Investering in Lily-myn verwelkom

Foto: http://www.vantagegoldfields.com/

Foto: http://www.vantagegoldfields.com/

Die vakbond Solidariteit het vandag die buitelandse investering in die mynmaatskappy Vantage Goldfields Limited (Vantage) verwelkom.

Dit volg nadat ’n Kanadese maatskappy, AfroCan Resources Gold Limited (AfroCan), bekendgemaak het dat hy van plan is om vanaf 1 Junie vanjaar ’n bedrag van nagenoeg $11 miljoen oor ’n tydperk van twee maande in Vantage, wat sowel die Lily- as die Barbrook-myn besit, te investeer.

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, het die hoop uitgespreek dat hierdie investering onmiddellik tot die betaling van alle uitstaande vergoeding wat aan Lily-mynwerkers verskuldig is, sal lei. Verder sal dit hopelik ook meebring dat alle werkers wat afgelê word dadelik hul afleggingspakkette sal kan ontvang. “Ons is dankbaar dat alle kapitaalprojekte wat in die besigheidsreddingspraktisyn se goedgekeurde reddingsplan vervat is, nou danksy hierdie finansiering ʼn aanvang sal kan neem en dat die myn sodoende binne ʼn jaar weer in produksie kan wees,” het Du Plessis gesê.

“Ons hoop dat die drie vermiste werkers se liggame binne die volgende ses tot agt maande gevind kan word soos waarvoor daar in die besigheidsplan voorsiening gemaak word,” het Du Plessis gesê.

Du Plessis het voorts die bestuur van Vantage Goldfields sowel as die besigheidsreddingspraktisyn gelukgewens met hierdie reusestap om die Lily-myn weer in produksie te kry. “Ons versoek dat die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) ook verdere finansiering sal bewillig sodat die Lily-myn vir die beswil van die werkers en Suid-Afrika as ’n geheel binnekort weer in werking sal wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Spioen ·

Nou toe nou…het geweet daar is geld betrokke. Dis hoekom solidariteit nie wou bekend maal wat het regtig gebeur by die myn nie. So ja eers sou daar een groot nuus die volgende dag beken gemaak word. En toe het daar niks gebeur nie.

Nic Eksteen ·

Wonderlik Hierdie mense kry baie swaar dit sal uitkoms wees vir baie families en selfs hulle huisdiere Barberton gemeenskap en DBV het gegee maar kan ook net tot op n punt

Gesiggie ·

Ja nee as iemand van oorsee nie intree, sal niks gebeur, volgens laate keer sou die 3 mense se liggame teen Augustus uitgehaal word, nou weer 6 tot 8 maande, ek wil nou nie kras klink, maar regtig dan kan jul hul maar net sovel daar laat rus… wil nie eers daaraan dink hoe onbind hierdie liggame al moet wees…maar Glo dat die Familie hul self wil begrawe… ek is bly dat die res van die mynwerkers hul vergoeding sal kry..Solidariteit weet seker wat die beste is.

Henk ·

Solidariteit,maak die nuus bekend wat julle wou bekendmaak,waarom die stilswye?Moenie dat ons skepties staan oor jul motiewe!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.