Internasionale kongresgangers geskok oor gewelddadige plaasmoorde in SA

Argieffoto: AfriForum Jeug

Argieffoto: AfriForum Jeug

Die internasionale wêreld het met skok kennis geneem van die 1 750 plaasmoorde wat sedert 1994 in Suid-Afrika voorgekom het.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, en Lorraine Claasen, navorser en kriminoloog by dié burgerregte-organisasie, het pas die 15de internasionale simposium van die World Society of Victimology in Perth, Australië, bygewoon met die doel om die internasionale gemeenskap in te lig oor die omvang en erns van plaasmoorde in die land.

Claasen het gesê die boodskap wat hulle wil oordra is om die internasionale gemeenskap se hulp te vra om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om daadwerklik op te tree teen dié brutale misdade. Sowat 300 internasionale simposiumgangers waaronder dokters, studente, navorsers en sosiaal-wetenskaplikes woon die byeenkoms by wat tot Donderdag duur.

Claasen het na afloop van haar voorlegging gesê daar was baie vrae en reaksie van die gehoor. “Kongresgangers was in die algemeen baie geskok oor die vlak van geweld in die aanvalle en was van mening dat dit nie roof is wat ons beskryf nie.

“Hulle wou ook weet watter soort ondersteuning vir slagoffers beskikbaar is en of die slagoffers bereid is om vir berading te gaan. Daar was ook heelparty vrae oor wat die regering rondom plaasmoorde in die land doen.”

Volgens Claasen was dit duidelik dat verskeie kongresgangers nie van die omvang van plaasaanvalle en -moorde bewus was nie ten spyte van berigte wat wel in die Australiese media gepubliseer word.

Roets en Claasen het by die konferensie in aanraking gekom met Suid-Afrikaners wat verhuis het na Australië en wat verduidelik het dat hulle nie bereid was om hulle kinders langer in só ’n gewelddadige land groot te maak nie.

Roets en Claasen sal Woensdag ’n groep Suid-Afrikaners ontmoet en onder meer oor plaasaanvalle en die internasionalisering van die kwessie praat.

Die klem van die konferensie het ook geval op die regte van slagoffers en die bystand wat hulle van hul onderskeie regerings kry. Groot klem is ook geplaas op die verantwoordelikheid wat regerings het om burgers wat slagoffers is te help.

Claasen het ook gesê die wyse waarop slagoffers hanteer word moet verander en die onregverdige blaam wat op hulle geplaas word, moet uit die weg geruim word. “Slagoffers wil gehoor word en hul eie weergawe van gebeure kan vertel. Dit is ook van kritiese belang dat hul weergawes, verklarings en die impak wat aanvalle op hulle gehad het tydens hofverrigtinge die nodige aandag kry.”

Die internasionale gemeenskap het ook gehoor dat benewens die erge trauma waardeur slagoffers van plaasgeweld gaan, die aanvalle ook ’n ernstige bedreiging vir voedselsekerheid en werksgeleenthede inhou. Hoewel roof dikwels as motief vir die aanvalle voorgehou word, is die brutaliteit, marteling en erge aanranding wat dikwels met die aanvalle gepaard gaan, aanduiding van ’n vlak van haat wat nie geregverdig of aanvaarbaar is nie, het Claasen in haar voorlegging gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Rynhardt ·

Die internasionale wereld is geskok oor 1750plaasmoorde?Eerstens is daai statistiek verkeerd,want so ver ek weet,was meer as 4000 witboere al vermoor sedert 1994-2015 !Het die wereld gedink dat FW de Klerk en die Anc gaan n paradys skep?Die SA media het ook hul deel gedoen om plaasmoorde plaaslik en internasionaal te weerhou,want die indruk moes geskep word dat alles is pragtig in die nuwe SA!Daar word ook nie die statistiek genoem vir die wereld oor hoeveel afrikabervroue op plase wreedaardig verkrag word nie.Ek voel n gulde geleentheid is verspeel.

chris ·

Baie dankie Afriform en jul mense.
Soos ek by ‘n vorige skrywe opgemerk het is hierdie bewusmaking uiters belangrik en sal die vrugte hiervan in die toekoms gepluk word wanneer ons weer vry sal wees.

pop ·

Ja en nou weet hulle, so wat nou??? Gaan ander lande iets kan doen?? Ek glo nie so nie. En die groot vraag is< gee ons regering om dat die wereld weet??

Dave ·

En hier vra Pop die kritièke vraag – soos sy sè “wat nou?”.

chris ·

Om te oes moet daar eers baie voorbreiding wees,hierdie is die begin.Ek is van mening dat om in die toekoms weer onafhanklik te wees die wereld moet weet wat hier aangaan en dit gaan nie dadelik gebeur nie.Daar sal nog baie by sulke geleenthede en ander die waarheid vertel moet word alforens ons saak algemene kennis is.Om die liberale propaganda van die verlede oor die Afrikaner Boer te ontbloot sal tyd neem ,tans begin ons stukkie vir stukkie ons muishond beeld in die buiteland afskut.

