Interdik teen ‘wit nedersetting’ verwelkom

Adriaan Nieuwoudt, voormalige “kubuskoning” (Foto verskaf)

ʼn Nuwe en eksklusiewe wit gebied het weer opdraande in die hof gekry. Die hofgeding, ʼn dringende aansoek om ʼn interdik, het gehandel oor die onwettige oprig van strukture op die plaas, Dikdoorn, van Adriaan Nieuwoudt, voormalige “kubuskoning”.

Die Kamiesberg-munisipaliteit op Garies was die aansoeker. Landdros Joshua Klasse het die dringende aansoek toegestaan. ʼn Tydelike interdik is reeds op 21 Februarie deur Klasse aan die munisipaliteit toegestaan.

Die oprigting van die nedersetting vir slegs wit mense buitekant Garies, val onder die vaandel van die sogenaamde Eureka-beweging. Laasgenoemde is die breinkind van Nieuwoudt, wat hom beywer vir ʼn soewereine gebied, waar wit mense selfbeskikking kan geniet.

Rufus Beukes, munisipale bestuurder, was verheug oor die hof se uitspraak. “Die munisipaliteit ondersteun geensins sy planne nie. Nieuwoudt moes eers aansoek doen dat hierdie landbougrond hersoneer word as grondgebied wat bedoel is vir dorpstigting. Daarna moes hy bouplanne indien vir goed- of afkeuring. Dis nooit gedoen nie.”

Petro Willems, DA-raadslid, het ook die uitspraak verwelkom. “Dit was ʼn onwettige ontwikkeling en dorpstigting. Aan die ander kant moet die regering nou begin besef dat hulle daadwerklik teen plaasaanvallers moet begin optree. Hierdeur sal die boere en plaaswerkers hul werksaamhede in ʼn veilige omgewing kan voortsit sonder enige vrese.”

Nieuwoudt het gesê dat daar beslis geen uitspraak teen Eureka, homself of Eureka Beperk gemaak is nie. “Julle mislei die publiek. Ek dink hierdie hele aansoek van die munisipaliteit was bedoel om mense te probeer oorreed om nie by ons aan te sluit nie.” Hy het bygevoeg daar is appèl aangeteken teen die uitspraak.

Inwoners van Garies het aangedui bouwerk het steeds by Eureka voortgegaan terwyl die tussentydse interdik van krag was. Die munisipaliteit sou dit laat ondersoek het.

Na bewering het ongeveer 5 000 wit lede reeds aangesluit by die Eureka-beweging. Hulle kry glo elk ʼn 1 000 meter² erf gratis en betaal slegs vir die boukoste.

Nieuwoudt se aansoek vir dorpstigting word op 15 Maart in die Kimberley-hooggeregshof aangehoor. Die munisipaliteit staan dit teen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

100 Kommentare

Wielspore ·

As ek die berig lees dan wonder ek waaronder van die informele nedersettings, is dit dan goedgekeurde gebiede, ek glo nie, hoekom word mense toegelaat om daar te bou.
Hier naby ons langs die N4 is heelwat strukture en mooi geboude huise.

Nico ·

Maklik : Adriaan Nieuwoudt se mense gaan nie die paaie versper en plekke aan die brand steek nie. Met ander woorde : in Afrika sal jy verder kom met ‘n kultuur van vrees en verwoesting.

Johan ·

Ek sal nie daar gaan bly nie.
Maar as mense in ‘n eksklusiewe Tswana. Zoeloe, Indiër of Blanke plaas wil gaan bly het ek geen beswaar daarteen nie. Dit moet hulle keuse wees. Maar dit moet nie ‘n bron vir rassisme word nie. Die klem moet val op kultuur…

Alida ·

Niemand dwing jou om daar te gaan bly nie. Mens mag keuses maak.

Robert ·

“VELKLEUR ??” – My maggies word wakker. Die Blanke word verhoed om werk te kry weens BEE, BBBEE, AA en die talle wette teen hom – en dan vertel jy dat die stigting van ‘n klein private dorpie vir wittes is rassisties !!!

Johann cb ·

Adriaan en sy trawante is besig om die wêreld moeilik te maak vir almal van ons wat graag in vrede wil leef!

Awie Opperman ·

Daar is baie mense wie met jou sal verksil, insluitend myself. Waar is hierdie vrede waarin jy woon geleë?

