Internasionale sportmanne maak stemme dik oor plaasmoorde

Kevin Pietersen. Foto: Twitter.

Te midde van ’n vlaag van wêreldwye ondersteuning vir die Black Lives Matter-beweging, is daar ook sportlui wat hul stemme teen plaasmoorde in Suid-Afrika dik maak.

Kevin Pietersen, wat in 2000 Suid-Afrika vir Engeland verruil het en deur kenners soos sir Geoffrey Boycott as een van die beste Engelse spelers ooit bestempel word, het plaasmoorde op sosiale media veroordeel.

“Hoewel ek die afgelope maand oor die wonderlike natuurskoon van Suid-Afrika geskryf het, is daar ’n reusekwessie rakende plaasaanvalle. Dit is ’n daaglikse en tragiese gebeurtenis. Wit boere word gewelddadig aangeval en vermoor, dit is net heeltemal verkeerd en internasionale ingryping word benodig!” het Pietersen op sosiale media geskryf.

Sy kommentaar het kwaai reaksie ontlok: Hy word deur sommiges ondersteun, terwyl ander weer meen dat moorde in Suid-Afrika nie tot ’n spesifieke ras beperk word nie.

Die Engelse kolwer, wat drie agtereenvolgende honderdtalle in sy eerste reeks teen Graeme Smith se Proteas geslaan het, het ’n kort rukkie gelede weer oor die kwessie getwiet.

“As jy net na die reaksie en kommentaar op my twiet van gister kyk, kan jy sien hoe ’n groot kwessie dit eintlik is. Dit is ’n tragiese stand van sake, barbaars en net pleinweg wreed.”

Dan het die bokser en voormalige IBO-kampioen, Chris van Heerden, ook oor plaasmoorde geskryf.

Hy wou destyds sy bekendheid as internasionale sportman gebruik om die wêreld in te lig oor die gebeure in Suid-Afrika nadat sy pa koelbloedig vermoor is.

Danie van Heerden is in Desember 2018 naby Vereeniging doodgeskiet. Daar is destyds berig dat sy vermeende moordenaar op borgtog van R5 000 vrygelaat is.

“Ek is lief vir Suid-Afrika – die reënboognasie. Ek is lief vir die mense en vir alles wat die natuur ons kan bied,” het hy onlangs op sosiale media geskryf.

“Maar wit boere word op ’n gewelddadige wyse teen ’n kommerwekkende koers vermoor en dit word onder die mat ingevee. Dit moet onder die wêreld se aandag gebring word.”

In Amerika is sportwedstryde verlede week tot stilstand geruk ná Jacob Blake, ’n swart man, deur polisie in die staat van Wisconsin geskiet is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

marius ·

Dankie mane . Suster Chips en kie is egter tjoepstil daaroor .

Pieter ·

Ja want Rasisme word net eenkant gesien en wittes luister te gou is tyd ons brand af en verwoes tot ons gehoor word. Rassisme: Soos in Suid Afrika: “Rassisme dui op die sosiale, ekonomiese of politiese diskriminasie teenoor ‘n persoon (Minderhied groepe) gebaseer op ras en/of velkleur en haat. Ook die uitsluiting of weiering van sekere regte en voorregte, soos toegepas word deur BEEE en Black privilege van Suid-Afrika.”- ALL LIVES MATTER!!

Suzette ·

Ek is baie dankbaar dat hierdie manne hulle stemme laat hoor – ek hoop daar volg nog BAIE!! Dit is goed dat die hele wêreld hoor hoe dit in hierdie land gaan. Wonder wat sal gebeur as die buitelandse fondse afgesny word en sekere vereistes gestel word en TOEGEPAS word om minderhede in hierdie land te beskerm. Dan raak die trog leeg vir die kaderregering – ruk die sak en miskien kan dit hulle tot besinning bring.

nell ·

Nou maar as plaasaanvalle dan verkeerdelik ‘n spesifieke ras impliseer, waarna verwys ”Black lives matter” – waarmee die sportlui so oorhoops is – dan??

My siening ·

En blake was n krimineel! So buig maar jou knie want kriminele is die in ding in SA!????

Andre ·

Dankie KP dat jy opstaan vir wat regverdig is. Ek sou graag wou hê die ANC moet die vraag beantwoord naamlik wat dink julle sou ander regerings gedoen het as hulle boere so uit vermoor word. Stil bly gaan ook hier ‘n antwoord wees

...M... ·

So verstaan ek reg…?
Moorde mag nie tot ’n spesifieke ras beperk word nie – maar as dit by lewe was saakmaak kom is daar net een ras wat mag voordeel trek?

