Internasionale reg dalk in Zuma-saak oorweeg

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die Konstitusionele Hof het oudpres. Jacob Zuma en hoofregter Raymond Zondo se onderskeie regspanne versoek om binne die volgende twee weke skriftelike voorleggings te maak oor die internasionale reg en die moontlike gevolge daarvan vir Zuma se tronkstraf.

Zuma het die Konstitusionele Hof in Julie genader en gevra dat dié hof Zuma se vonnis van 15 maande tronkstraf vir minagting van die hof herroep. Zondo, die Helen Suzman-stigting, asook die minister van polisie en minister van justisie en korrektiewe dienste staan die aansoek teen.

Die Konstitusionele Hof het Vrydag in ʼn verklaring gesê Zuma se regspan het tot 13 Augustus en Zondo se regspan tot 18 Augustus om ʼn voorlegging van nie meer as 20 bladsye nie by die hof in te dien. Hierin moet die regspanne uiteensit of dit nodig is vir die Konstitusionele Hof om die internasionale reg in ag te neem in hul besluit om Zuma se aansoek toe te staan, al dan nie. Indien die applikant en respondente meen dat internasionale reg wel van toepassing is, moet hulle sê watter uitwerking dié reg op Zuma se volgehoue aanhouding het.

Die Zuma-stigting het dié versoek verwelkom.

Die beleërde oudpresident is intussen Vrydag in die hospitaal opgeneem vir mediese waarneming. Dit volg slegs enkele dae voordat hy in die hof in Pietermaritzburg moet verskyn op 16 aanklagte van korrupsie wat verband hou met die omstrede wapenonderhandeling. Die Zuma-stigting het wel Vrydag die versekering gegee dat Zuma steeds Dinsdag persoonlik in die hof in Pietermaritzburg sal verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Strandloper ·

Topie zumpie jou aftrede val se reg in jou kraal. Geniet dit wat jou toekom!

Pieter ·

Die man met sy Stalingrad strategie kry te veel ruimte om in te beweeg. Wie betaal sy regskoste? Hy is ‘n krimineel, net soos die hele ANC, en verdien geen verdere aandag meer nie. Wees resoluut en trek ‘n streep, ek doen dit by die werk en word verag oor dit. Papbroekery is aan die orde van die dag.

Friedrich ·

Ag siestog. Hoekom is hy in die hospitaal? Stres oor ‘n skuldige gewete?

Hulle behoort hom toe te sluit en die sleutel weg te gooi. Hy is ‘n skelm wat erg korrup is.

Persheks Adri ·

Ek dink nie hy weet wat ‘n skuldige gewete is nie en indien hy weet gee hy nie ‘n duit om nie!

koos10 ·

20 bladsye vir Zuma se regspan is onmoontlik. Hulle praat vir 4 ure en sê niks.
Zuma in die hof die week? Nee wat, ek glo nie.

SjN ·

Hoekom nou die voorleggings na soveel jare, uitstel na uitstel, raak n Sirkus.

Nie Verbaas ·

Suid Afrika se regstelsel het in n grap ontaard maar net tot voordeel van sekere uitverkorenes.

annie ·

… sy raadgewers kan sekerlik hier beter raad gee as in die vorige plekkie en nuusbrokkies uitruil. Nou moet die internasionale strafhof dalk ook oorvat. Is ‘n niggie of vriendin dalk daar die hoof of iemand uit Indië? Wrede wittes met mag is dalk steeds in SA die geheime wapen van CR en sy ontoegeeflike regters. Verban die Zuma-clan en entourage na Dubai… vir ewig. Mind you, Dubai sal daarna ook nooit weer dieselfde wees nie.

Pieter ·

Die ANC land se regstelsel is n grap daai regters werk vir die ANC. Hoekom moet ons belastingbetalers betaal vir die sirkus

Corne123 ·

Spaar die land miljoene en laat hom tog vry en dan sal julle die petrol prys ook met R5/L want sedert sy verhoor begin het stug petrol elke keer seker om vir sy regakoste te betaal

JM ·

Wat is die volgende? Zuma se regspan het alles in die boek gebruik om hom te “red”! Sal Zuma, sy regspan en al sy simpatiseerders nie asseblief op ‘n skip klim en op ‘n eiland in die Middellandse See gaan bly nie?! Zuma is die grootste ramp wat hierdie land nog ooit getref het.

Johan ·

Dit smaak my daar word nou gesoek na verkonings om vir Ntondo we Sizwe vry te laat … !

Deon ·

Al hierdie op en af laat my besef dat daar geen byt in ons wette is vir Zuma nie… Die concourt het hom mos nou skuldig bevind aan minagting en hom mos nou toe gesluit, is hulle dan nie die “hoogste” hof in SA nie?…. Julle mors die land se geld en tyd met strooi stories, laat die man vry en laat hom lekker gaan rus daar in sy kzn…. Hoeveel het hierdie uit te waai met dienstaat se magteloosheid tydens die plundering in kzn wat ook nou al so verdraai word dat “rassisme” geskree word… Swak man, uiters swak!

pompies ·

Ek verstaaan nie wat de hel sy saak van minagting met die internasionale straf reg te doen het nie. Hy het hier droog gemaak nie op internasionale vlak nie. Hoop hy hulle gaan se hy moet vrygelaat word? As dit so is moet Janus ook vrygelaat word.

Yvonne ·

Kry mnr Zuma nou die shaik siektes….foeitog…al is hy siek dan glo min dit

Jack ·

Ek dink hy kry hopeloos te veel publisiteit. Maar die staat besit die media so dit sal altyd so wees. Hulle maak van die persoon n arme ou man wat niemand leed aangedoen het of sal doen nie.

Karina ·

Ek het geweet hy sal nie hof toe gaan nie, hy gaan iets beplan om homself daaruit te wikkel. Nou is hy glo “siek” watter siekte? Skelmstreke

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.