Internasionale reise hervat: Dié lande op hoërisikolys

(Foto: Unsplash)

Internasionale reise na en van Suid-Afrika word van Donderdag af geleidelik hervat en die regering het ʼn lys van lande wat as hoë risiko beskou word, bekend gemaak.

Dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het gesê dit sal van reisigers wat Suid-Afrika besoek verwag word om ʼn bewys, nie ouer as 72 uur nie, te toon dat hulle negatief vir Covid-19 getoets het.

Besoekers sal met hul aankoms steeds vir enige Covid-19-simptome gemonitor word en indien hulle simptome toon, sal van die persoon verwag word om ʼn verpligte Covid-19-toets op eie koste te ondergaan. As die toets positief is, sal die reisiger op eie koste onderwerp word aan tien dae van kwarantyn by ʼn toegewysde perseel. Reisigers sal ook met hul aankoms bewys van verblyf moet lewer indien hulle moet self-isoleer.

Hoërisikolande is die lande wat meer Covid-19-infeksies en -sterftes as Suid-Afrika het en geen ontspanningsreisigers uit dié lande sal in Suid-Afrika toegelaat word nie. “Die uitsondering is sakereisigers met skaars en kritieke vaardighede, onder wie diplomate, gerepatrieerde persone, beleggers en mense wat aan professionele sport- en kulturele geleenthede deelneem.”

Slegs OR Tambo Internasionale Lughawe, Kaapstad Internasionale Lughawe en King Shaka Internasionale Lughawe sal internasionale vlugte kan ontvang. Internasionale reisigers moet ook verpligte reisversekering hê om die moontlike koste vir Covid-19-toetse en kwarantyn te dek.

Besoekers van enige Afrika-land sal in Suid-Afrika toegelaat word. Sake en -ontspanningsreise uit alle mediumrisiko- of laerisikolande word ook toegelaat.

Oorgrenspadvervoer na Afrika-lande word ook nou toegelaat en vragskepe sal weer in hawes toegelaat word. Passasierskepe word egter steeds verbied.

Lande op die hoërisikolys sal elke twee weke hersien word.

Dié lande is tans op die hoërisikolys:

Albanië, Brasilië, Frankryk, Indië, Argentinië, Chili, Georgië, Iran, Armenië, Colombië, Griekeland, Irak, Oostenryk, Costa Rica, Guatemala, Ierland, Bahrain, Kroasië, Guyana, Israel, België, die Tsjeggiese Republiek, Honduras, Jamaika, Bolivië, Denemarke, Hongarye, Jordanië, Bosnië en Herzegowina, Ecuador, Ysland, Koeweit, Libanon, Nepal, Peru, Suriname, Luxemburg, Nederland, Portugal, Switserland, Maledive, Noord-Masedonië, Puerto Rico, Oekraïene, Malta, Oman, Katar, Amerika, Mexiko, Palestina, Roemenië, Brittanje, Moldawië, Panama, Rusland, Amerika, Montenegro, Paraguay, Slowakye en Venezuela.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Willem ·

Dit net Zim en Mosambiek wat oorbly en hulle is almal klaar hier

Faruk ·

Kriminele in SA hou ‘n groter gevaar vir ons in as hierdie lande met hulle Covid

OW ·

Besoekers uit Afrika hoef nie toegelaat te word nie,hulle is reeds hier.

Misky ·

Sjoe, Amerika is so gevaarlik dat dit sommer 2x genoem word….. ha ha ha

Erno ·

Ek sien hulle sê dis net lande wie se gevalle meer as SA is op hoë risikolys. Denemarke en Qatar alreeds ver onder SA.

Kiepie ·

Eerste wêreld lande soos Oostenryk, Frankrtk en Britanje is op die hoë risiko lys maar die deure word oop gegooi vir besoekers van alle Afrika lande.

Kokerboom ·

Afrika is skoon?!!!!Oja ekt vergeet grense is oop vir our people!

Fedup ·

All the african countries, yes?
Other countries, no?
How convenient for this circus.

Dries ·

Ek het die lys nou ‘n paar keer deurgegaan. Ek mis China se naam?

koos10 ·

Nou staan ek weereens verwondered oor die besluite wat geneem word. Passasiersskepe word nie toe gelaat nie! Daar mag 100de vliegtuie met 300 mense aanboord in SA aankom, en hierdie mense was 24 uur te vore nog in hulle eie lande. Skepe met mense wat al vir gewoonlik langer as 10 dae uit hulle eie lande weg is (so efektief klaar kwarentyn agter die rug het) mag nie na SA kom nie.
Mag hulle dan in Mosambiek aankom per skip en dan na SA reis per pad of vliegtuig?

Oom Hennie Pennie ·

Is dit om die reeds sukkelende toerisme sektor finaal die doodskoot te gee? VSA, UK is ons grootste bron van toerisme.

Kompas ·

Ek sou defnitief China op die lys geplaas het. Dis tog waar die virus sy oorsprong gehad het. Wie weet watter ander virusse die land inkom.

Genis ·

Kort mannetjie het mos gese dat vriegtuie n spesiale apperaat het wat die Covid opbreek..

Mariana ·

En waar is China op die lysie. Nee hoekom sal hulle daar wees. Mos maatjies van ANC. Nee kyk hierdie klugspul moet nou end kry. Wanneer moet mense nou weer die stukke optel. Almal word nog steeds gevange gehou deur die swak besluite van die regering. Dit is tyd dat daar drasties ingegryp word. Dinge moet nou normaliseer.

Mudguard ·

En Robbeneiland , wat die oorsprong van die korrupsievirus is, is ook nie op die lys nie.

Mossel ·

Nou wat van as jy reis na SA maar jy moet by n lughawe transit wat hoë risiko is.. ek lees nerens van dit nie en kan geen besprekings maak alvorens dit uitgeklaar is nie. Ek bv moet van malaysia af, wat toegelaat word maar ek sal moet op singapore of dubai wat albei op die hoë lys is transit ?? Kan iemand uitklaar dalk .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.