Interdik teen diereskuiling bekom

PurrPaws-diereskuiling (Foto: Facebook)

ʼn Interdik is teen die PurrPaws-diereskuiling in die Viljoensdrift-omgewing in die Vrystaat bekom waarvolgens die skuiling geen verdere diere mag inneem nie.

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Vereeniging en Vanderbijlpark het die aansoek om ʼn dringende interdik by die hooggeregshof in Bloemfontein ingedien nadat daar begin Februarie sewe honde en 114 katte weens bewerings van dieremishandeling by die skuiling verwyder is.

Regter Philip Loubser het die interdik toegestaan waarvolgens PurrPaws for Life en Lindie van Rooyen, die eienaar van die hoewe, asook die twee ander direkteure van PurrPaws, nie eens diere wat aan hulle behoort na hul persele mag bring nie hangende die afhandeling van ’n strafverhoor.

Sowat 800 honde en 300 katte is volgens die DBV in haglike omstandighede by dié skuiling aangehou. Dié ingryping het gevolg kort nadat ʼn brand by die einste diereskuiling uitgebreek het.

Die brand het op 31 Januarie by Van Rooyen se huis uitgebreek. Die huis dien as die hoofgebou van haar diereskuiling. Sowat 20 van Van Rooyen se honde het in dié brand omgekom.

Diere wat van die skuiling verwyder is. Foto: DBV

Die DBV sê egter die swak toestand van die diere wat die brand oorleef het, is onverwant aan die brand en weens verwaarlosing.

Van Rooyen het egter vroeër dié bewerings ontken. “Ek bedryf ʼn skuiling wat diere red van die straat en ashope af. ʼn Groot aantal diere wat inkom, is reeds siek,” het sy aan Maroela Media gesê.

Inspekteurs en vrywilligers van die DBV wou ná die brand hulp verleen aan die skuiling, maar beweer hul hulp is van die hand gewys wat waarskuwingsligte laat flikker het.

Volgens die DBV het inspekteurs en vrywilligers op die toneel van die brand onraad gemerk nadat diere ná die brand glo na willekeur aan gemeenskapslede uitgedeel is. Die DBV beweer geen rekord is gehou van watter dier na watter gemeenskapslid moes gaan nie.

Marlien de Klerk, bestuurder van die DBV in Vanderbijlpark en Vereeniging, het gesê meer as 1 000 diere is vóór die brand by die skuiling aangehou.

Diere wat van die skuiling verwyder is. Foto: DBV

Die DBV meen dit is vir enige skuiling onmoontlik om voldoende sorg vir meer as 1 100 diere te bied. Volgens die DBV is die diere in vuil en oorvol hokke op die perseel aangehou. “Die diere is aan hul eie genade oorgelaat. Hulle het aan alles van leukemie tot diarree gely.”

Volgens die DBV het sommige diere oor kos baklei terwyl ander stukkende plekke aan hul lywe gehad het. Die diere was ook glo oortrek met vlooie en nie gesteriliseer nie. Perde op die perseel het volgens De Klerk tussen vullis en skerp voorwerpe geloop.

Die DBV het ná ʼn voorlopige ondersoek ʼn waarskuwing aan die diereskuiling gerig waarna die diere tydens ʼn opvolginspeksie op 4 Februarie uit hul sorg geneem is.

Die DBV het ʼn saak van dieremishandeling teen die skuiling aanhangig maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Andrea van Vuren ·

Hoe ontsettend tragies! My hart bloei vir die arme willose diere. Hoop die vrou boet vir haar dade!

JohanL ·

Ja dit is ongelukkig so dat mens geld nodig het om ‘n ordentlike en skoon diereskuiling aan die gang te hou. En daarmee saam ook die kundigheid soos met enige bedryf.

Hoe edel die intensies van die eienaars ookal was, wil dit voorkom asof nie die fondse of kundigheid daar was nie. Dit is eintlik baie tragies want ek glo die eienaars wou regtig net help.

Oor die algemeen lyk dit net asof daar ‘n verstommende persentasie mense is wat nie omgee vir diere nie.

