgewing veilig is en dat onderrig kan voortgaan,” het Winde gesê. “Ons matrieks moet sonder enige ontwrigting hul eksamen kan aflê.”

Schäfer het intussen ook weer benadruk dat stappe nie gedoen gaan word teen die hoof en onderwysers van die skool oor die private geleentheid wat tot die herrie gelei het nie. Geen swart leerder is oënskynlik na die geleentheid genooi nie.

Die departement sou onmiddellik opgetree het as dit waar was dat die skool die geleentheid gereël het. “Die skool het egter nie hierdie geleentheid gereël, aangebied of onderskryf nie. Dit was ’n private partytjie vir 42 van die 254 matrikulante.”

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys, en Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, by die skool. Foto: Skermskoot/Twitter-video

Schäfer is egter bekommerd oor ander bewerings wat sedertdien gemaak word. “Die bekommernisse is onder meer ’n gebrek aan diversiteit in die onderwyspersoneel die afgelope paar jaar.

“As departement glo ons dat die skool ’n groter klem moet plaas op diversiteit omdat dit ’n waarde is wat ons koester. Die departement sal dus in die komende weke met die skool hieroor in gesprek tree.”

Volgens die departement is hy ook bewus gemaak van ’n sosialemediaprofiel wat vroeër vanjaar geskep is en waarop bewerings van diskriminasie by die skool gemaak word.

“Alhoewel baie van die bewerings gaan oor dinge wat glo baie jare gelede gebeur het, kan ons nie die inhoud daarvan ignoreer nie. Sommige van die kwessies hou verband met diskriminasie op grond van taal of haarstyle, ander hou verband met uitsluiting of slegte behandeling.”

Twee matriekleerders het glo ook die afgelope week soortgelyke kommer uitgespreek. Die departement was in gesprek met die twee leerders en die skool. Volgens Schäfer was daar die afgelope paar jaar al ingrypings van die skool se kant af soos die totstandkoming van ’n komitee om toesig te hou oor transformasie en diversiteit en die wysiging van die gedragskode. Die departement sal nou verseker dat uitvoering aan die ingrypings gegee word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

NEO ·

Die DA is weer besig om hul naam met ‘n plank te slaan. Hoop hulle kyk ook na die swartes wat die wittes so sleg sê en sleg behandel.

Tanniepetoors ·

NEO, Winde het toegesien dat ‘n baie plofbare situasie ontlont word en gemoedere kalmeer. Ouers was met reg ontsteld oor die EFF se moedswillige optrede. Die DA probeer harder as enige ander politieke party om eenheid in ons pragtige land te bevorder, met inagneming van almal se regte, nie net wit, of nie net swart – almal se regte. So nee, Winde het die DA se naam alles behalwe met ‘n plank geslaan.

Natasha ·

Dis nie die EFF se plek om te sê hoe skole moet bedryf word nie! Wat weet hulle buiten om amok te maak. Hulle kan nie eens ‘n 30% slaagsyfer hanteer nie dan brand hulle skole af. Skoenmaker hou jou by jou lees…

JM ·

Debbie Schäfer: “Bekommernis veral oor die gebrek aan diversiteit in die onderwyspersoneel . . .” Die feit dat daar steeds wittes is, is haar probleem. Die ANC probeer al vir 26 jaar om van die wittes ontslae te raak, sodat hulle kan oorneem wat die haatlike wittes tot stand gebring het.

quartus ·

In SA beteken “diversiteit” dat witmense uitgesluit word

Nette ·

Ek het gister ‘n video gekyk van ‘n matriek leerder van Brackenfell, waarin hy sê die funksie was vir al die matrieks maar hulle moes die koste dra van R500 elk, nothing for mahala, wat reg is, as jy dit nie wil betaal nie bly by die huis. Ek voel jammer vir die kinders wie se ouers dit regtig nie kan bekostig nie, maar sorry as jy as ouer dit kan betaal vir jou kind, hoekom nie?

Ansie ·

Die EFF soek redes om amok te maak en as hulle dit nie kry nie, dan “fake” hulle dit.

Gogga ·

Ek is nie seker oor die stelling wat ek gaan maak nie, maar is matriekafskeidkaartjies nie in elk geval ongeveer in daardie prysklas nie? Ek kan onthou dat ons ‘n meisietjie so 2 jaar terug gehlp het om haar kaartjie te koop en dink amper dit was R600 of dalk R400….

