Interimbevel teen grondbesettings in Bronkhorstspruit

Argieffoto

Argieffoto

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het ʼn tydelike interdik toegestaan om onwettige grondbesetters in Bronkhorstspruit van die betrokke eiendom te verwyder.

Dit het gevolg nadat AfriSake deur van sy lede ingelig is dat eiendomsbesettings tans in dié omgewing plaasvind, waarna die organisasie ʼn dringende aansoek in die hooggeregshof gebring het. Verdere bewys hiervan het na vore gekom op Facebook, waar beweerde EFF-lede boodskappe geplaas het waarin individue opgeroep word om stukke grond in die omgewing te beset.

AfriSake het verneem dat die eienaars van ’n maatskappy wat deur die eiendomsbesettings geraak is, glo aangerand, gedreig en geïntimideer is toe hulle die onwettige besetters op die eiendom probeer nader het. ’n Saak van aanranding is aanhangig gemaak teen die aanvallers, wat egter op hulle beurt ’n saak van aanranding teen die eienaars van die grond aanhangig gemaak het. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

’n Naburige boer se eiendom is ook geraak en dele van sy weiding en veevoer is na bewering aan die brand gesteek deur die onwettige eiendomsbesetters. Volgens die boer het sommige van sy plaaswerkers hom gewaarsku dat indien hy weerstand sou bied, sy eiendom glo tot op die grond afgebrand sal word. Die boer het intussen sy gesin verskuif na ’n plek van veiligheid, in afwagting van die uitslag van die hofaansoek.

Volgens AfriSake kon die polisie glo nie daarin slaag om die onwettige besetters te verwyder nie en kon hulle ook nie enige verdere hulp en bystand verleen aan die betrokke eienaars nie.

“Nadat die eienaars van die onderskeie eiendomme met ons in verbinding getree het, kon ons nie net terugsit en die gebeure ongehinderd laat voortgaan nie, aangesien dit ’n regstreekse skending van ons grondwetlik beskermde eiendomsreg is,” het Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by AfriSake, gesê. “Suid-Afrika het tans te make met groot onsekerheid ten opsigte van die veiligheid en beskerming van eiendom in die land.”

Die saak sal op 1 Junie weer aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jordaan ·

En geen woorde word deur regering gerep nie, dra seker hulle goedkeuring.

anta ·

Glo nie hul wil boer nie, dink dit gaan net oor hul sal elke boer wys hul sal hul sin kry..
wonder of dit nog die moeite werd is om enige eiendom te besit..ek verkoop my eiendom …my man werk al hele week nie, hul beset die myne! Alles maar alles gaan tot niet! En my hart gaan uit na ons boere!ek bid vir julle elke aand,♥

Jan maak n plan ·

Lyk my dit sal maar seker met geweld terug geneem moet word.

Sekretaresse afriforum BHS ·

Die berig publiseer slegs gedeeltelike waarheid en ook ‘n leuen….. die polisie teenwoordigheid was deurentyd meer as bevredigend ook die metropolisie vir die outoriteit waarop der hul sonder interdik kon funksie neer. …. geen grond is nog beset nie… dit is slegs intensie daartoe. .. Afriforum is tog veronderstel om samehorigheid te kweek en nie verdeeldheid… hierdie berig kraak ons plaaslike polisie sleg af en werk saam met sensasie wekkende media.. nie vir bemagtiging van gemeenskap of om mense wat negatief is teen oor afriforum se guns te wen nie. ; (

Sputnik ·

Wil “sekretaresse” nie maar die bure se Gr 5 seun of dogter vra om die boodskap te tik nie? Hulle sal sekerlik meer taalvaardig wees en weet hoe om punte en hoofletters te gebruik. Asseblief!

Joann ·

Ag nee wat vergeet maar dat enig een iets aan die saak kan doen. Agriforum ????

Gerhard van Biljon ·

Die optrede van diegene wat so goedsmoeds ander mense se eiendom kan betree en oorneem gaan alle verstand te bowe! Hierdie is ‘n ou slenter waar iemand op ‘n skelm manier stand plase aan mense verkoop. Wat gaan soek enige regdekende teenaan ‘n boer se huis. Hierdie ontbloot die EFF vir wat hul werklik is. Hulle maak nie net van die parlement ‘n sirkus nie maar van die hele land. Mag hierdie grondbesetters met mag en mening verwyder word sodat daar ‘n duidelike boodskap uitgestuur word.

vierkleur ·

Die vraag is , kon die polisie nie help nie,of wou die polisie nie help nie?
Wat gaan gebeur as die grond besettings op grootskaal gedoen word, wie gaan die boere help,
of gaan hulle hulself moet help?

As dit gebeur, kan ek nou al se,dit gaan die begin van n “oorlog” wees

vermeende ·

Ek wonder waar is al die mense wat deur die jare gese het, as hulle my/ons plase vat dan is daar oorlog. Hierdie artikel het die media gehaal oor die EFF betrek word. Hierdie is ook nie die eerste keer dat dit gebeur nie.
Wat is n plaasbeseting? weer mooi polities korekte woorde maar n landbouer word van sy plaas vervreemd en het nie meer toegang tot sy hele plaas nie. Dit is nie besetting nie maar onteining. Stel jouself voor, diefstal word nou “regstelinde verdeling” genoem, gaan die polisie jou help met die volgende huisbraak?
Gaan speel gerus die “hof game” terwyl die boer sy bron van inkomste verloor. Teen die tyd dat die sy uitspraak gee in die boer se guns dan het sy rekeninge so op gehoop dat hy sy grond so te se verniet weg gee net om kop bo water te hou.

Gawie Botha ·

Ek sal baie verbaas wees,as die boere gaan opruk,so het die boere in Zimbawe ook gese,toe dit nog Rhodesia was,,,,,,,,en almal ken die geskiednis tot op hede wat die Landbou betref en blanke boere wat daar was! Die boere wat n vinger gelig het,is dood,of ernstig aangerand,plase is afgebrand en vee en huisdiere is vermink en met pikstele dood geslaan,bees se hakskeen senings met pangas aafgekap,,,,,dit het oorgespoel van die Mau-maus’ destyds,,,,,,,,,Suid Afrika is “The last stand” of white farmers,,,,,,,,die staat gaan ons geensins help,hulle gaan n blindeoog draai,,dit is tog wat hulle ,huldie “kiesers” belowe het,en dit is nou tyd,,,Suid Afrika se ligte word weer afgeskakel ,na “DONKER-AFRIKA”!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.