Henry ·

Jy’s in die kol Chris!
Dit gaan inderdaad gereëlde en toegewyde aandag verg om die leuens wat reeds vir jare lank onder die vaandel van ‘n kastige reënboognasie gesmous word, te weerlê.
Groot dank intussen aan Soliforum en VF+ wat reeds noemenswaardige suksesse behaal het.

chris ·

Pop jy is reg die wereld gee tans nie om nie.Ek dink dat die drie groot partye in die reenboogland egter minder omgee nl die ANC,DA,EFF.Dit is mense wat bewus is hiervan en dit dood verswyg,ek sien hierdie mense as mede verantwoordelik vir al die hartseer hier.Kyk gerus waneer spring hulle op en af met rooi befoeterde gesigte Nkandla,Treine,wapenskandaal,kaderonplooiing ens maar nooit ,nooit oor die marteling en blatante haat teenoor witmense op veral plase nie.Dit behoort vir alle regdenkende mense te wys wie hulle werklik is maar nog steeds sien mense nie die ooglopende raak nie.Inteendeel die partye kryt die enigste een uit wat dit aanspreek as rassisties,leef in die verlede,randeiertjie ens daarom is hulle almal mede aanspreeklik hieraan en die mense wat hulle ondersteun ook.

Realis ·

Great stuff!! Eindelik word die internasionale gemeenskap se oe en ore oopgemaak. Hoop net dit word rerig so ernstig opgeneem as wat hulle voorgee tans. Tyd dat hierdie SA gemors uitgewys word. Kom wereld, staan op, julle almal wat so anti-Apartheid was………

Hansie ·

Mens wil graag vir die mense ons saak stel, hartlik bedank dat hulle die moeite vir ons doen. Ons hoop van harte die wêreld hoor EN luister. Ongelukkig sal ons ons saak moet aanhou uitdra en hoop iemand doen iets!!

Hennie ·

Die Australiers wat dit aangehoor en geskok was, was hulle deel van die buitelanders wat die SA regering geboikot het voor 1994? Dan hoop ek dat hulle nou die realiteit van swart mense in Suid Afrika se gedrag en waardes verstaan, ek hoop hulle sal weer optree soos hulle teen ons opgetree het.

Johan 2 ·

Hoop maar hennie, hul gaan optree soos hul opgetree het toe die Engelse ons probeer uitroei het…en moenie verbaas wees as hul ons “Nazifiseer” om te maak of ons dit verdien nie…terloops vra gerus enige Duitser (buite europe want dis onwettig om te praat daaroor in EU) of daar werklik n holocaust was…ons beurt kom nog die film oor Apartheid begin nou eers.

willie Olivier ·

Ek het nuus vir julle, daar sal niks van kom nie. Tydens die boere oorlog was dit baie erger! Die boere se plase was opgeblaas, hulle lewendehawe gesteel hulle vrouens en kinders is in konsertasie kampe gedruk waar die meeste dood is van elende en hongersnood. En toe het die wereld geweet daarvan en niks gedoen nie! Sorry julle, ons is alleen.

Ekke ·

Ja die internasionale gemeenskap weet nou – asof hulle die eerste keer daarvan uitvind … really???

Bruno Stef ·

Die gewone Aussie weet nie eers waar SA is nie en stel ook nie belang nie maar gelukkig is daar duisende EX Pats waarvan n goeie aantal alreeds Aus burgerskap het en op hoogte van sake is.Die mense wat op die simposium was is seker maar n internasionale groep wat in Perth vergader het.Ek weet net my kinders sal nooit al hulle belange in Perth opgee om terug te keer na hierdie nagmerrie in SA.

Johan 2 ·

Die internationale gemeenskap gee nie n vlenter om nie…ek wag nog vir die verslag oor die Anglo Boere oorlog..dink jul ons gaan dit binnekort gedeklassifiseer sien…en gaan iemand regtig omgee of optree..jammer mense on is op ons eie in die gemors.

Berhalet Beukes ·

Weet hulle van die res? Dankbaar dat Afriforum lig werp op die onderwerp. Weet hulle van die kinder verkragters, kindervergragtings, muti moorde, en en en? Wys meer van wat in ons land aangaan!

