Intimidasie, saakbeskadiging versuur goudstaking

Die goudmynmaatskappy Sibanye-Stillwater sê geweldpleging kom steeds voor by sy bedrywighede weens die voortslepende staking, nadat die naweek taamlik rustig verloop het en werknemerbywoning verbeter het.

Die situasie by die Beatrix- en Driefonteinmyn bly veral gespanne waar stakende werkers skade aan eiendom aangerig en toegang tot Sibanye se persele versper het, het die maatskappy Woensdagoggend gesê.

Sowat 15 000 Amcu-lede het verlede Woensdag tydens die aandskof met ʼn beskermde staking begin nadat loononderhandelings ʼn dooiepunt bereik het. Die vakbond dring aan op ʼn minimum salaris van R12 500 per maand en ʼn verhoging van R1 000 per jaar oor drie jaar. Sibanye sê dis onbekostigbaar.

Kort nadat die staking begin het, is ʼn mynwerker gedood en talle ander beseer in ʼn skietery en messtekery by die Beatrixmyn by Welkom en die Kloofmyn in Johannesburg nadat Amcu en strydende vakbondlede slaags geraak het.

Sibanye het toe die arbeidshof genader om ʼn dringende hofbevel te kry om nog geweldpleging te keer.

Woensdag se geweld is ʼn regstreekse oortreding van die bevel wat die arbeidshof uitgereik het.

Die maatskappy sê Woensdag se geweld is ʼn regstreekse oortreding van die bevel wat die arbeidshof uitgereik het.

“Sibanye-Stillwater respekteer Amcu-lede se reg om te staak en ondersteun werknemers wat wil werk se reg om dit te doen,” sê die firma in ʼn verklaring.

“[Maar] deur hul onwettige optrede verhoed stakende werknemers dat ander werkers hul reg uitoefen om te werk en so laat hulle werknemers wat nie wil staak nie geldelik skade ly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Corrie ·

Manie maklik om te se maak die myn toe. Daar is baie mense wat daar werk , Waar Gaan hulle heen

Chris Ws ·

En onse president Ramaja kyk anderpad.Maar HY wil he die buiteland moet hier kom bele??Hy leef in ‘n gekke paradys !

IK ·

Op die meegaande foto is daar vyf vereistes om aan te voldoen. Volgens my mening is veral in mynbou hierdie doelwitte ‘n moet. Die werkers kry volpunte om net mooi netjies die teenoorgestelde te doen. Die koei word gemelk sonder genoeg voeding totdat sy van uitputting neerslaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.