Internasionale media reageer op munisipale verkiesing

Pres. Jacob Zuma stem op 3 Augustus 2016 by Ntolwane Primary School in Nkandla, KwaZulu-Natal (Foto: Presidensie)

Pres. Jacob Zuma stem op 3 Augustus 2016 by Ntolwane Primary School in Nkandla, KwaZulu-Natal (Foto: Presidensie)

Die internasionale media het oor verskeie punte reageer op die munisipale verkiesing in Suid-Afrika, met ʼn algemene siening oor die analise.

Internasionale media het berig oor die ANC wat een van sy grootste politieke opskuddings beleef sedert hy in 1994 aan bewind gekom het, hoofsaaklik weens korrupsie en ʼn stagnerende ekonomie; dat die opposisie, die Demokratiese Alliansie, verskeie stede by die ANC kan oorneem; en dat partye met die sterkste ondersteuning in sommige munisipaliteite ʼn koalisie kan vorm.

Die Wall Street Journal berig:

Te midde van ʼn stagnerende ekonomie en wydverspreide korrupsie, het miljoene Suid-Afrikaners Woensdag gestem in die belangrikste verkiesing sedert Nelson Mandela in 1994 tot president verkies is.

Die regerende ANC, ʼn party wat ʼn breë spektrum van politieke filosofieë insluit van vryemark-liberalisme tot kommunisme, het verskeie politieke storms tydens sy 22 jaar aan bewind suksesvol getrotseer.

Met ʼn treurige groeikoers en ʼn reeks aantygings teen pres. Jacob Zuma, word die party in die gesig gestaar deur ʼn ongekende uitdaging wat daartoe kan lei dat die ANC beheer kan verloor in sommige van Suid-Afrika se belangrikste stede vir die eerste keer sedert die einde van apartheid.

Die ANC se onvermoë om openbare dienste te lewer in talle groot metropolitaanse gebiede het sommige van die kiesers van plan laat verander.

Die Guardian:

Uitslae in Suid-Afrika se mees betwiste plaaslikeregeringsverkiesing kan ʼn terugslag wees vir die ANC, met vroeë aanduidings dat ondersteuning vir die party vir die eerste keer ná apartheid tot minder as 60% kan daal en die party loop die risiko dat hy sleutelstede kan verloor.

Al Jazeera:

Suid-Afrikaanse munisipale verkiesingsuitslae sal bekend maak of die ANC sy greep verloor ná twee dekades na die einde van apartheid. Die verkiesing sal na verwagting die naaste een ooit wees. Die ANC se bestendige afname kan ʼn keerpunt bereik in verskeie belangrike metropolitaanse gebiede.

Die ANC en die DA sal waarskynlik gedwing word om kleiner partye en onafhanklike kandidate te bekoor om ʼn meerderheid in die munisipaliteite te verseker.

Reuters:

Suid-Afrika se opposisieparty, die Demokratiese Alliansie, het Donderdag in drie groot stede voorlopig die meerderheid stemme ingewin terwyl stemme getel word ná die plaaslike verkiesing. Dit kan moontlik die grootste verkiesingsterugslag wees vir die ANC sedert die einde van apartheid twee dekades gelede.

ʼn Beduidende verlies in ondersteuning vir die regerende party in hierdie gebiede kan ʼn waterskeidingsoomblik wees vir die Suid-Afrikaanse samelewing en politiek waar die land ʼn verskuiwing maak van ʼn eenpartystelsel in die era direk ná apartheid.

Lees alle vorige berigte oor die verkiesing op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

Maroela Media. Wat weet julle vd gerugte dat die VF+ in Tshwane eerder in koalisie met die ANC sal gaan as met die DA?

Nico ·

Ek sal uiters verbaas wees as dit gebeur. Sal ideologies geen sin maak nie.

Wel... ·

Die VF+ se hele verkiesingsveldtog het daaruit bestaan om die DA sleg te sê en niks anders nie, so ek sal nie verbaas wees nie…

Popeye ·

Hopelik neem die graderings agentskappe kennis van die kiesers se sentimente! Ek hoop hulle besef die ANC suig!!!

Lance ·

Dankie zuma jy het eintlik baie gehelp met al joubskandes dat die Da stemme kry …by maar tot 2019 :)

John ·

As mens nie al die rotte uitgewis kry nie is daar gou-gou weer baie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.