Interdik gevra teen inhuldiging van nuwe ministers

OPVOLG: Die Wes-Kaapse hooggeregshof het die dringende aansoek van die hand gewys. Lees die opvolgberig hier.

hof-hamer

Argieffoto.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Vrydag gesê sy party gaan ʼn dringende aansoek in die Wes-Kaapse hooggeregshof bring om ʼn interdik te kry om te verhoed dat die nuwe ministers ingehuldig word.

Dit kom ná president Jacob Zuma Donderdagaand laat die minister van finansies, Pravin Gordhan, afgedank het en die voormalige minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, in sy plek aangestel het. Verskeie ministers en adjunkministers is na ander portefeuljes geskuif, terwyl sommige hul poste kwyt is.

“Zuma se vervanging van die ministers met diegene wie se integriteit bevraagteken kan word, het sy selfdienende projek van staatskaping voltooi. Ons moet nou optree, aangesien ons land en gedeelde toekoms daarvan afhang.”

Die nuwe ministers is veronderstel om vanaand 18:00 ingehuldig te word. “Ons wil die implementering van hierdie kabinetskommeling keer.” Volgens Maimane hou Zuma se nuutste kabinetskommeling verreikende gevolge vir die toekoms van die land in.

Maimane het gesê Zuma moet uit sy amp verwyder word en dat dit die parlement se rol is om dit te doen. Hy het ʼn beroep op lede van die publiek gedoen om op 7 April saam met hom aan ʼn optog deel te neem na Luthuli Huis om die ANC te versoek om hul mosie van wantroue te steun.

“Ons land het ʼn belangrike keerpunt bereik. Zuma en sy gevolg van leuenaars en plunderaars het dit duidelik gemaak dat hulle eerste kom en die mense van Suid-Afrika laaste. Ons land verdien beter as die verraderlike optrede van diegene in beheer. Die tyd vir verandering is nou en ons as Suid-Afrikaners moet saamstaan en opstaan vir dit waarvoor so baie mense hul lewens gegee het,” het Maimane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Loeis ·

‘n Paar probleempies, Alida…

Dis is die parlement wie die president verkies. Die ANC het ‘n gemaklike meerderhied daar.

Wat die DA aanbetref, mag ek jou herinner dat dit mense soos Helen Zille en haar Black Sash is wie so hard geveg het om die ANC, waarvan Zuma ‘n simptoom is, aan die bewind te kry?

Ek is jammer, maar die waarheid is gewoonlik nie polities korrek nie.

Absoluut ·

Absoluut DA, gaan voluit daarvoor Mmusi. Dit is nonsens, buiten die gemors, is daar ook nog die geld waarde en dit beiinvloed elke Suid-Afrikaner.

Bloues ·

Is dit nie maar tyd dat ons moet aanvaar dat Suid Afrika ‘n swart Afrika land is nie?
Ek het dit aanvaar

Gatvol ·

Mooi so DA, en ons mense moet nou saam staan asb julle, moorde, roof en nou ons land ook. Die lesers se altyd iets moet gedoen word nou kom in jul hordes en staan saam op die 7de.

lw ·

Kom ons staan in ons miljoene saam. Ek kan nie die 7de daar wees nie. Is daar nie n manier wat ons aanlyn ondersteuning kan gee nie? Ek is nie op sosiale media fb of twitter nie, kan iemand iets stig asb?

Cherokee ·

‘ons’ sê jy. Wiè is ons? Menende wie klasifiseer jy as ‘ons’. Want jy praat van miljoene.

André ·

WELKOM IN SUID AFRIKA….
ONS SÊ DANKIE VIR DIE ALMAGTIGE GOD, VADER EN HEER VAN ALMAL GESKAPE NA ST WIL!
DANKIE AAN IEMAND IN ‘DA’ ON ‘n GEVOLG TE LEI…MAAR *AKSIE IS SEKERLIK BETER OPSIE AS NET PRAAT!*
WIE KEN DIE LEUSE EN DIT TE VOLSTAAN..
“EENDRAG MAAK MAG” – ONGEAG WIE DIT GAAN WEES!
DANKIE HEER VIR INGRYPING!

Vic ·

Maar ou moosi, is die wet en die howe dan nie oorblyfsels van kolonialisme nie? Hoekom nie sommer n kangeroo hof aanwend nie?

Willie ·

Vol punte vir jou Vic. Die DA speel ook maar net ‘n “dubbel rol” . Is dit in Pretoria of Johannesburg waar hulle teen die waardasie-rol geskree het toe die ANC aan bewind was. Nou verdedig hulle dit.

Cherokee ·

En is Whiskey en bier nie ook afkomend vanuit kolonialisme? Drink magau.

Vincent ·

As die DA dit kan regkry wat ek twyfel sal die land se mense agter hom staan. Asb help ons mense. Please

Cherokee ·

Jy vat ‘n kans. Dit sal die land se mense wees minus die regdinkendes.

