Interpol en kie trek swendelaars in Jhb vas

(Argieffoto: Pixabay)

Die Valke, Interpol en die Amerikaanse geheimediensagentskap het kragte saamgesnoer om toe te slaan op ʼn georganiseerde aanlyn swendelsindikaat wat glo miljoene rande uit ʼn Amerikaanse onderneming geswendel het.

Sewe verdagtes is in hegtenis geneem is in verband met ’n beweerde swendelary en het Vrydag in die Palm Ridge-handelshof in Johannesburg verskyn op aanklag van bedrog en geldwassery.

Volgens brig. Thandi Mbambo, woordvoerder van die Valke, spruit die inhegtenisnemings uit ’n voorval wat in April 2020 aangemeld is, toe ʼn Amerikaanse onderneming uit sowat R8 miljoen ($500 000) bedrieg is en die geld daarna na verskillende Suid-Afrikaanse bankrekeninge oorgeplaas is.

Die Valke het op 31 Maart vanjaar op verskeie persele rondom Johannesburg toegesak en sewe verdagtes – vier mans en drie vroue tussen die ouderdomme van 25 en 42 jaar oud – in hegtenis geneem.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, het die multidissiplinêre span geloof vir die goeie werk wat tot dié vermeende swendelaars se inhegtenisneming gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ronel ·

Ek is my leeftyd al n RSG luisteraar. My radio is nou meer af as aan. Dis n groot teleurstelling. RSG gaan nie meer dieselfde aanhangers he nie. Dis baie sad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.