Nie altyd soos dit lyk ·

Het die DBV dit dalk oorweeg dat die rede waarom die diere verwaarloos en verhonger LYK is omdat dit die rede is waarom hulle by die skuiling opgeeindig het..
Die mense van die skuiling probeer tog die diere help en red. Miskien is die DBV te haastig om te oordeel? Miskien moet DBV eerder inspring en help?
*Indien hierdie mense wel verkeerd gehandel het, hoop ek die skuiling word vir goed gesluit.

Weerlose Diere ·

Hoe kan jy hierdie vrou nog verdedig – ek glo nie jy besef wat regtig daaraan gaan nie – vir ons was die storie van die begin af volg is dit wonderlike nuus dat hulle gaan sorg dat sy nooit weer diere mag inneem nie

My mening ·

As jy die Carte Blanche insetsel gesien het, sal jy weet die vrou lieg oor alles. Sy het die diere gebruik om geld in die hande te kry en gee nie n flenter vir die diere om nie.

Lizelda ·

Nee, ek stem nie saam met jou stelling nie. Die een persoon op die blad het gese sy was self daar toe die DBV daar aangekom het en die vrou het hulle verskreeu en wou nie die DBV se hulp he nie. Hoekom? Oor sy geweet het haar diere is in haglike toestande. Gaan kyk na Woodrock, Wollies en Wetnose se blad en selfs die diere, Wetnose kan jy gaan en id hokke md katte sit en speel en die honde vir n stappie vat, selfs die fotos vir aanneming is pragtig en die diere lyk gelukkig. Dit gaan oor HOE n skuiling bestuur word. En natuurlik as mense dalk gulsig raak met geld en skenkings…

frikkie ·

ek stem saam mense is vinnig om te oordeel as n hond van die straat af by die dbv opeindig gaan hy ook vir n ruk so lyk tot hulle hom beter dokter, en doe dbv se mense is super ongekik en polisieagtig

Wonder net ·

Mens werk nie so met diere nie. Hulle moet te alle tye genoeg kos en skoon water hê.
Kon nie help om aan Life Esidimenie te dink by die lees van die artikel nie.
Nou word daar gekla dat daar nie rekord gehou is van watter dier na watter gemeenskapslid gegaan het nie. By Life Esidimenie kon hulle ook nie sê watter psasient waar geplaas is nie. Gister weer een van die vermiste persone opgespoor. Hulle soek nog steeds na party pasiente. Dit is baie erger. Dit is mense wat tog baie meer werd is as diere.
Nou gaan daar vervolgings wees ens. ens. ens. maar niemand is skuldig aan die Life Esidimenie mishandeling, verwaarlosing en sterftes nie.

ano ·

Ek het nie woode nie! Daai arme diere! En om te dink daar was derduisede rande se “hulp” ingestroom na die brand. Wonder wat het sy met die geld gedoen. Mag sy kry wat sy uitgedeel het.

Lizelda ·

Dit is vir my so verskriklik hartseer en maak my terselfdertyd so verskriklik kwaad dat mense diere inneem en selfs dan is die arme diere in erger omstandighede. Ek wil regtig glo dat die mense van PurrPaws se bedoelings aanvanklik goed was, maar kyk hoe lyk die arme diere. Kan daar nie n wet kom wat se wanneer jy n diereskuiling wil begin dat jy eers bd skuilings wat gevestig is gaan “shadow” om te kyk hoe n mens so iets reg kan bestuur nie? He n goeie verhouding met jou plaaslike Veeartse en netwerk beter sodat jy behoorlik vd diere kan sorg. Mense se harte en beursies is altyd oop vir n goeie doel.

Jan ·

Die dbv sit sie diere onnodig uit en wil alle ander skuilings sluit sodat hulle al die skenkings self kan kry

Anoniem ·

Wonder wat van die geld en diere kos geword het wat ons gemeenskapslede geskenk het????

Natasha Swanepoel ·

Dankie vir julle werk. Ek bid dat al die diere veilige hawens kry. Geen dier mag mishandel word nie. Hulle kan nie vir hulself sorg. Daai eienaar moet geen dier weer kry of aan hou.

