Internasionale sakeleiers waarsku teen onteiening sonder vergoeding

(Foto ter illustrasie: pixabay)

Tientalle internasionale sakeleiers het hul stem gevoeg tot die koor van teenkanting teen grondonteiening sonder vergoeding.

Sowat 23 uitvoerende hoofde en bestuurders van internasionale sakeonderneming het ʼn brief aan pres. Cyril Ramaphosa onderteken, waarin hulle waarsku teen die katastrofiese gevolge wat grondonteiening sonder vergoeding op die Suid-Afrikaanse ekonomie kan hê. Onder dié sakelui tel die Vryemarkstigting, Australian Taxpayers Alliance, NLC Argentina en Taxpayers Association of Europe.

Die organisasies is van mening dat die wysiging van artikel 25 van die Grondwet, om grondonteiening sonder vergoeding toe te laat, sal indruis teen Suid-Afrikaners se basiese menseregte. Hulle meen ook dat, sou die regte van grondeienaars só geskend word, Suid-Afrika dieselfde pad sal stap as Zimbabwe en Venezuela.

Riool in Zimbabwe se strate (Foto; AP Photo)

“Suid-Afrikaanse burgers sal ʼn algehele afname in hul gesondheid, welvaart en welstand ervaar. Buitelanders sal ook nie meer in die land belê nie.”

Sakeleiers wys daarop dat tydens die eerste jare nadat onteiening sonder vergoeding in Zimbabwe ingestel is, die ekonomie met 40% gekrimp en inflasie met 66 000% toegeneem het.

“Daarom doen die ondertekenaars van die brief ʼn beroep op beleidmakers in Suid-Afrika en wêreldwyd om private eiendomsreg te beskerm en te bevorder. Hulle moet ook die Suid-Afrikaanse regering se plan om ʼn beleid in te stel wat eiendom sonder vergoeding kan onteien, ten sterkste veroordeel,” lui die brief.

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, het vroeër die maand ook gewaarsku dat grondonteiening sonder vergoeding rampspoedig vir Suid-Afrikaners en die Suid-Afrikaanse ekonomie sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Kiewiet ·

Hoe se? I am sorry, but I hope this communication was sent to the SA Gonrnment and NOT the ANC as the ruling party. I hope also that it was sent to the Government in at least one African language, we have people that does NOT understand Afrikaans or English.

Michael ·

Die anc regering steur hom nie aan waarskuwings nie ,Ramaposa sê dan “we will go ahead whether the USA like it or not, kyk net na hulle ekonomiese beleid skeep skole finansieel af maar gee meer geld vir children grants.

Jan ·

Elke land in die wereld insluitend trump ondersteun die anc nes hulle almal vir mugabe ondersteun het…gaan google gerus illuninati…

Pieter J ·

Dit is wat gebeur wanneer jou regering deur kommuniste oorheers word.

Herpiet ·

Die Ideologie is om welfaart te verdeel. Dis wat kommunisme is. Hulle gaan hiermee voortgaan of ons daarvan hou of nie.

Oujongvrou ·

Kan enigiets die suurknolle tevrede stel. LEES asb die artikel. Dis verskeie lande wat hulle uitspreek teen die ANC se beleid.

Elize ·

Die regering laat my dink aan ‘n perd met oogklappe aan. Staar net vorentoe en sien niks en niemand langsaan of agter raak nie. Die goudpot voor hulle blink net te mooi!

Alet ·

Daar is soveel wat weet dit gaan gebeur. ANC is ongelukkig nie een van die wat weet nie.

Maria ·

Wonderlik om ondersteuning van elders te kry wat nugterdenkend is.

Hannahoekom ·

Nienand is so blind soos die een wat nie WIL sien nie! Hierdie cANCer is horende doof en siende blind. “Our people” is grond belowe. Die leiers is ryk genoeg om die land te verlaat die oomblik as dit inplof. En ons, die wetsgehoorsame burgers, gaan maar weereens die las (en skuld) moet dra. Dankie tog die buiteland blyk wakker te wees: ons gaan dalk in die nabye toekoms vir asiel moet aansoek doen. Sad but true.

HOOP ·

Ons tyd van elende kom nog as hulle voort gaan met hulle planne , die besluit sal geneem word , maak nie saak wie se wat , dit is regtig net verbasend dat die regering nie kan sien dat dit naby ons nie gewerk het nie in ons buurland.Die dag as ons begin kripeer sal die blaam seker op die minderheid geplaas word.

lodewyk ·

Kyk dus op die kaarte -SA is klaar besig om op die selfde trant as Zimbabwe te loop -kort nog net die spyker in die doodskis

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.