Anoniem ·

Gogga is reg. MAAR sedert 1994 is hulle gekondisioneer om te glo dat hulle alles verniet kan kry. Hulle ry Mercs en BMW’s maar hulle sal verniet aan die witman se tafel wil sit. Om orde te handhaaf is dit dalk beter dat die blankes volgende jaar eerder stil bly wanneer hulle so iets reël. Anders is daar weer tweespalt.

Chris ·

Ons wittes maak onsself skuldig daaraan dat die mense ons gemoedere opklits. Ons is by verre die minderheid in die land. Al manier om ons van die moeras van agtergeblewenheid te verwyder is om onsself finansieel meer te bemagtig. Ons het die kennis die wil en die vermoe om dit te doen. Niemand skuld ons nie. Ons eis ook nie kompensasie vir iets waaraan of waarvoor ons nie gewerk of verdioen het nie. Al raad wat ek vir ons wittes het is styg uit bo die gepeupel en moet jou nie laat aftrek in die gemors van minderwaardigheid en onvermoee nie.

Anoniem ·

Stem saam. Dit beteken nie om die wang te draai nie. Maar bly hulle een voor sodat daar nie verdeeldheid is nie….m.a.w.: hulle kan nie oor iets wil vuiste slaan of protesteer nie as hulle nie eers kennis dra daarvan nie.

Erika ·

As die wittes sleg behandel word is sekeres tjoepstill……Maar as wittes ” iets verkeerd doen ” is daar Drama daaroor… met support en jy op jou regtes staan uit beginsel saak dan word ras kaart uitgehaal… gerieflik …en word waarheid verdraai… -En dan word verwag jy moet knie buig…..
Die EFF het sy intensies duidelik gemaak… en die ANC sal nie n vinger verroer teen EFF nie
Waneer jy verhouding met God het beteken dit All Lifes matter…Respek Each Other

Mariana ·

Kry ek dan nou die gevoel dat die departement nou presies doen wat EFF vra. Buig hulle nou die knie. Verbaas my ook glad nie.

Daleen ·

Ek neem aan die nuwe gedragskode gaan wees steek mekaar met messe en brand die skool af…. Want tot dusver het die huidige gedragskode van die skool goed gewerk – net jammer die meerderheidsgroep in ons land se minderwaardigheids kompleks agv hul velkleur het nou weer sy lelike rassistiese kop uitgesteek.

Anoniem ·

……’n BAIE groot minderwaardigheids kompleks Daleen.

Jaco ·

“Die bekommernisse is onder meer ‘n gebrek aan diversiteit in die onderwyspersoneel”
Daar is al 26 jaar lank regstellende aksie en BEE in SA. Sekerlik kon die regte diversiteit reeds in plek gewees het by dié skool se personeel. Waarom het die anti-wit ANC regering dan vir 26 jaar lank NIKS aan dit gedoen nie. Hulle is tog die regering, so hulle het alle mag om hulle wil en beleid af te dwing. Jammer, maar gebrek aan diversiteit in dié skool se personeel is nié die skool se skuld nie. Dis die EFF se swart rasgenote in die ANC se skuld.

JANNIE ·

Alles in ag geneem , sou n funksie van 254 leerlinge sekerlik die Covit sosiale bywoningskwota oorskry het ?

Sylvia ·

Ons is so besig om “ruimte” te maak vir ieder en ‘n elk, behalwe onsself, dat ons een van die dae geen ruimte meer gaan hê nie. Die kinders wat so bekommerd is oor die diversiteit moet net onthou hulle sal nog moet probeer ‘n lewe maak in hierdie land, en niemand gaan vir hulle “ruimte” maak nie …

Ansie ·

Ek wil graag weet of daar EFF-lede in hegtenis geneem was wat klippe gegooi het. As ‘n man met ‘n speelgoedwapen wat met blanks skiet in hegtenis geneem kan word – nogal vir poging tot moord (siek SAPD, siek) – behoort ‘n klipgooier ook in hegtenis geneem te word. Klippe is ware moordwapens.

Hennie ·

As die ANC en EFF die skole wil voorskryf wat hulle mag en nie mag doen nie befonds dan die skole 100%. Anders, tsek!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.