Linda ·

Julle kan maar dink wat julle wil. Adriaan en sy sogenaamde trawante? is besig om die blanke volk te red van moordenaars, korrupsie, diewe en onheil. Daar sal kinders nog buite kan speel, sonder vrese om vermoor of ontvoer te word. Nie soos die plakkerskampe wat net opgerig word en misdaad die oorhand kry nie. Dis n veilige hawe vir die blanke gemeenskap wat uitgeroei word. Geen blanke is meer veilig in ons land nie.

Dries du Toit ·

Johan jy hoef nie daar te gaan bly nie. Pasop dat jy nie uiteindelik daarnatoe gaan vlug nie.

Robert ·

Jy wil net in VREDE bly? Jou en baie ander se volstruis mentaliteit is die rede dat die Blanke vandag geen toekoems in die land het nie!

Henk Stander ·

Johann, selfbeskikking is ń edel strewe. Los hierdie mense uit, hulle, anders as jy, het darm al besef dat hulle nie in SA in vrede kan leef nie.

Judge Dredd ·

En mense soos jyself wat kyk hoe ver hul agteroor kan buig en hul eie mense verloen – maak jy dit nie moeilik vir jou eie mense?

Reinhardt ·

Stem saam Johan. Hierdie mense wat dink dis n goeie idee om laer te trek in ons hokkies te gaan wegkruip doen aansienlik meer skade vir ons kultuur. Ons moet opstaan vir wat reg is en lei deur middel van voorbeelde. En die voorbeeld moenie wees om weg te kruip nie, maar om die probleem aan te pak en op te los. Hierdie is eenvoudige game theory: Dit gaan nie oor die beste uitkomste vir jou nie, maar oor die beste uitkomste vir jou EN die groep. Met ander woorde wat is die beste uitkomste vir ALLE Suid-Afrikaners. En dit is een waar die almal werk en die ekonomie floreer. Nie waar een onttrek van die Suid-Afrikaanse samelewing nie.

VanAfrika ·

Johanncb, wat se vrede? Wys ons jou huis sonder dief werings. Wys ons jou motor wat sonder alarm en oop vensters buite jou huis staan. Wys ons die werk wat jou kinders eendag net “gaan inloop” Wys ons dat jou kinders in die middel van Hillbrow nog vry kan rondloop. Wys ons dat Julius Malema nie vir jou bedoel “kill the boer, kill the farmer” Wys vir ons dat Andile van blf nie bedoel dat net jou kinders as kompos gaan gebruik word vir hul tuine nie. Ons plaasboere word wreed vermoor, hulle vrouens verkrag, mishandel en vermoor Hul dogters verkrag en vermoor. Hul seuns in kokende baddens water gebrand en vermoor. Ek lewe in vrees elke dag dat een van my familie lede geteiken gaan word. Jy noem dit vrede??????? Jy gaan te laat wakker skrik wanneer hulle in jou huis staan oor een van jou geliefdes met n panga oor hul hoof. Dan wonder ek hoe lyk jou vrede.

Margaret ·

Genade! Word bietjie wakker. Daar is baie ekslusief swart woonbeurte en skole – hulle hoef net nie so te sê nie want net hul eie mense durf daar woon en skoolgaan.

Boerseun ·

In watter wereld woon jy, want dis beslis nie Suid-Afrika waar ons en ons kinders daagliks blootgestel word aan die rassistiese en diskriminerende RA en SEB van die ANC-regime nie!

Chris ·

Wat word gedoen aan plakkerskampe wat oornag uit die aarde herrys? Niks. Wat word gedoen aan grondbesetters wat oornag grond beset? Meestal niks omdat die grondeienaars nie altyd die geld het om dit te beveg nie. Hierdie is bloot jaloesie omdat dit ordelik, netjies en skoon gedoen gaan word en nie so haglik soos plakkerskampe gaan wees nie. Laat die blankes na hulself omsien.

Antoinette ·

Stem 100% saam. Daar is hoeveel tuislande en nie een van daai huise het planne nie. Dis nou net weer oor ons wit is.

Boet Fasie ·

Dit gaan weer alles oor wit, geen wette geld in bruin en swart woonbuurte nie. Hoeveel gesinne woon op een erf. almal trek SASSA en daar word niks daarvan gese nie. Hulle kry nog water en krag gratis en hulle dien geen planne in vir die strukture wat hulle opslaan nie. Kan mense nie besef daar is arm blankes ook nie, hoekom kan blanke plaasboere nie van hierdie mense op sy plaas huisves om hulle te help nie, hierdie blankes het ook kinders wat in armoede moet groot word.

