Internetprobleme tref SA 

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Duisende Suid-Afrikaners sukkel om toegang tot die internet te kry of bepaalde aanlyn dienste te gebruik nadat ondersese internetkabels Donderdag probleme begin gee het.

Die kabels, wat internetdienste reg oor die wêreld moet verskaf, strek van die weskus van Afrika tot in Europa. Die probleem het na verneem word in Senegal en die Ivoorkus ontstaan. ʼn Gebrek aan internettoegang is van middagete se koers af opgemerk, toe Suid-Afrikaners van reg oor die land begin kla het hulle sukkel om toegang tot FNB, LinkedIn, Microsoft en ander internetplatforms te verkry.

Die nasionale kommunikasieowerheid het Donderdagmiddag ʼn boodskap uitgestuur waarin Suid-Afrikaners oor die probleem ingelig is.

“Dit is belangrik om kennis te neem dat mobiele netwerkoperateurs onverpoos werk om dienste ten volle te herstel. Die kommunikasieowerheid monitor die situasie en sal verdere inligting aan die publiek beskikbaar stel soos dit bekend word.”

Vodacom is een van die diensverskaffers wat hierdeur geraak word. “Van ons kliënte kan tans nie toegang tot die internet kry nie. Ons vra om verskoning vir die ongerief wat dit tot gevolg kan hê en sê dankie vir julle geduld terwyl die probleem hanteer word,” het die selfoondiensverskaffer op X gesê.

Volgens MyBroadband is veral Microsoft Azure se dienste geraak, met verbruikers wat glad nie toegang tot Microsoft Office 365 of Microsoft se aanlyn datastoorplek kon kry nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JD ·

Soos Koos Kombuis sing:
“Jaaaaa, jaaaa, welkom in Suid Afrika”

ben ·

Senekal!? In die Vrystaat ?? Hokaai nou, julle bedoel seker Senegal, die land in Wes Afrika ? Aarde tog.

Delia ·

JD, ander lande word ook geaffekteer. Soveel van negatiwiteit. Jy leef in Utopia as jy dink daar sal nooit probleme in jou lewe wees.

piet ·

Was af vir ‘n kort rukkie gister. Ek moet se my internet is baie stabiel en is omtrent nooit af nie. Ek het een van hierdie onbeperkte data planne en doen BAIE streaming. Kan nie kla nie.

Spookasem ·

Storing data online is nuts. No internet, no data. I only use it as a backup, when my external backup hard drives are full. Then buy another external hard drive. Don’t be at the mercy of others. Make yourself as self-sufficient as possible. One day the WEF / NEW WORLD ORDER will take over completely. They don’t like your politics? Pooff there goes your data ‘in their care..’ up in smoke…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.