Internasionale toekenning vir maatskappy wat Sol-Tech-kampus ontwikkel

Die Sol-Tech-kampus. (Argieffoto / Maroela Media)

Die eiendomsbeleggingsmaatskappy Kanton is vandeesweek met ʼn internasionale toekenning vir sy ontwikkeling van die Sol-Tech-kampus in Centurion vereer.

Die Titan Property Awards is ʼn internasionale platform wat erkenning aan uitsonderlike eiendomsontwikkelings wêreldwyd gee.

Luidens ʼn verklaring deur Titan vereer die toekenning die “mees formidabele projekte in argitektoniese ontwerp, interieurontwerp, eiendomsontwikkeling en vaste eiendom”.

“Ons beloon uitstekende ontwerpe en idees, innoverende konsepte en baanbrekerstrategieë vir die ontwikkeling van besonderse eiendomme.”

Die maatskappy het die Sol-Tech-kampus onder die kategorie vir ontwikkeling en subkategorie “opleiding” ingeskryf en ʼn tweede plek losgeslaan. Daar was in die geheel meer as 600 inskrywings vanuit 31 lande wat deur ʼn paneel kundiges beoordeel is.

Die nuwe Sol-Tech kampus is in Maart vanjaar ingehuldig. (Foto: Mia Slabbert)

Bouwerk aan die moderne Sol-Tech-kampus het in 2019 begin en is eindelik onder begroting teen ʼn besparing van ongeveer 10% en teen die ooreengekome spertyd aan Sol-Tech oorhandig. Die gebou is in Maart vanjaar amptelik in gebruik geneem.

“Vir Kanton is dit ʼn wonderlike prestasie, gegewe die begroting wat ons gehad het om ʼn gehalte-eiendom te ontwikkel.

“Ons beskou die toekenning ook as erkenning aan Sol-Tech,” sê Henk Schalekamp, besturende direkteur van Kanton.

Schalekamp sê Kanton Eiendomme, wat deur Solidariteit gestig is, is “ʼn vennootskap tussen kultuur en kapitaal, wat ʼn goeie finansiële opbrengs én ʼn kulturele dividend in die vorm van leefruimtes vir Afrikaans bied”.

Daarom, sê Schalekamp, is die erkenning van gehaltewerk deur die maatskappy om verskeie redes belangrik.

Een van die werkswinkels waar Sol-Tech-studente praktiese opleiding kry. (Foto: Maroela Media)

“Op ʼn geestelike vlak strewe ons daarna om lewende monumente van hoop te ontwikkel, wat alles wat mooi, goed en reg in die lewe is, verteenwoordig.

“Tweedens moet die eiendomme wat ons ontwikkel tot die gemeenskap en hul identiteit spreek.”

Schalekamp sê dit is ook belangrik dat die gemeenskap vir wie hierdie “monumente van hoop” geskep word, trots kan wees op die werk wat gedoen word.

“Verder is die erkenning van gehaltewerk ook uit ʼn sakeoogpunt belangrik, veral in die lig van toekomstige beleggings in die vele projekte wat ons nog wil aanpak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Di ·

Baie geluk! wonder net hoe lank hierdie plek mooi gaan bly voordat dit ook verwoes word.

Henning ·

Diline, jy hoef nie te wonder nie, die plek sal mooi staande en in tip top kondisie bly, . Dit behoort nie aan die kaders nie

Nie Verbaas ·

Lekker klap in die gesig vir die BEE ANC. Hulle moet maar eerder by bou van hoenderhokke bly.

JohanR ·

Selfs die hoenderhok sal na twee weke omval, en die tender vir die hoenderhok sou R30 miljoen beloop!

Nie Verbaas ·

Heeltemal waar. Kyk net na die pragtige stadion van R15 miljoen.

Patch ·

Welgedaan! Voorwaar ‘n opleidingskollege om op trots te wees. Wêreldklas gehalte.

JM ·

Briljant!! Baie geluk met hierdie uitmuntende prestasie! Mag Sol-Tech van krag tot krag gaan.

Amanda ·

Hoe van pas is julle slagspreuk “Ons sal self” nie nou nie? Dit is n fantastiese prestasie, baie geluk!

Elizabeth ·

Prag werk en uitstekende diens met 10% onder begroting. Dit wil gedoen wees.

jzjz05 ·

Daar was nie mense wat hul hande in die koekie blik gesteek het nie

Johan ·

Wonderlik,Solidariteit. Ek hoop die 2de een word êrens in die Boland gebou,byv in ń Afrikaner hartland dorp soos die Paarl of selfs Stellenbosch.,

Agge nee ·

Volgende een in Stellenbosch asseblief, dan kan Afrikaanssprekende Maties soontoe gaan en kan hulle weer in hulle eie taal leer. Honderde kleurling en blanke kinders is sonder ‘n Universiteit noudat Maties gehensop het.

Winnie ·

Dit wys jou net wat kan gedoen word as daar nie vuil skelm handjies in die koekieblik is nie. Trots op julle Solidariteit met julle wen projek

Jack ·

Wys jou maar net watter verskil dit maak waar ons betrokke is. Baie geluk

Strandloper ·

Wel gedaan. Ons kan, ons wil,ons sal bo uitkom soos nog altyd!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.