Ricardo ·

As bruin man Wil ek ook net vir jou se dat ek langs n wit man bly waarmee ons sukkel oor geraas en permanente dronkheid. So moenie net na bruin en swart verwys asb.

Johanna Botha ·

Ek wil ook na my koning se stat gaan ….hoekom nie ?

Felix ·

So entjie van ons af, seker so twee kilometer, het ‘n kennisgewing buite die dorp opgespring waar hulle bevestig dat daar ‘n groot nedersetting beplan word, dis langs ‘n spruit af. Nou is ons almal bekommerd oor dwelms edm, die gesig van die dorp wat toetentaal gaan verander, seker maar om tred te hou by die res. Ek verneem ‘n week gelede daar staan reeds ent weg die veld in so 250 plakkershutte. As ek ‘n keuse sou hê, sou ek verkies dat hulle voortgaan met die plan, of sou ek Adriaan se konsep wou verkies? Adriaan se konsep is dalk die voorloper van die nuwe Afrikaner tuisland, sataliette om dorpe en stede.

Chris ·

Dit is bloot jaloesie omdat dit op ‘n ordelike en beskaafde wyse gedoen word. Dit is goed deurdunk en het nie herrys oornag soos plakkerskampe nie. Daar word toegeslaan op sagte teikens weereens.

Afrikaner ·

Gaan die munisipaliteit krag van die nedersetting weerhou? Water?

ZAR ·

Hulle wil niks van die munisipaliteit hê nie, hulle gaan sorg vir hul eie krag en water. Heeltemal onafhanklik van die staat.

JP Farmer ·

Die munisipaliteit verskaf geen dienste, water of elektrisiteit daar nie, so hulle het eintlik niks te sê daar nie. Die mense daar ontsout water, gebruik sonkrag en raak van hulle riool en rommel ontslae sonder om die omgewing te besoedel, ander as die munisipaliteit wat hulle gemors in die groenrivier laat afloop nie.

Lorett ·

Niemand daar is trawante nie. Almal daar is nie rasisties en as “Ander” Dan kan bly en plak waar hulle wil hoekom kan mense van jou eie ras nie ook? Nie een van daardie mense vra vir enige infrastruktuur in die Form van water, krag of sanitasie van die dorpsraad.

Gert van Wierdapark ·

In die land word inisiatief en “Buite die Boks” dink/idees nie verwelkom nie. Wanneer dinge ordelik geskied en daar waarskynlik voordele is vir diegene wat wil deelneem, moet dit stopgesit word. Die arme stemvee in vinnig verrese plakkerskampe klou aan Bel-of-Tes (beloftes =lee loftes) want die heersers soek nie goeie skoolonderrig ens nie. Stemvee moet afhanklik van staat bly sonder om vir hulself te kan dink: Trust me, I am a polly-tish-iaan, “Finish en Klaar”

Nico ·

Hierdie is ons land. Ons voorvaders het die Kaap Kolonie gevestig lank voordat die nuwe koloniseerders van Noord Afrika hiernatoe migreer het. Hulle is die setlers, nie ons nie. Vir wat laat ons onsself nog mislei deur leuns.

Tant Ralie ·

Ek stem saam Nico, die Kaapkolonie moet die tuisland word.

Adam ·

Adriaan het vele idiote versamel met die kubus-sage en nou kry hy dit waaragtig reg om weer 5000 bymekaar te maak. Verstommend!!

Johann cb ·

Ek stem saam, Adam. Dit gaan hier oor self-verryking, soos met sy Kubus-slenter! Hy besef nog nie die hemelkleed het nie sakke nie! Shame, hy gaan maar kaal leef daar anderkant…

Christa fredrikson ·

Hulle moet nie bou nie. Net plakkers huisies opsit. Dit kan nie onwettig wees nie want daar is orals in die land sulke nedersettings

Gert ·

Dis alles media propaganda. Niks is gestop nie en daar is geen hof interdik nie. Dis slegs sensasie want sensasie verkoop. So die wat so lekker kry ontspan maar julle kuite.