E.K. die eerste ·

Ek stem met baie kommentare hier. Dis VERSKRIKLIK moeilik deesdae om fondse vir enigiets te bekom en dalk wou die mense regtig net probeer. Liewe mense wat hier lees ASSEBLIEF help waar jul kan. As elke persoon wat hier lees net een sak honde- en/of katkos per maand aan hul naaste diereskuiling skenk sal dit bitter baie help. Ek weet meeste mense sukkel, die lewe is duur maar ipv net aanmerkings te maak hier, HELP asseblief. Ek ondersteun nou alreeds 3 diereskuilings en dit gaan maar moeilik met my begroting want ek help ander plekker ook elke maand, maar regtig as mense net elke maand iets gee…Jou sak kos kan help glo my! Laat jou kind/ers saamgaan as jy dit neem en so leer hul van omgee enhelp en sal hul ook as hulle self eendag werk dieselfde doen.

GM ·

Dis ‘n moeilike situasie. Mense het nie meer geld om te oorleef nie, dus glo ek die donasies het aansienlik afgeneem oor die jare. Die instansie wou ook seker soveel diere probeer red as wat hul kan, en vrywilligers is maar skaars. Maar my hart bloei vir die arme diere wat so ly. Kon daar nie meer bewusmaking geskep word nie? Kon hul nie erken het daar is ‘n probleem nie? En om hulp van die DBV te weier, is ook nie in belang van die diere gewees nie. Hokke kon ten minste skoongemaak geword het. Gaan na skole toe en vra vir vrywilligers?

Daar is instansies wat hondepille vernietig as daar iets fout is met die verpakking – en nee dis nie net stories wat versprei word nie. My man moes werk gaan doen het vir die een maatskappy, en het gesien hoe hul besig is om hondekos te vernietig. Toe hy vra of daar fout is met die kos, sê hul nee, daar was iets verkeerd gedruk op die verpakking. Na ‘n gesukkel, het hy hul gekry om die res van die ‘batch’ aan ‘n diereskuiling te skenk. Maar so gebeur sulke dinge gereeld, en daar gaan nie elke keer iemand wees om op hul gevoel te speel nie. Die maatskappye is glo bang hul verloor geld as hul goed skenk en mense dit herverkoop. Plaas diereinstansies voor sulke plekke ‘n optog gaan hou.

Foxi ·

Dankie dankie dankie. As ek die fondse gehad het sou ek alles gedoen het wat ek kon tot op die laaste sent, om daardie diere te verwyder. Sy lieg so dat sy nie meer kon lieg nie. Als het gegaan oor geld. Sy moes in die eerste plek aangeklop het om hulp voordat dit handuit geruk het. N diere liefhebber sal nooit dat n dier so ly nie nooit nie! Alles eie gewin.

JohanL ·

E.K. stem saam jou. Nou moet ek noem dat ek al op Internet gesoek het na ‘n (volledige) lys van diereskuilings vir ‘n bepaalde rede. Miskien het ek dit gemis, maar ek kon nie een kry nie. Mens moet maar Google (of jou verkose soekenjin) se resultate deurwerk om minstens iets te kry.

Iewers moet daar sekerlik ‘n lys wees van alle diereskuilings (meeste is sekerlik privaat) sodat mens kan weet waar om skenkings te gee. Kan iemand help met so lys?

Lizelda ·

Johan daar is Wollies in Pretoria Noord, Woodrock (wat uitstekende werk doen), Wet Nose naby Bronkhorspruit (ek was net nou weer op hulle blad hulle doen baie moeite md diere om vir hulle huise te kry, ek was al daar gewees en dis n baie netjiese plek en die diere lyk gelukkig, andersins kan jy n dier borg teen n bedrag wat gemaklik is vir jou). En ook baie meer spesifiekie diererasse bv. Pitpals, Husky rescue ens.

