Internasionale Strafhof soek antwoorde van SA oor Al-Basjir

Omar al-Basjir, president van Soedan

Omar al-Basjir, president van Soedan

Die Internasionale Strafhof het Suid-Afrika versoek om te verduidelik waarom pres. Omar al-Basjir van Soedan nie tydens sy besoek aan Suid-Afrika in hegtenis geneem is nie.

Die Strafhof eis in die bevel dat Suid-Afrika teen 5 Oktober sy weergawe van die gebeure moet gee oor al-Basjir se bywoning van die Afrika-Unie-beraad in Junie “met spesifieke verwysing “na hul versuim om al-Basjir in hegtenis te neem”.

Die Strafhof het gesê ingevolge art. 87 (7) van die Roomse Statuut kan daar bevind word dat, indien ‘n lidland versuim om gehoor te gee aan ʼn versoek, die Strafhof ʼn beslissing daaroor kan maak en die saak na die vergadering van staatspartye of die Verenigde Nasies se veiligheidsraad verwys.

Dié verwikkelinge kom kort nadat dit bekend geword het dat al-Basjir Suid-Afrika moontlik weer kan besoek vir die 6de ministeriële konferensie van die forum oor China-Afrika-samewerking (Focac), wat op 4 en 5 Desember in die land plaasvind.

Al-Basjir het in Junie vanjaar vir ʼn opskudding gesorg toe hy Suid-Afrika besoek het om die Afrika-Unie se beraad by te woon. Die Pretoriase hooggeregshof toe gelas hy moet in hegtenis geneem word, net voordat hulle gehoor het hy het reeds die land verlaat.

Basjir word beskuldig van oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom en volksmoord in Soedan se westelike Darfoer-gebied. Twee lasbriewe vir sy inhegtenisneming is in 2009 en 2010 uitgereik. As ʼn lid van die internasionale strafhof is Suid-Afrika verplig om Basjir aan die hof uit te lewer.

Die ANC het hierna versoek dat Suid-Afrika van die Internasionale Strafhof moet onttrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

anet ·

Slim vang sy baas. Ek wonder hoe gaan die regering hulle self los lieg uit hierdie penarie.

Wat nou? ·

Onttrek van die Internasionale Strafhof? As dit so aangaan het ons meer sanksies teen ons as in die apartheidsjare.

Tipies ·

Gin wonder die ander lande wil nie veel met ons te doen he nie.
Waar in jou lewe? Nou ontrek hulle omdat hulle nie by Reels kan bly nie.
Dis baie slapgat!

Martin ·

Nou het hulle lekker moeilikheid. Die Strafhof is nie die sirkus wat SA.Parlement is nie.

Sonneblom ·

Ramaphosa het mos die naweek gese hulle hoef nie vrslag te lewer nie want die hof se wette geld nie vir die ANC nie. Hulle volg hulle eie wette

Winston ·

Zuma het met die hoofregter gesels. Het Zuma hom gesê of het hy vir Zuma gesê? As Bashir nie arresteer word nie moet Zuma arresteer word saam met die verantwoordelike ministers? Wat n gemors en tipies Afrika. Geen reëls nie.
Nou wil SA onttrek want hulle weet wat kom

Martin ·

Waar is ons kenners. Wat gaan die gevolge wees sou die Regering onttrek?

Dave ·

Laaste van tyd is dit asof bekendes vreeslik maklik die tirel ‘politieke ontleder’ toegedig word. Nou kan ‘n ‘politieke ontleder’ gerus ontleed wat die Internasionale Starfhof se opvolgaksies kan wees indien Suid Afrika deel van die lidlande bly maar skuldig bevind word aan minagting van die starfhof en dan ook wat sou gebeur indien Suid Afrika ontrek èn of dit ook anders sou wees omdat suid Afrika dan làter (na minagting) ontrek het.

Martin ·

Dave, wat ek nou gisteraand van die nuus verstaan het is as die stafhof die verskoning (leun) verwerp, kan hulle by die VN. appeleer. Wat dit ookal beteken of die gevolge vir die ANC en SA mag inhou. Nou is daar nog die ding van Dirk Herman wat in Gineve ons saak oor rassisme en onregverdige regstellende aanstellings aanspreek. Klink my die klomp sal moet leuns (verkonings) begin regkry. Ek sal nog steeds graag ons kenners se mening wil hoor.

Henry ·

Ek is vir seker nie ‘n politieke ontleder of kenner van internasionale reg nie, maar die paragraaf hierbo wat begin met: “…Die Strafhof het gesê ingevolge art 87(7)…” stel my tevrede dat die ANC regime nog heelwat duwweltjies op die afdraende pad wat hulle ingeslaan het, kan verwag.
Mens het werklik nie ‘n kopdoek, ‘n kaftan of ‘n titel nodig om dit raak te sien nie

Henry ·

Beide uiteindelik, maar in konteks van die onderwerp – die ANC regime.

Willie ·

ANC/regering regtig kinderagtig en sleep alweer die land se naam deur die modder!
As hulle nie binne die reels wil speel nie, wil hulle die reels buig soos hulle wil, of dan sommer hulle wip en nie meer saamspeel nie.

As die Springbokke so iets in die wereldbeker wil doen, word hulle uitgeskop en huistoe gestuur!!

Kobus ·

Die RSA-regering huil gedurig dat hulle ‘n permanente lid van die VN-Veiligheidsraad wil word – wonder hoe gaan hulle dit nou regkry as hulle die VN op hierdie wyse ondermyn?

George ·

Ek wil nie snaaks wees nie hulle (ANC) tree nou regtig soos kinders op (wil nie doen wat van hulle verwag word nie) as hulle nie hullle sin kry nie gooi hulle hulle speelgoed uit die stootwaentjie uit(nou wil hulle ontrek).
Raak groot en “Face” julle gemors.Julle dink julle kan so maklik daarmee weg kom,ek glo nie omdat die daad gepleeg was toe ons(ZSA) nog deel van die internasionale strafhof was.
Julle krap nou waar dit nie juk nie.

Louw ·

Alles word mos op aparheids jare geblameer,wie wil hulle nou blameer

Frans ·

Die vraag is? Hoekom het hulle hom hier toe gelaat en nie oor gegee nie. Kyk waarvoor soek die Wereld hof hom! Ons staat leer by ouens soos hulle en kry advies hoe om hulle planne uit te voer vir Suid Afrika!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.