Peanut ·

Ai ek wonder net wat betekin ons konstitusie as no1 toegelaat word om persoonlike belang voor dit van die land en sy inwoners te stel.
sy pos moes lankal opgeies gewees het – hy is tipies aan die res vd vaste land se diktator kultuur
na hierdie en die vorige episode betekin ons konstitusie vir my niks.
omkopery en bedrog is aan die orde vd dag vir n paar uitgesoektes.
nou gaan sy vliegtuig seker gekoop word – heildronk daarop – mag hy val waar hy wil
kern krag onder die tafel deal gaan voortaan – russe gaan ons ekonomie gebruik om hulle sn te probeer red en dit vir n paar rand onder die tafel
Amerika het ons in die steek gelaat – dit het nie gegaan oor aprtheid net nie maar om die russe en die kubane uit te hou – nou het hulle dit op n skinkbord
as ons olie gehad sou ons dalk van belang gewees het olie = mense regte behalwe as ek die nuus verkeerd verstaan
maar nou ja weet nie hoeveel vertroue ons in die DA het nie en pasop vd EFF

Cherokee ·

Seker sê ek ook somtyds dinge wat mense irriteer maar die ‘nr 1’ storie is een van daardies wat werklik ‘n slegte smaak nalaat. Daar is niks nr 1 aan hom nie. Hy skryf nie eens sy eie toesprake nie want dan sou hy dit nie so woord vir woord afgelees het nie. Waarom beskryf julle nie liewer die Guptas as die nr 1 familie nie? Hou tog op om die waarskynlik 2de op die lys van onpoppulêres as nr 1 te beskryf. Miskien is hy nie eens 2de mees onpoppulêr nie maar 1ste met malema (klein letter met opset) as tweede. Ò…. DIT ÍS WAT NR 1 BETEKEN!!!

Niklaas ·

Nou wil hy he ons moet saamstaan nadat hy nie sy bek wou oopmaak met die plaasmoorde nie. En Zille? Nee wat pel.Fight alleen.Ons sal wel op n manier regkom deur na onsself te kyk. Niemand behalwe die Here en onsself kan ons beskerm. Julle faksies gaan aanmekaar spring en ons gaan toekyk.Dan sal ons sterk na vore tree.Hierdie skepsel het ons n klap in die gesig gegee en nou wil hy ons hulp vra? Sorry ou jy is op jou eie wat my aanbetref.

Peanut ·

Ai as no 1 toe gelaat word om te maak soos hy wil betekin ons konstitusie maar niks, is maar net soos die res vd vaste land se diktators
Amerika het ons in die 80s in die steek gelaat want ons het nie olie gehad nie, en ons tegnologie ontwikkeling was vir hulle n bedreiging
Nou het die russe die land op n skinkbord. Met al die deals wat onder die tafel sorg vir n paar uit gesoektes.
Die vliegtuig gaan nou seker gekoop word met geld onder die tafel, kom ons drink n heildronk daarop mag hy val waar hy wil.

sbief ·

daardie link werk ook nie. smyt heeltyd “invalid email address.”

Tom ·

Ek dink die DA mors hulle tyd. As President van die Republiek van Suid-Afrika het Zuma die volste reg om Ministers en Adjunk Ministers aan te stel en af te dank soos hy goed dink (sonder enige redes) , so hoe sal die hof die interdik kan toestaan??

Theo ·

Die DA het hul tyd gemors. Die hof het dit van die hand gewys. Die hof sê dat die Grondwet aan die president daardie mag gee, en die howe sal moeilik daarmee inmeng.

Nico ·

Die DA het al 7 keer ‘n mosie van wantroue probeer indien in minder as 2 jaar. Hierdie is die 8e een (…miskien moet ons dit begin noem ‘n Mmusi-van-wantroue?)

…en hierdie een was net in reaksie op die EFF wat grondwethof toe gegaan het.

As julle net jul snawels gesnoer het, sou die ANC lankal onder hulself gesneuwel het, maar weereens maak julle dat hulle saamtrek teen ‘n gemene vyand!

Sort eers vir Zille en jou eie party uit, voor julle ander probeer lei…
Doen iets uit eie inisiatief en nie net uit reaksie op ander se optrede nie

Cherokee ·

My kommentaar, toe ek die petisie om Zuma te verwyder (wat ek twyfelagtig gedoen het) , was dat Zuma sy voordele ook het. Hy is die enigste persoon wat die ANC man-alleen stukkie vir stukkie afbreek. Hy bal sy vuis en die ANC versplinter in verskillende rigtings.

As ons hom vir miskien nog ‘n jaar kon gebruik het sou die ANC aan flarde gewees het. Dan sou hy by die DA aangesluit het omdat dìt die party is wat lynreg met die ANC saamloop. Dìt sou wees soos bestel want dàn het ons hom weer gebruik om Maimane en sy wit en swart kommunistiese bende dieselfde pad te laat loop as die ANC.