Saartjie ·

Net n blinde mens sal nie die verwaarlosing raak sien nie…. Daar is n verskil tussen siek en neglect…… En ook n verskil tussen skoon en haglike omstandighede

E.K. die eerste ·

Het alreeds kommentaar gelewer maar ai, lief sooo diere en voel so sleg oor die tipe goed. Is daar nie oulike laerskool onnies bv wat sê kom ons klassie “neem ‘n diereskuiling aan”. Moenie dan ‘n kind laat slegvoel as hul nie kos of iets kan bydra, maar maak dit ‘n gesamentlike projek. Gaan 1 Sat of Son oggend/middag per maand en gaan help. Stap of speel met die honde/katte, neem kos of vlooipoeier of kombersie of ietsie saam as hul kan. Help voer die dier, spuit hokke skoon doen IETSIE! Ek glo daar is hope kinders wie se ouers nie troeteldiere wil hê of hul bly dalk in woonstelle/komplekse waar troeteldiere nie toegelaat word en sal dit SO geniet. Dink net as alle laerskole ‘n plek aanneem en bietjie help selfs al bring kinders dan net wat hul kan elke maand en iemand neem dit na die diereskuiling kan dit ‘n groot verskil maak. Ons almal raak ontsteld as ns die goed lees maar raak pro-aktief en H E L P.

Christine van Duuren ·

Weereens is daar nog mense wat dink dat die hele afere uit die duim gesuig word. Ek was daar toe van die fotos geneem is deur die SPCA. En het self van die diere met behulp van die DBV na ‘n vet gery (insluitend die bruin hondjie bo) nadat Purrpaws geweier het dat diw SPCA hulle uithelp met vervoer na die vet. Ek kan nie verduidelik hoe magteloos dit gevoel het toe die DBV wou help en hulle summier verskree is nie. Die arme hondjie bo was besig om te sterf en Purrpaws het noe tyd gehad om hulle te vervoer nie. Die woef hierbo was lank siek. Omtrent ‘n week in die hospitaal met verskeie mediese probleme. Maar dank die vader hy het dit gemaak.

Se net... ·

Dankie Christine
Ek sien nog n paar donasie blikkies orals in Sasolburg
Sy het baie geld weekliks ontvang
Toe ek so n paar maande terug haar my Dr Christa kry het ek gewonder want sy het onmiddelik vir almal in the wagkamer gevra vir donasies en reg uit gese geld en nie kos sal beter wees

Sandy ·

Ja, my hart ook seer vir die diere wat uit hulle eie haglike toestande verwyder is, miskien nou bly was, en toe word hulle daar ook haglik behandel. Ek weet al die tipe van plekke wat privaat die diere aanvat en laat aanneem is nie dieselfde nie. Daar is wat wel omgee. Maar ek dink daar behoort ‘n wet te wees wat monitering in plek het om die mense te keur wat sulke plekke wil oopmaak. Soos kinders se dagsorg plekke. Ek wil nie eens na die fotos kyk nie, sien dit genoeg op Facebook. Glo my daar is hordes sulke plekke op Facebook, wie monitor hulle. Ek hoop en vertrou dat hulle van hier af net kan opkyk en vorentoe beter behandel word. Tannie sal vir ieder en elke een van julle bid vir voorspoed en liefde en ‘n warm plekkie en baie soentjies. Amen

Helena ·

My persoonlike mening is dat ons die bedoeling (om soveel as moontlik diere te help) en nie die daad moet oordeel nie. Sy wou help en dit het net té veel geword. As vingers gewys moet word is dit na diegene wat nie na hul diere omsien nie en diere wat dan in sulke skuilings beland. Ek het twee weke gelede een van die honde aangeneem wat ironies genoeg erg mishandel was voordat sy by PurrPaws beland het. PS Laika was nie in ‘n slegte toestand nie, het dadelik goed aangepas en is ‘n liefdevolle “thoroughbred mixed breed” wat baie plesier verskaf.

Rina ·

Dit is vreeslik hartseer, Het daardie oggend na die brand nog OFM gesluister – toe het OFM nog n baie groot donasie gemaak na die Purr Paws Diereskuiling. Hulle behoort hulle te skaam. Ek weet hulle doen goed om diere in te neem maar nie in sulke omstandighede nie. Dit is swak. As hulle nie die mas kan opkom nie moet hulle eerder nie so baie diere inneem nie. Hier is baie instansies wat na diere kan omsien.