Ander Annie ·

AI tog Adriaan waarmee is jy nou weer besig. Ek onthou nog goed jou vrot melk sage. Baie mense het finansieël onder gegaan in die proses.

Oops ·

Toe nie, almal het al hul geld wat hul ingesit het weer terug gekry.

Gys ·

Bly om te verneem dat Adriaan nog op en wakker is!
Die man lyk nog blakend gesond.

Racheltjie ·

Hoe belaglik en onregverdig! Dit is sy eie plaas…sekerlik kan hy daar doen wat hy wil! Ander mense mag, teen die wet , strukture oprig net waar hulle wil. Dit is Suid-Afrika – hoe meer inwettig – hoe beter!

Pure_boer ·

Wat ek nie verstaan nie, hulle wil ons nie hier hê en wil ons elke dag uit die land jaag, maar wanneer n klomp wit mense besluit hulle gaan nou eenkant bly onder die ander se voete uit, dan is dit ook nie reg nie.
Laat my baie aan stout kinders dink.

Dieter ·

‘n Wit tuisland is ‘n blink idee, mits daar nie enige handves van menseregte (spoeg) sal wees nie.
Ons sien mos daagliks watse gemors liberale menseregte is.
Menseregte beteken dat niemand omtrent enigiets meer kan doen of sê nie, want netnou skend jy ‘n sensitiewe sieletjie se ou regtetjies.
Dit beteken allermins vryheid.

Willem ·

Hulle het ook maar lank gevat om wakker te word. Daar is mense wat al ‘n jaar daar in vrede woon sonder enige probleme. Dit is meer jalosie as enige iets anders. Hulle wil die wit man weg hê maar ook nie regtig nie.

jaco ·

Hoekom mag Orania dan voortgaan? Dis dan ook slegs vir wit mense.

Hendrik ·

Orania bestaan omdat die normale dorpstigting plaasgevind het volgens wetgewing. Met die SPLUMA wetgewing kan jy enige plaas met die korrekte prosedure . hersonering, omgewing impak studie ens omskep in ‘n dorp. Dieselfde reels geld vir Silver Lake, Midstreem en alle veiligheidsdorpies.

Arbeidsaam ·

Orania se vaders het in die vroee 1990’s ‘n geheime ooreenkoms met die ANC/SAKP gesluit dat hulle in vrede gelaat sal word. Ek het die ooreenkoms met my eie oe gesien.

Pieter ·

Ek kan dan seker aanvaar dat alle ander informele nedersettings in die munisipale gebied aan al die nodige wette en regulasies voldoen. Wette geld mos nie vir almal nie. Ons bly uitsonderings maak en dus sal daar altyd “n gespanne houding bly in hierdie land. Geen wonder daar is so baie wat op medikasie is om depressie en angs te behandel nie.

John ·

…. en da-da wat so omgee vir Afrikaners en Afrikaans is gou by om klippe te gooi… maar stem vir hulle moet ons stem… patete…

LPR ·

Adriaan en sy trawante se wêreld klink baie beter as jou droomwêreld!

Hanna Hoekom ·

Dis maar net weer n teken van n minderwaardigheids kompleks by sekere bevolkingsgroepe: hulle weet goed so n gemeenskap sal absoluut floreer! Geen misdaad, goeie onderwys, goeie kwaliteit lewe ens. Net jammer ou Adderjan het met die idee opgekom, want min mense vertrou hom. Moet volgende keer niks adverteer nie. Verkoop die erwe slegs aan ons eie mense. Kleinfontein en Orania is puik voorbeelde van sulke nedersettings.

Marius Ellis ·

Hande af van Eureka… net hier moet ‘n streep in die sand getrek word. Die onregverdige en neerhalende behadeling van wittes in die land maak my naar.

Afrikaner ·

Per Danny K se tweet: “I’m totally bewildered with the lack of empathy shown by many white South Africans. You don’t need to be woke to get that for the most part we have benefited from the marginalisation and exclusion of people of colour. Own your priveldge, appreciate it and pay it forward.”

Ja, en toe tweet Adam Tas vir hom … “Loop k%k”.

Estelle ·

Hoe oud is Danny K? Hoe oud is meeste van die jeug wat so aangaan oor apartheid, die einste apartheidsjare toe die munisipaliteite darem nog gekyk het na rioolstelsens, paaie, ens ens. Wat ons het, in erge vorm, is die “marginalisation and exclusion of people by their own people” en dit word blameer op apartheid. Dit is so lagwekkend dat mens eintlik nie kommentaar kan lewer nie.