Miskruier ·

N volgende berig sê RSA gaan n rekord graan oes hê in 2020. As ons nie ons boere beskerm sal ons vrek van die honger.

Villie ·

In sy speel dae het ek KP altyd ‘n bietjie arrogant ervaar, veral wanneer hy teen SA speel. Die man was egter goed met baie talent. Later jare het ek hom as kommentator in ‘n ander lig begin beskou. ‘n Kenner van die spel. Die vraag is natuurlik ook, en ek weet nie vir seker nie, maar het hy nie na die buiteland gegaan oor kwotas nie? Wat ookal die geval dink ek jy het “guts” in die hudige politieke klimaat om jou sê te sê. Meer as sekere Suid Afrikaners.

Inkpot ·

Dankie Kevin Pietersen.
Die tragedie is dat daar mense in Suid-Afrika is wat redeneer dat dit nie net wit boere is wat vermoor word nie, maar dat daar ook moorde in veral swart woonbuurte is. Dis gewoonlik ook dié mense wat BLM vuriglik ondersteun. Amper erger nog, dat hulle eensydig is en selfs hulle kinders beinvloed.
My dogter se vriend is ń tipiese voorbeeld wat groter lojaliteit teenoor Amerika het as sy eie land. Sy ouers wil altyd polities so “korrek” wees, dat hulle in die proses heeltemal die erns van die situasie ignoreer.
Alle lewens is belangrik, maar die boere is sagte teikens, lewe afgesonderd en moet op bure staatmaak vir hulp.
Die absolute wreedheid en geweld wat hulle moet deurmaak, moet onbeskryflik wees.
Die onmenslikheid daarvan spreek boekdele van die misdadigers.

Niklaas ·

Mooi , Hier is nou een bekende sportman met ruggraat wat sonder vrees sy mening lig en stem dikmaak ter ondersteuning van aksies teen moorde op die plaasboere. Kobus Wiese is ook van daardie stoffasie. Ek wonder net maar , waarom Graeme Smith en sommige ander krieket sterre en ene Francois Pienaar so merkwaardig stil is dan ? Dalks nie genoeg TV kameras op hul gerig nie

Hendrik Marthinus ·

Niklaas
Dink jy Kevin Sal dieselfde kommentaar gelewer het as hy nog krieket gespeel het vir England.
Dink jy hy sou Sy salaris in gevaar gestel het.
Ek Dink nie so nie, hy soek weer geld van Huisgenoot om n onderhoud met hom te voer.
Hy dieselfde Ouderdom as Kallis en Smith etc, toe hy ons verkoop het om in England te gaan speel was daar maar min inmengery met sport
Dink terug hoeveel spelers van kleur was toe in die span.
Almal wat nou oopmaak oor BLM is spellers wat uitgetree het. Hoekom het Hulle nie toe Hulle monde toegehou
Vir my beteken dit een ding: Worry oor myself en my bankstaat

Adeline ·

“Black Matter” dit is die rede vir die wrede ongelooflike haatdraende moorde op blankes!!!

Magda ·

Dankie – BLM is die grootste klug wat daar is – wat van die SWART man wat die WIT 5 jarige seuntjie (sy bure) in die kop geskiet het – hoekom is daar nie ook so n groot lawaai gewees met daai euntjjie se MOORD NIE ALL LIVES MATTER – As ek mag vra hoeveel moorde is gepleeg deur Swart mense en hoeveel deur WIT mense, en ek praat van alle moorde op mense nie net moorde op wit mense nie = kan mens dalk daai syfers iewers kry MM

agnes ·

Kom ons wees realisaties en eerbaar. Bring die doodstraf terug, daarmee spreek ons die satanisme aan. Dis logika

Vrijburger ·

Ook nou ‘n goeie tyd om die kwota diskriminasie aan die groot klok te hang in die buiteland.

J ·

Well done Kevin Pietersen! You have always been outspoken and rightly so!

Black Lives Matter only in countries with White governments such as America and Britain.

In countries with BLACK governments Black Lives don’t Matter. Such as Zimbabwe and South Africa.

No Lives Matter in Africa …. including FARMERS lives!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.