Internasionale gemeenskap ‘moenie geld aan SA skenk’ – IRV

(Argieffoto)

Die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) het ʼn beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om weens die regering se “gevaarlike beleidsbedoelings” nié geld aan Suid-Afrika te skenk nie.

Die IRV sê om finansiële hulp aan Suid-Afrika te gee terwyl sy regering voortgaan met sy verwoestende beleid, gaan net Suid-Afrikaners se ontberinge vererger.

Die instituut sê hy gaan ʼn ope brief aan die VSA, Japan, China, Duitsland, Frankryk, Engeland, Italië, Indië, Rusland, Brasilië, Kanada, Saoedi-Arabië, Spanje, Mexiko, Nederland, Suid-Korea, Australië, België, Switserland en Indonesië skryf en hulle vra om hul beursies toe te hou.

Hermann Pretorius, die IRV se adjunkhoof vir beleidsnavorsing, sê die lande gaan gevra word om die skadelike uitwerking van die regering se beleid op die ekonomie en die land se vooruitsig om ʼn bestendige, billike en vooruitstrewende toekoms te bou, in gedagte te hou.

Die IRV sê skenkers aan die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) moet weet hoekom “ons land weereens op sy knieë gedwing word en waarom die land se mense, veral die armstes en kwesbaarstes, ontberinge deurmaak wat vermy kon word”.

Pretorius sê die Verenigde Nasies se spesiale komitee teen apartheid het presies 43 jaar gelede vergader om te besluit hoe die internasionale gemeenskap teen die verslegtende situasie in apartheid-Suid-Afrika gaan reageer.

Heelwat het intussen in die land verander – en verbeter – maar Pretorius sê dit is ʼn bespotting dat die kwesbaarste Suid-Afrikaners vier dekades later blootgestel word aan omstandighede wat herinner aan daardie tyd. Hy sê ʼn gewelddadige, onderdrukkende en vernietigende ideologie heers, ʼn minderheid word verryk en die meeste mense leef in vrees, armoede en behoeftigheid.

Volgens Pretorius het die regering vroeër vandeesmaand met die IMF begin onderhandel vir ʼn reddingsboei van $4,2 miljard (byna R70 miljard). “Weens die wêreldwye ekonomiese uitwerking van die Covid-19-pandemie en die gepaardgaande regeringsbesluite om dit te hanteer, is die ekonomiese en fiskale situasie in Suid-Afrika ongetwyfeld sleg. Hieruit het die besluit deur die ANC en sy vennote in die SAKP en Cosatu om die IMF te nader, gespruit.

“Die Covid-19-krisis was egter ʼn krisis bo-op verskeie ander krisisse en die kombinasie daarvan druk Suid-Afrika tot op die afgrond.”

Pretorius sê die pandemie het egter nie die swakhede in die ekonomie veroorsaak of die regering se vermoë om Suid-Afrikaners se lewens te verbeter, ondermyn nie – dit het dit net blootgelê.

Hy sê dit is regeringsbeleid wat gelei het tot ʼn toename in werkloosheid, onproduktiwiteit en ʼn ekonomie wat nie groei nie. Dit het ook gelei tot die onttrekking van beleggings en kapitaal uit die land, toenemende maatskaplike onrus en ontevredenheid.

“Ten spyte van die ANC se eie regeringsukses voor die rigtingverandering in 2007, en sy gevolglike mislukkings, het die administrasie van pres. [Cyril] Ramaphosa hardkoppig en doelbewus geweier om die beleidskoers te verander wat die romp van die Suid-Afrikaanse skip verwoes het.”

Pretorius sê dit is teen dié agtergrond dat die IRV besluit het om die IMF se belangrikste skenkers te nader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Fedup ·

You better write those letters today, IRR.
Tomorrow will be too late.
Make sure the circus don’t get another cent.

Pierre ·

Stem saam Frans. Hierdie sopkombuis mentaliteit van gee-gee moet end kry.

Wendy ·

Stem volkome saam. Die privaat sektor meet ook sommer ophou om die staat te help, dan sal ons behoorlik sien hoe val die wiele af. Die regering help mos net sekeris so laat hulle maar die staat bystaan.

Tinus ·

Wel gedaan IRV. Geldelike skenkings sal nie belydsveranderinge meebring nie.

Chris ·

Reken met inagneming van ons “Credit Score” kwalifiseer ons gemaklik vir R200,000.00 betaalbaar oor 60 Maande, ingesluitend die 3 “months payment holiday”.

Stefan ·

Hulle sal in elk geval aangaan soos dit nou gaan, apartheid is mos verby en hulle sal teen als wat wit idees is skop en hulself verder verryk, dis dan die paar gelukkiges wat skep uit bee, die res wit en swart krepeer.

Nie Verbaas ·

Ek sal graag n uiteensetting wil sien wat met R500mil noodfonds gebeur het. Stem saam, sny alle finansiele hulp af aan ANC sirkus. Laat die wiele nou behoorlik afkom.

Sharnelle ·

Hoop die brief bereik die lande betyds. Hoogtyd dat die krane toegedraai word. Die regering lieg vir die ander lande en steek op die ou einde self die hande in eie boesem. Ons regering is ekonomiese terroriste en pensioengelde word gebruik om op te dok vir skuld.

Sarel ·

Hoe word skenking gemonitor? Om skenkngs aan een van die mees korrupte Regerings in die qereldcte doen sonder om fondse te monitor us oncerantwoirdelik

J ·

Welgedaan IRV!!!!

Vra asb dieselfde lande om AL DIE BUITELANDSE BATES van die STAATSKAPERS te vries!

Vries ook hulle SA bankrekeninge!

Verbied hulle ook om enige buitelandse reise te onderneem.

As die buiteland NIE die RAMPOKKERS straf nie gaan hulle skotvry wegkom in SA.

Rodger17 ·

Stem 100% saam!Al die geld gaan elk geval net vir die people,wittes kry niks!

Nico ·

Dit is reg IRV stop, hoe meer hulle kry hoe meer wil hulle hê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.