Henk du Toit ·

AL waaroor die skielike geraas en geblaas gaan is oor daar nie belastings van die witmense gehef kan word nie. Weinig meer. Laat die dorpe en stede vir die afbrekers en gaan woon onder jou eie taal, kultuur en volk. Sonder die witmense se belastings sal hulle weldra krepeer.

JCK ·

Rerag Henk du Toit? “Sonder witmense se belastings sal hul weldra krepeer?”.. Het nie geweet witmense betaal alleen belasting nie.. Dan het staat my ras duidelik verkeerd op hul stelsel. Dan wonder almal hoekom die land in sy glory in is; Omdat ‘ras’ alewig die skuld vir alles kry.

CallieL ·

Gaan kyk na blankes. Almal wat iets doen, Solidariteit, Afriforum, Orania, almal is volgens die leunstoel en braaivleis vuur grootbekke pateties. Ek sal n waarborg gee dat die grootpraters wat almal afkraak niks doen behalwe kla en kritiseer nie. Wys my wat enige een van julle doen of mee vorendag kom. Ek het ook geen vertroue in die kubus koning maar hy doen IETS. Wat doen julle moaners en groaners. Ekskuus, julle kritiseer

aj ·

Laat waai Adriaan!

Jou tyd het gekom om GROOT DINGE reg te kry.

“Hoë heinings verseker goeie buurskap!”

André ·

Ek glo nie swart nedersettings het bouplanne ingedien nie. Wat is verkeerd met ‘n slegs blanke nedersetting? Al die honderde swart nedersettings bestaan slegs uit swart mense.

DC ·

Adriaan wys die pad. Hopenlik stel duisende boere regoor die land hul plase vir wit nedersettings beskikbaar. Dit gaan minstens onteiening sonder vergoeding kompliseer. En die inkome v plaaslike inwoners in gedrang bring. Dalk is die soustrein se dae binnekort getel. Opwindende vooruitsig.

Bill hammond ·

Ek stem volkome saam hou koers beur voerentoe dis die regte pad volgens Nehemia

Antionette ·

Met soveel plaasmoorde!!! Regtig mense word wakker nie eers dit wat hierdie Adriaan doen sal help nie. Ek wonder waarheen gaan die 5000 as sy grond onteien word. Die ou is besig om vir homself goed te sorg.

OomKees ·

Ek woon in ‘n area in Pta waar ons al meer as tien jaar sukkel om van ‘n onwettige plakkerskamp ontslae te raak. Die plakkerskamp is ook op privaatgrond gestig en brei net al hoe meer uit. Daar word níks daaromtrent gedoen nie – en meer as 80% van inwoners in hierdie plakkerskamp is na bewering onwettige immigrante. En dit veroorsaak só baie misdaad in die omgewing.

My vraag is hoekom word hierdie geval so belangrik geag. Dit is nie in die middel van ‘n woongebied nie en bring geen misdaad mee nie. Dit is nie ‘n oogseer nie en nie en veroorsaak geen munisipale skade of onrus nie. Tog is dit ‘n probleem dat ‘n paar blankes hulself iewers gaan vestig weg van almal anders af.

Ek haat hierdie land. Mag hy brand.

SDB ·

Ai die nonsens sal nooit ophou nie …. ek dink die klem moet op neddersetting wees. Die enigste ding hier is die bohaai oor dit ‘n wit neddersetting is. As dit ‘n swart neddersetting was, was dit nie ‘n probleem nie. Kyk in PTA aan die einde van Bremer straat is ‘n swart neddersetting wat nie eers die rooimiere daar kon weg kry nie, nou het hulle al krag.

lanie ·

Noudat dit n wit nedersetting is is dit onwettig. Van al die ander nedersettings is dit wettig.

Riena ·

Dis `n fantastiese idee om so in `n dorre landskap mense te vestig wat nie afhanklik is van munisispaliteite en staatstoelae nie. Die mense moet net hul gesonde verstand gebruik en baie kinders kry dat ons volk nie totaal verdwyn soos hier in die stad waar omtrent niemand meer as twee kinders wil kry nie. Ons moet kan oorleef deur voortplanting en nie deur werwing na verskillende gebiede nie.

marco polo ·

Uitstekende idee en in my opinie in die regte area vir ‘n eie gebied. Al wat my versigtig sal maak is Adriaan se vorige planne.

