Interdik verkry om busdiens-betoging te stuit

Argieffoto

Argieffoto

Die Stad Kaapstad het ʼn hofinterdik bekom om betogers te verhoed om die MiCiTi-busdiens in Du Noon en die omgewing noord van Milnerton te ontwrig.

Die interdik is laat Woensdagmiddag toegestaan nadat die busdiens sommige van sy roetes moes sluit toe betogers die Du Noon-busstasie geplunder het. Inwoners het glo betoog omdat hulle vroeër verbied is om onwettige plakkershutte op nabygeleë grond op te rig.

Brett Heron, burgemeesterskomiteelid vir vervoer, het gesê dreigemente van aanvalle en intimidasie van die MyCiTi en die Stad Kaapstad se personeel en kontrakteurs het die Stad gedwing om hom tot die hof te wend. “Die interdik sal op 11 respondente beteken word, onder meer die Govan Mbeki-tak van Sanco en onwettige minibus-taxioperateurs in die Joe Slovo-gebied,” het hy gesê.

Hy het gesê die interdik verhoed die respondente om enige van die Stad of die busdiens se werknemers of kontrakteurs te intimideer of aan te rand, die werking van die busdiens verder te ontwrig of nader as 300 meter van enige van die busstasies te kom.

Heron het gesê hoewel die Stad nog besig is om die skade wat die betogers aangerig het te bereken, sal herstelwerk volgende week begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

Hulle moet die sondebokke se arbeid gebruik om te help met die herstelwerk – GRATIS!!!

Eddie ·

Stem saam Christa, hulle kan mos net afbreek, laat hom ‘n slag voel hoe is dit om te werk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.