Teen daardie tyd sou die EFF ‘n beswaarskrif bekend gemaak het oor hul salarisse by die VF+ waar hulle karre was. (Slegs karre was want hulle kan nie vertrou word met sekuriteit nie)

Miskien moet ons die petisie heroorweeg :-)

pieter ·

DAKOMZUMA NIEMAND KAN HOM STOP NIE.AS RSA IN DIE GUTTERS IS SAL HY MOONTLIK STOP.

Amanda Landman ·

Good luck with that…tanneloos vanaf OB af to DA…

Oom Klasie ·

Ramaposa beteken ook niks nie nadat ek hom oor die radio hoor praat het.Hy het geen rugraat nie het ek toe agter gekom. Hulle almal het self hierdie bed gemaak en moet daarin slaap. Ons gaan swaarkry-dis verseker maar ons sal dit maak want dit is in ons gene.Iets waaraan die politici tekort skiet.Hulle het geen insig oor wat op n langtermyn kan gebeur nie.Dieselfde kortkoming waaraan de klerk en sy meelooer gely het.Heul met die vyañd en wat kan jy verwag?Staal julself vir meer aanvalle geen wittes in sport ens. Dit gaan kom maar glo in God en in julself want dit sal op die einde ons behoud wees.

Leon W ·

Nee pieterdp. Dit gaan nie, maar is dit nie waarvoor die linkse klomp liberaliste saam gestruggle het nie. Hulle moet nou maar vir hulle kry. Ongelukkig word ons anders denkes saam met hulle in hierdie gemors gesleep.

André ·

WELKOM IN SUID AFRIKA!

Waar is …. “EENDRAG MAAK MAG?”

HETSY POLITIES OF RADIKAAL…
ONS STEM…VIR JOU SUID AFRIKA!

Charmaine ·

Korrek. Ons is nou in ‘n grys area. Empatie vir almal is wat nodig is. Kriminele is oral, in die regering, op straat, in die handel, in beleggings, in huwelike . Dis nie nodig om ook in ons harte te wees nie. Staan saam met jou gesin, jou bure, jou mede-werkers en roei vir eens en al die kwade uit ons samelewing. Daar sal geskiedenis gemaak word wereldwyd as ons as Suid-Afrikaners kan wys hoe ons saamstaan teen korrupsie en moord op ons mense. Gebruik die geleentheid geskep en wys dat ons kan. Dis nie nodig vir nog ‘n Franse rewolusie en bloed wat vloei – neem hande met almal – almal kry seer nou. Ons kan die grys negatief ontwikkel in ‘n wonderlike kleurfoto

Shane ·

SA het die stryd lankal verloor toe die land net weggegee was! Kry ons kinders jammer, sal nooit weet wat dit is om in n land te bly waarop mens kon trots wees nie. Wens daar is n land soos australie ens. wat ons n kans kan gun vir ontvlugting uit die plek uit! Sal die kans met ope arms aangryp. Hier is geen toekoms nie. Boere word soos diere uitgemoor, daar is geen leër meer nie! Saamstaan is nie eers ter sprake in die land nie!

Ada ·

Kry vir julle DA .Julle was mos doodstil met die plaasmoorde. En nou? Julle het my vote verloor. Jammer kan nie help.nie. Sal die show kyk.

Cherokee ·

Trots om te sê DA, julle het nie my vote verloor het nie want jy kan nie iets verloor wat jy nooit gehad het nie.

Clinton ·

Die lot het vir z as president verkies. Nou sit hulle met hom.Jammer DA ek gaan julle nie help nie.Julle is net so vals soos die anc.

snoefie ·

ten minste het Zuma se nuwe kan wurms mmusi maimane se kop uit die kolonialisme str.ntpot getrek. hy het so hy was so gedrewe on te bewys hy is die grootman wie Helen zille gaan vernietig dat hy nie dae gelede al opgetree het om te keer dat zuma Gordhan & kie afdank nie. steek daar enige waarheid in malema se storie dat n gupta man die intellegensie verslag wat Gordhan se”VERRAAD” oopvlek?

Charmaine ·

Dis korrek, Op die SAKP media onderhoud is genoem dat dit Bell (Gupta se beeldpoetsers) is was die verslag uitgereik het. Dit behels 41 bladsye en die SAKP sou dit aan al die media korrespondente wat daar was e-pos. Doodstil nou

James ·

Petisies werk nie!!! Nie in SA nie. Tydmors. DA bky ook n klomp opportuniste wat goedgelowige Afrikaners konstant n rat voi die oë draai. Die tyd vir radikale optrede is oorryp…indien nie, verdien Suid-Afrikaners al die nonsens.

Ons het te gou bly geraak ·

Gaan lees News 24 die aansoek vir die interdik is verwerp.

snoefie ·

magau is slap pap. jy meen seker shake shake. maar nie magau of shake shake kom in double black label nie.

Ange ·

Hoekom ondersteun so baie Afrikaners die D.A? Wil jy rerig vir my se julle klomp het nou nog nie agtergekom die D.A is n wolf in skaapklere nie? Eintlik is daar niemand om voor te stem nie, nie sonder om jou waardes te kompromiseer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.