Stephen Namibia ·

Ek kies nie kant nie maar lees tussen die lyne. Ek ry al 40 jaar gereeld by Garies verby op pad Kaap toen en daardie gehuggie lyk nog presies dieselfde. Die plek stagneer en reisigers gooi nie eens brandstof in daar nie.
Iemand wat ek ken wou een aand sy bakkie vol waardevolle items by die Polisie stasie parkeer vir veiligheid en by die Hotel oorkant die pad oornag. Toe se die Polise hulle kan nie na die bakkie kyk nie hulle maak 9 uur toe!
Die Garies Munisipaliteit is bang daar verrys n dorp waaroor hulle geen beheer het nie en hulle verloor hulle werk.
Niks anders nie.
Adriaan moet n plaas koop en sy dorp daar bou.

Anoniem ·

Dis op ‘n privaat PLAAS, for crying out loud! Wat op dees aarde het dit met die munisipaliteit van Garies uit te waai?? Dis sowat 22 km vandaar geleë? Liewe hemel, kan mens nie vir jouself besluit waar jy wil bly nie? Dit gaan nie om ras nie. Dis self beskikking. Eiesoortige mense met dieselfde waardes wil saam ‘n lewe bou. Wat is verkeerd daarmee? Kyk in KZN die Zoeloes het hulle statte of krale of groepe wat saam bly en geen haan kraai daarna nie maar boy oh boy! as jy wit is gaan jy bars.

Hendrik ·

Natuurlik het die plakkerkampe nie die dorpstigting wetgewing gevolg nie en is dus onwettig. Alle strukture wat in die N14 padresewe gebou is moet ook afgebreek word omdat dit onwettig is. Word dit gedoen? Nee want met massabetogings kan die hele gebied ontwrig word en dit is moeilik beheerbaar. In geval met Eureka is die linkse pers weer besig om die appelkar om te gooi.

At Dippenaar ·

Petro Willems die een oomblik verwelkom jy die hofuitspraak en praat jy van onwettige strukture, die volgende oomblik van die regering se onvermoeë om iets aan plaasaanvalle te doen. Jy probeer politieke munt uit hierdie situasie slaan as DA raadslid. Dis ‘n bietjie laag.

Andrew ·

Mense kap en kerm so oor ‘n blanke dorpstigting. Hoeveel dorpe in Suid Afrika is nog iets om op trots te wees? Ry gerus volgende keer deur die dorpe in stede van snelweg langs. Dis om van naar te word.

Rasper ·

My ou volkie… darrem. Kyk net op die landkaart en sien dat dit ‘n uitstekende plan is om ‘n “Orania” by die Weskus te ontwikkel. Ek wens Maroela Media/Afriforum/enige iemand anders, wil ‘n opname maak van wie sou trek na ontwikkelde tuislande, indien so ‘n streek ‘n mate van erkende selfbeskikking kry vanaf die regering. Nes, die Zoeloes ens. Dan sal ‘n mens weet hoeveel grond nodig is. Die wie wil bly waar hulle is, kan so maak. Die wat wil trek het dan daardie opsie. Daar hoef geen rassistiese ondertone te wees nie. Afriforum/Solidariteit kan hulle tertiêre instellings daar ontwikkel, en so nog meer mense lok. Dit is ‘n alternatief vir so baie probleme… dink maar aan die hangende onteieningswetgewing. Daar kort egter twee dinge. Eerstens moet die Afrikaner werk aan sy diplomatieke takt. Dit ontbreek. Tweedens, moet daar ‘n baie beter verhouding tussen al die “leiers” wees. Daar is hopeloos te veel “trekleiers”. Hulle kan “trekleiers” wees, maar die hele selfbeskikking moet gekoordineer plaasvind. M.a.w, met ‘n plan..

Adam ·

Dit is onmoontlik om ‘n parallel te trek tussen die Garies geval en Orania. Met Orania is daar aan alle wetlike vereistes voldoen en dit is een van die redes hoekom dit goed funksioneer en daaraan moet erkenning gegee word of jy nou daar wil bly of nie. plaasgrond moet hersoneeer word en daar is boonop die Wet op Onderverdeling van Landbougrond van 1970 om in ag te neem. Wie sal die “bulk services” vir die erwe verskaf en pa staan vir die koste. Ek neem aan dat die “eienaars” boonop vir die interne retikulasie sal moet betaal. Kortom, die is een van die mees belaglike idees wat ek van gehoor het en is niks anders as ‘n beter klas woongebied as die onwettige plakkerskampe wat vernietig behoort te word nie deurdat daar geen bestaansreg daarvoor is nie. Ian, jy maak ‘n groot fout as jy dink dat ek ‘n aanhanger van George Soros is.

