Internasionale rugbyspeler vertraag SA vlug

SA Express (Argieffoto) (Foto: Bob Adams vanaf George, Suid-Afrika – SA Express DHC-8-315 ZS-NMA via Wikimedia Commons)

ʼn Vliegtuig van SA Express by die Port Elizabeth-lughawe moes terugkeer kort ná dit sou opstyg aangesien ʼn internasionale rugbyspeler nie sy elektroniese toestel afgeskakel het nie.

Cian Healy, wat vir Leinster Rugby speel, moes van die vliegtuig verwyder word en het tot gevolg gehad dat die vlug wat na Kaapstad onderweg was met 30 minute vertraag is. SA Express het die voorval bevestig en gesê Healy het versuim om gehoor te gee aan opdragte wat deur kajuitpersoneel gegee is.

Volgens SA Express het Healy herhaaldelik veiligheidsaanwysings geïgnoreer. “Die senior kajuitbemanningslid het hom meer as vier keer versoek om sy elektroniese toestel af te skakel en die opdrag is geïgnoreer.”

SA Express het gesê hy sal nie veiligheid in gedrang bring nie. “Healy sowel as die spanbestuurder het om verskoning gevra vir sy gedrag. Die besluit is egter geneem op grond van veiligheidsbeleid en -prosedures.”

Healy was in die geselskap van ʼn Leinster-spanbestuurder wat saam met hom die vliegtuig verlaat het om hom te help om alternatiewe reisreëlings te tref.

Leinster Rugby het in ʼn kort verklaring die voorval bevestig en gesê die kwessie was rakende ʼn misverstand rondom die gebruik van ʼn skootrekenaar tydens die oomblikke voor die vliegtuig sou opstyg.

“Healy het die vliegtuig verlaat en die volgende vlug na Kaapstad geneem met dieselfde lugredery. Healy het onvoorwaardelik om verskoning gevra aan almal wat betrokke was en vir die ongerief wat veroorsaak is.”

Marcus Ó Buachalla, Leinster Rugby se kommunikasiebestuurder, het vroeër aan African News Agency gesê Healy was besig om ʼn rugbywedstryd op sy skootrekenaar te kyk en dat hy weens die gebruik van oorfone nie die kajuitpersoneel se versoeke gehoor het nie.

Leinster is in Suid-Afrika om twee wedstryde in die Pro14-rugbyreeks te speel. Leinster het die Southern Kings Saterdag in die Nelson Mandelabaai-stadion met 31-10 geklop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Koos1 ·

En wat van die ongerief van al die passasiers en die tyd wat hulle verloor het. ‘n Siviele eis klink vir my na die regte ding om te doen. Slaan sy sak , sodat hy kan maniere leer.
Was dit sy eerste vlug van sy lewe, dat hy onosel pleit?

PATTY ·

Twak man die bemanningslid het hom dan 4 keer versoek om die toestel af te skakel en hy het dit nogsteeds geignoreer. Hul verskonings klink maar vir my flou.

Magic ·

Stem saam; blatant gelieg! Dink hy ons hier in SA is dom???? Sy ego was in gedrang…. Ek is Ek en ry op die Hek! Tsk!

dries ·

Eish mense
Julle moet verstaan dis di 1e keer dat di man vlieg…

Wondernet ·

Hoe kan dit die eerste keer wees dat hy vlieg as hy van Ierland is…

Ashlee ·

Verskoning so onverstaanbaar en flou soos n koppie koffie met n teesakkie.

Leeu ·

WOW @wondermaarnet , verbaas jy weet hoe werk n rekenaar of selfoon.

Boet Fasie ·

Hoop hy het ‘n stewige boete gekry en dat die belastingbetaler nie weer moet opdok vir die kostes nie. Hy dink hy is te belangrik om hom te steur aan Suid Afrikaanse reels en regulasies , maar ons het ‘ n president wat die voorbeeld van wetloosheid stel.

Dawie ·

Balhorige mannetjie. SAExpress moes geweier het dat hy op enige van hul vlugte vlieg. Bietjie no- tollerence toepas soos hul in eerste wereld lande doen.

GPC ·

Sy optrede is onaanvaarbaar want almal gee gehoor.
Net n gedagte…… Hoe is die foon/tablet/skootrekenaar n gevaar indien dit in “Flight mode” is. Ek vlieg nie baie nie, maar het al ondervind dat verskillende redereie die “probleem” verskillend toepas. Van hulle sê sit af as vliegtuig begin beweeg en aanskakel as hy by bestemming deure oopmaak. Ander is weer baie gemaklik hieroor asof dit nie pla nie. Wat kan kenners verduidelik? Want as dit werklik n groot probleem was/is behoort passasiers dit in te handig wanneer hulle aan oord gaan, en terugkry as hulle afklim.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.