Sarie ·

Baie min oor Afriforum se besoek is in die Nasperskoerante gepubliseer.

jeannine ·

ik is belgiese maar groot gemaak in Sa en ja dit is waar voor 1997 is ook hier in belgie al wat suid afrikaans was geboykot niks was nog reg daar nie volgens die aktie groepe hier en ineens kom die ANC aan die mag en alles is weer baie lekker van suid Afrika koop maar die apartijd is klaar en alles is ok daar.
ik volg die aktualiteit daar en wat een gemors met al die boere die instaan vir al die kos en werk en dan mag jy hier niks kwaad se van die mense daar in suid Afrika nie.
ek kry trane in my oe as ik van al die moorde daar lees en met al die families die hun lieve familie lede moet afskeid neem so ‘n mooi land en dit gaan die dieperik in ieder keer as ons met vakantie kom in Sa sien ons dit agter uit gaan.
Afri forum kla die probleme aan in die europese gemeenskap of in die hof van mense regte in Den Haag miskien is daar ‘ n ligpunt vir al die moorde

albert ·

Wanneer ons eie mense iets omtrent plaasmoorde wil doen dan word hulle gekruisig en as rassiste afgemaak . Niemand gaan ons vuil werk namens ons doen indien onsself nie iets vir onsself wil doen nie – verskeie mense oorsee wat ons goedgesind is en ons saak wil uitdra het al in vergaderings met ons opgemerk dat ons nie aan die wereld demonstreer dat ons ontevrede is nie – met optredes en byeekomste om sulke aangeleenthede onder die wereld se aandag te bring skitter ons mense in hul afwesigheid en kry die wereld die indruk dat dit nie so ernstig is nie en dat ons tevrede is.
Maar noem nou net die naam rugby dan sit ons die stadions vol. . . .

Piet Pompies ·

Regerings beamptes en ministers wat so rustig agteroor sit terwyl ernstige misdaad soos roof en moorde hoogte inskiet, moet pasop, hulle kan in die wereldhof beland en in hul eie hoedanigheid daarvoor aangekla word.

Frans ·

Dankie AfriForm vir wat julle doen.
My kommer is dat die verlede het ons presies gewys wat om te verwag, net n paar on aangename opmerkings deur Westerse politiesie en miskien is die regering nie meer welkom in hul land. Ons woon in n paradys, hier gaan ons kaalbas uitstap. Kyk na Zim.

Frans ·

Dankie AfriForm vir wat julle doen.
My kommer is dat die verlede het ons presies gewys wat om te verwag, net n paar on aangename opmerkings deur Westerse politiesie en miskien is die regering nie meer welkom in hul land. Ons woon in n paradys, hier gaan ons kaalbas uitstap. Kyk na Zim.

Frans ·

Dankie AfriForm vir wat julle doen.
My kommer is dat die verlede het ons presies gewys wat om te verwag, net n paar on aangename opmerkings deur Westerse politiesie en miskien is die regering nie meer welkom in hul land. Ons woon in n paradys, hier gaan ons kaalbas uitstap. Kyk na Zim.

M.g.Krugel ·

Ek hoop regtig dat ons media kennis geneem het van vreemdes dat dit nie roftogte is nie. Dit pla al jare dat die koerante die versagtende woord”roof”
gebruik vir wrede aanvalle en moord. Daar is beter beskrywende woorde soos; Aanvaller, wreedaards, booswigte ens. Hulle kom met die doel om wreed te wees en daarna vat hulle net aandenkings!!
Goddi
Ldb.

Eureka ·

Dankie AfriForum vir wat julle vir ons doen, nie net vir my nie maar ook vir Rynhardt, Pop, Dave, Willie, Ekke, Bruno en Johan2.

A. vd W ·

Ek het hierdie gedig oor plaasmoord geskryf – dalk beteken dit vir iemand anders iets.

Plaasmoord

Met bloedgeld het oom en tannie betaal
vir ‘n plaas in die ou Transvaal
met edel harte boer hul voort
en weet dat hul hier hoort.
Op hul stukkie trots in Afrika
waar hul aarbeid vrugte dra.

Kort na middernag
Kan mens die duiwel hoor lag
Kort na middernag
Verlang mens na die dag.

Maar toe een nag kruip die bose uit
en hul ontbloot die oom se bruid.
Hulle koggel en hulle lag
die tannie word verkrag
hul verslind haar, en toe sonder skroom
vermoor hulle ook die oom

Kort na middernag
Kan mens die duiwel hoor lag
Kort na middernag
Verlang mens na die dag.

Die plaas word gestroop van als en meer.
Oom en tannie kan nie keer
Indringers wat stroop en wat oes
wat weer en weer verwoes.
Op ‘n donker nag in Oktober
Het hul saggies hul prys verower

Kort na middernag
Kan mens die duiwel hoor lag
Kort na middernag
Verlang mens na die dag.

O kreete weergalm oor die plaas
en so groet hul nou vir oulaas
Angs het die nag gevul
In die donker is dit skielik stil
Geen genade, nee net pyn en smart
Die lot van ‘n boer se hart

Kort na middernag
Kan mens die duiwel hoor lag
Kort na middernag
Verlang mens na die dag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.