Interpol soek amptelik na Guptas

Atul Gupta (Argieffoto)

Interpol het nou amptelik sogenaamde rooi kennisgewings vir Atul en Rajesh Gupta uitgereik in ʼn poging om die twee broers na Suid-Afrika terug te bring sodat hulle hiér verhoor kan word.

Die broers word gesoek in verband met aanklagte van bedrog en geldwassery.

Interpol het egter geweier om rooi kennisgewings vir hul vroue, Chetali en Arti, uit te reik.

Hermione Cronje, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat (OD), het Dinsdag aan Maroela Media bevestig dat die rooi waarskuwings uitgereik is.

Dít volg sowat sewe maande nadat die OD in Julie verlede jaar aangekondig het dat hy rooi kennisgewings teen die broers en hul vroue bekom het, maar dit later duidelik gemaak het dat hierdie kennisgewings slegs “onder oorweging” is.

Die rooi kennisgewings wat wel nou uitgereik is, hou verband met die R25 miljoen-saak rakende Nulane Investments wat in Junie weer in die Bloemfonteinse hooggeregshof aangehoor sal word.

Dié saak hou verband met beweerde tenderbedrog ten bedrae van R24,9 miljoen wat tussen November 2011 en April 2012 deur die Vrystaatse departement van landbou aan Nulane betaal is.

Van Nulane is die geld oorgeplaas na Islandsite Investments, ʼn maatskappy wat deur die Guptas besit en bestuur word.

Die R24,9 miljoen is glo aan Nulane betaal om ʼn lewensvatbaarheidstudie te doen vir die Vrystaatse departement van landbou se Mohoma-Mobung-projek – op die grondslag dat Nulane die unieke vaardighede het om dit te doen.

Die omstrede Vrede-suiwelprojek wat aan Estina, ʼn oënskynlike bemagtigingsmaatskappy, toegeken is, is ingevolge dieselfde program op die been gebring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

MrMagic ·

R25 miljoen is kleingeld vir hulle. Die mense is veronderstel om vir miljarde van Eskom en Transnet ook ondersoek te word.

Axel ·

Die goed sit in Suid Afrika. Ek werk vir Internasionale Maatskappy wat bande met hulle het. Wit, mag nie Arfikaans praat nie in die Werks omgewing nie. Hulle sê werk is werk, ek verloor eerder my werk as om te wees ek het bloed op my hande

Cherokee ·

Nou ja, nooi hulle om Suid Afrika te besoek. Hulle sal verras wees met die groot ontVANGS op die lughawe.

Stofdonkie ·

Rooi kennisgewings word deur interpol op hulle webtuiste gelys. Daar is geen rooi kennisgewings uitgereik nie. Iemand is besig om die publiek iets te voer hier en dit proe nie na sjokolade nie. MM, gaan kyk self op die webtuiste van Interpol en doen ook sommer berig dat Interpol self nie eers weet hulle het die rooi kennisgewing uitgereik nie

Trompie12344 ·

Wakker word interpol plaas nie all rooi kenisgewings op hulle publieke website nie.

Stofdonkie ·

Kom by, gaan lees hulle webtuiste. Dit is dan reeds wat ‘n rooi kennisgewing is, is om alle owerhede in kennis te stel van gesoekte persone.

Philip ·

Ek het nou onlangs verneem dat die kerrie disse in die SA tronke voorsien word van uitstaande gehalte is dit is net n kwessie van kom proe.

Stofdonkie ·

Nee, die probleem is dat Suid Afrika nie geld het vir vliegtuig kaartjies om hulle te gaan haal nie, en self nie vliegtuie het wat meer so ver kan vlieg nie

JohanR ·

Hardloop broers hardloop. Soe enige iemand wat weet waar hulle is kan hulle nou gaan haal. Daar moet ‘n paar harde baarde Recce’s wees wat hulle kan gaan haal?

Hendrik ·

Hulle kan bly wees Mossad is nie agter hulle nie. Dan was hulle oornag gehaal in enige werelddeel en in n oornag low level vlug teruggebring. Maak nie saak of dit Argentinië of Uganda is nie.

Wielspore ·

Die Guptas gaan moontlik hul eie tronk in SA bou voordat hulle gevonnes word, lekker 5 ster selle met ‘n kombuis wat eksotiese disse voorberei.

Hendrik ·

Soos Pablo Escobar. Hulle sal nog staatsfinansiering ook kry. Ten minste het PE sy eie geld gebruik.

Cherokee ·

‘n Betroubare bron het laat weet AfriForum het reeds kaartjies gekoop om hulle te gaan haal.

Marina ·

Uit te lewer aan Suid-Afrika …. verhoor … hoe lekker lag ek nou.

SlinkseKoljander ·

As hulle hier verhoor word gaan dit soos die Zondo komissie eindig, niks gaan aan hulle gedoen word nie. Ek is seker Cybil en Zuma sal sorg vir hulle vriende wat hulle so ryk gemaak het.

pieter ·

Vra vir die korrupte regering , hulle weet waar die skelms is .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.