Feite ·

Vandag gaan ek vinger wys na ELKE LIEWE PERSOON wat NIE hulle Troeteldiere STERILISEER nie. Dit is waar die wortel van al hierdie verwaarlosing en oorpopulasie le!
Elke liewe een van julle wat n hond of kat by die huis het wat nog nie reg gemaak is nie, is indirek verantwoordelik vir al die duisende kittens en puppies wat nie huise kry, verwaarloos of mishandel word. Die REALITEIT is soos volg: Te VEEL diere, te MIN huise!

E.K. die eerste ·

@JohanL – Hoop jy lees hier – ek stem saam met Lizelda. Ek het Sep velede jaar ‘n hond van Wollies aangeneem (nou het ons 5 honde en kan ongelukkig nie meer. Het spasie en hope liefde maar dit kos baie en weet ons ons kan 5 goed versorg en dis dit) en jy kan gerus die soos deur Lizelda genoem ondersteun. Weet jy al kan jy net R100 per maand skenk is dit al iets en aan die einde van finansiele jaar kan jy ‘n Artikel 18A belasting sertifikaat aanvra wat jy indien saam met jou persoonlike belasting, dit gee bietjie afslag vi rjou. Jy kan selfs so sertifikaat verkry deur eenmalige skenking ook. So DOEN dit hulle het JOU en allle ander se hulp nodig! Baie mense sê hul wil nie geld gee ingeval dit nie by die diere uitkom. Skenk dan sakke kos, vlooipoeier, komberse – ag weet jy elke ding help!

Denise ·

E. K die eerste wat jy se maak sin ondersteun die mense ek help- gereeld mense , diere al is dit met iets klein !!!

Annie Webb ·

“Diereskuilings” het net nog ‘n manier geword om geld by die publiek te bedel. Kyk maar hoeveel daarvan daar op Facebook is. Paar foto’s van diere en dan die bankrekeningnommer waarheen skenkings gestuur kan word. Of “aanneemdae” waar die diere wat nugter weet waar gehaal is, net weer teen ‘n fooi aan ‘n volgende eienaar aangegee word. Daar is genoeg amptelike diereregte-organisasies soos die DBV wat weet wat hulle doen.

Lorette ·

Vriende, ek moet saam met die meeste van julle stem, maar FEITE se kommentaar het my die meeste geraak. Ons as mens is skuldig omdat baie van ons nie ons diere laat steriliseer nie. Jammer, maar as jy dit nie kan bekostig nie, moenie ‘n dier inneem nie. Ek ondersteun dus eerder ‘n instansie wat eers diere laat steriliseer en dan uitplaas. Ek is op verskeie diere blaaie en die mense kla as die aanneem bedrag hoog is, maar net soos wat dit geld kos om ‘n dokter te word, kos dit ook geld om veearts te word. Julle het nie ‘n idee van hoeveel sms’e ek per maand kry van gratis katjies of hondjies nie! Dis daardie diertjies wat uiteindelik opland op plekke waar hulle nie behoorlik versorg word. nie. Ek self het al talle diere se sterilisasies betaal, maar het ‘n wonderlike veearts by wie ek kan afbetaal. Nog iets: die toegang by my dogter se kombuistee was ‘n sak of blikkie dierekos wat ons aan die SPCA geskenk het. Sommige kinders doen dit ook by hul partytjies. Die Vader het die mense oor die diere aangestel en baie van ons faal skromelik met hierdie opdrag. Baie dankie aan elkeen wat sy diere behoorlik versorg en dan nog ander help ook.

Cherokee ·

Die DBV het dit raakgesien omdat ‘n brand by die diereskuiling ontstaan het. En as daar nie ‘n brand uitgebreek het nie? Die DBV is myns insien ook skuldig want ek dink hulle behoort inspeksies by sulke plekke doen. Nie net aanvaar dat alles daar reg is nie.

Freda Faber ·

Dis ‘n skande. Verskeie sangers het begin Feb daar opgetree vir fondse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.