Hendrik ·

Daar moet ordentike standaarde wees in elke ontwikkeling maar dit is nie te se dat krag moet van ESKOM, water van ‘n waterraad en riool moet deur ‘n munisipaliteit kom nie. Ek het my eie kragverskaffing (solar) , eie riool (septiese tenk ) en water (boorgat). Alles volgens die regte standaarde. Nee wat dink jy regtig hierdie ouens (behalwe plakkerskampe) gaan ‘n minderewaardige ontwikkeling doen.

“SPLUMA is a framework law, which means that the law provides broad principles for a set of provincial laws that will regulate planning. SPLUMA also provides clarity on how planning law interacts with other laws and policies”.

Enige plaas kan volgens hierdie wetgewing omskep word in ‘n Eureka. Die probleem is dat in elke stadsraad , soos in Garies, sit daar linkse sosialiste wat sien hoe hule dorpies verkrummel om hulle omdat hulle nie kan bestuur en al die kundiges met AA en BEE verwyder is. Jaloesie is groen en ‘n lelike ding…

Adam ·

Hendrik, die SPLUMA wet is nie die probleem nie, die Wet op Onderverdeling van Landbougrond we. Jy noem tereg dat jy ‘n spetiese tenk, solar en boorgatwater kan gebruik, maar jy sal saamstem dat jy nie joune verniet gekry het nie. Boonop moet die grond hersoneer en onderverdeel word. Wie gaan daarvoor betaal? Wie gaan die skenkingsbelasting betaal want jy kan slegs R100000 pj belastingvry skenk. indien jy erwe verniet weggee is dit immers ‘n skenking. waar gaan 5000 gesinne werk op Garies? Almal van ons sou graag sulke inisiatiewe wou ondersteun, maar dit is nie maklik of goedkoop om te maak werk nie. Ons sit nou al 16 maande en wag op die minister se goedkeuring itv die Wet op Onderverdeling van Landbougrond in verband met die verkoop van onverdeelde aandele in grond en glo my, met hierdie regering van ons is jy gewaarborg dat niks goedkoop of vinnig sal wees nie.

Antionette ·

Met soveel plaasmoorde!!! Regtig mense word wakker nie eers dit wat hierdie Adriaan doen sal help nie. Ek wonder waarheen gaan die 5000 as sy grond onteien word. Die ou is besig om vir homself goed te sorg.

attie ·

Adriaan skuld vir baie van ons nog baie geld. Eers was dsit vrotmelk, toe gebruikte seels, toe dit, toe dat en nou wil hy he ons moet bou op sy grond. Adriaan, gaan tree af as ‘n politiekkus, dan het jy die volle sirkel geloop.

Careltjie ·

Attie, jy slaan nou die spyker so op die kop. Hoe moet mens die man vertrou? Nee wat, ek bly liewer waar ek is as om hom ooit weer te vertrou.

Moeg gekla ·

En hier is ek besig om ‘n stukkie grond te bekom op ‘n boer se plaas, teen ‘n minimale bedrag. Hy sorg vir vars water, daar is geen krag nie, en jy kan bou wat jy wil, tot op ‘n sekere grootte, en verder werk dit op ‘n basiese heffing, en kan oorgedra word aan ‘n volgende persoon. Geen haan kraai daaroor nie, en ons klomp woon heerlik so in onse eie “plekkies” Net sowat xxxx standplase, lekker man, lekker. Natuurlik sal ek nie waar nie, maar die ander manne hengel elke naweek ook lekker saam met ons!

