‘Interne probleme rede vir ANC-nederlaag in Coligny’

Premier Supra Mahumapelo. Foto: ANA

Probleme in die binnekringe van die ANC is die rede hoekom die ANC ʼn setel in die tussenverkiesing in Coligny in Noordwes afgestaan het, het Supra Mahumapelo, premier en ANC-voorsitter, in Noordwes gesê.

Hy het gesê die kiesproses vir die kandidaat was foutief. “Die kandidaat se naam is gefinaliseer op die dag voor die name by die OVK (die Onafhanklike Verkiesingskommissie) ingedien is en dié proses was foutief,” het hy gesê in reaksie op die uitslae van die tussenverkiesing van Wyk 15 in die Ditsobotla-munisipaliteit.

“Die redes hoekom ons verloor het, is nie ekstern nie maar intern. Ons het nie seker gemaak dat die kiesproses van die kandidaat die volmaakte, alles-insluitende demokratiese proses is nie. Daar is mense wat nie gelukkig is met die kandidaat nie,” het Mahumapelo gesê.

“Die tweede rede hoekom ons verloor het, is weens ons eie interne verskille binne die tak in Wyk 15 in Coligny, so ons sal daardie probleem moet aanpak.”

Mahumapelo, wat tans ʼn golf van gewelddadige protesoptrede moet hanteer deur mense wat sy bedanking eis, het gesê nog ʼn rede vir die nederlaag is die gebrek aan dienslewering in die gebied, wat die gemeenskap kwaad gemaak het.

Bongani Patrick Cekiso van die EFF het die tussenverkiesing net-net gewen met 36,48% van die stemme in vergelyking met die 54% wat die ANC in die 2016- munisipale verkiesing ontvang het. Altesaam 48% stemgeregtigdes het gestem.

Volgens die uitslae wat die OVK bekendgemaak het, het die EFF met net 11 stemme gewen. Die party het 699 stemme ontvang, die ANC 688 stemme, die DA 374 en die VF Plus 124. ʼn Onafhanklike kandidaat het 32 stemme gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pieter ·

Ja Supra, jy is korrek. Dit is die ANCircus se eie skuld dat die setel afgestaan is. En dis maar steeds dieselfde ellendes wat julle van die begin af veroorsaak het, wat daartoe gelei het – naamlik interne verskille, korrupsie, onbevoegdheid, en seker die grootste rede van almal, julle luister nie.

Oom Kalahari ·

Mnr Supra, jy het ‘n aandeel tot hierdie gebeurtenisse.

Gerrit ·

Die probleme is dit diefstal,korupsie onbevoegde persone in hoë posisies ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.