Hendrik ·

Ek wil ‘n voorspelling waag om die se dat daar baie meer sulke plekkies wat onder die huidige wetlike radar opereer (Ek weet van ‘n paar ander plekke). Rede vir hierdie is die nougesette linkse bedeling wat alles in ‘n sosialistiese staatsbedeling wil indwing. Sukses van die toekomstige S.A le in ‘n federale karton tipe stelsel waar groepe hulself en die gebied suksesvol ekonomies kan onderhou en in die groter prentjie waar dit die land tot voordeel kan strek. Hierdie Eureka’s bring ekonomiese inspuiting in hulle areas. Dit val ook inlyn met die IRR se toekomsvoorspelling waar daar veiligheidsenklawes sal wees en in die res die nou sigbare staatsverval in alle vlakke.

Susan ·

Afriaan gee my n stukkie grond. Ek is ‘n 71 jarige vrou wat op die grens van Botswana ( destyds Betsjoenaland) groot geword. Ek ken van. Misvloere gesmeer, tabak geklas en nog baie meer. Toe trou ek na matriek. Trek Pretoria. Werk 30 jaar vir Staatsdiens. My eggenoot is oorlede. Ek kry n klein pensioen van hom ek kry ook n klein pensioen maar nie genoeg om mediese fonds bekostig nie daarom moet ek jaarliks plus minus R13000.00 per jaar inkomstebelasting inbetaal. Ek sal self bou op so n stukkie grond en LEEF!!!!

Mariana Roberson ·

Ek wonder of vir alle plakkershutte en nedersettings dan nou planne ingedien is by al d munisipaliteite ???? Hulle sou nogal besig wees en moes werk om almal goedgekeur te kon kry ? Hierdie is net omdat dit v blanke persone is…

Mariana ·

Sy grond en hy kan besluit wat hy daarmee wil doen. Dit is weer ‘n kwessie van dit is vir blankes en nie vir anderkleuriges nie. Hulle het mos al die regte in SA. Los die mense as hulle daar wil gaan bly. Hulle sal ten minste die plek bewerk en selfversorgend wees en nie op die res van die belastingbetalers teer nie. Elke persoon moet doen wat hy moet om te oorleef.

Johan ·

En die DA vra dat Afrikaans sprekendes die verkiesing vir hulle moet stem!!!!!

Lizelda ·

Na alles wat Mmusi kwyt geraak het onlangs oor wit mense? In my lewe nie.

aj ·

“Konsentreer of emigreer!”

Werk saam met Afrikaanse skole en kerke … koop AL die omliggende huise en vestig Afrikaanse gesinne daar … sodat die skole en kerke onderhou kan word.

Sluit die strate en sit veiligheidsheinings rondom die woonbuurt op. Toegangbeheer … slegs inwoners!

Gee opleiding in selfverdediging aan elke man vrou en kind en beskerm die area.

Raak selfvoorsienend m.b.t. elektrisiteit, water, kos , kommunikasie ens.

Dryf onderling handel … m.a.w. hou die geld in die gemeenskap.

Ensovoorts ….

Mellie ·

Oom Adriaan ek sal my voortande gee vir diè luukse …!
Intussen gaan ek maar kyk na n plotjie op Orania. My hart begeer rus en vrede en gern misdaad!

Mellie ·

Nou dat ek daaraan dink, net voor ek my plot in Orania aanskaf: wat van n paar wit nedersettings rondom plase geteiken as hot spots vir plaasmoorde? Beginnende in KZN?? Soos die afrikaner van ouds met ossewaens laer getrek het … Mintag dit was n volk met murg in hul pype!

Hen ·

Ek volg die Eureka foefie van die begin af. Hierdie is een van die talle Adriaan skemas waaraan ons nou moet begin gewoond raak. Die weggee van die grond is die advertensie…. alhoewel die geldmaak reeds daar begin… R300 per maand van 20,000 erwe is n stewige R6m per maand. Kort na die groep 5000 lede het, word aangekondig dat n spesiale aanbod slegs vir lede op die tafel is, n stranderf by Groenriviersmond vir R20,000… hy is togeval met kopers, Begin 2018 kondig Adriaan aan dat alle lede nou n verdere vergunning kry…. Jy kan aandele in Eureka maatskappy koop met n aankoop prys van R1000 of meer, jy kry dan dadelik vir elke R1000 n R100 gratis en kan dan dadelik die aandele te koop aanbied met n gewaarborgde groei.. of wins van 81% binne so kort as 6 weke. Daar is n geslote facebook groep.. Eureka Bpk Verhandelingskamer… of so iets… gestig. Hierdie foefie het, net soos destyds se kubus, ontplof… ek glo dit gaan steeds aan en daar is miljoene hier betrokke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.