Invloedryke struggle-stem teen onteiening sonder vergoeding

Adv. George Bizos.

Die stryd teen onteiening van grond sonder vergoeding het vanoggend ʼn enorme hupstoot gekry toe adv. George Bizos hom teen ʼn wysiging van die Grondwet uitgespreek het.

Bizos is die land se voorste menseregte-advokaat. As enigste oorlewende lid van die Rivonia-regspan en die regspan wat die kommunis Bram Fischer verdedig het, en as oudpres. Nelson Mandela se jare lange regsverteenwoordiger is sy invloed en morele statuur in die regerende ANC werklik enorm.

Bizos was vanoggend in gesprek met regter Edwin Cameron van die konstitusionele hof voor ʼn groot gehoor by die Universiteit Stellenbosch se Woordfees, en het hom sterk uitgespreek oor die grondkwessie.

“Ek is bekommerd oor wat besig is om met die grondkwessie te gebeur. Artikel 25 van die Grondwet het agt subartikels van wat die regering behoort te doen om die ongeregtighede van die verlede met betrekking tot grond reg te stel. Artikel 74 van die Grondwet gee verdere leiding hieroor.

“Die Grondwet se bepalings is heeltemal voldoende om die saak reggestel te kry, maar behalwe vir ʼn tydperk tydens die Mandela-bewind het die regering net mooi niks gedoen nie – net mooi niks!” het Bizos gese.

“Ek stem saam met die voormalige adjunkhoofregter, regter Dikgang Moseneke, dat die stadige vordering met grondhervorming te wyte is aan korrupsie en onbeholpenheid in die regering.

“Vir die jonges wat tans aanvoer dat alle wittes kolonialiste is, wil ek vra of ek ook een is. Ek dink nie ek is nie,” het Bizos voortgegaan.

“Wees versigtig voor jy die Grondwet wysig. Die huidige Artikel 25 is heeltemal genoegsaam. Daar is byvoorbeeld genoeg ruimte om onbewerkte grond te onteien – ook waar dit al generasies in ʼn familie se besit is, maar die huidige eienaars stedelinge is wat dit net soms gebruik om saam met vriende te jag.

“Waar niks geproduseer en geen belasting betaal word nie, is daar ruimte om teen baie klein koste binne die bepalings van Artikel 25 te onteien. As die eienaar hof toe gaan, sal die hof ten gunste van die regering beslis,” het Bizos voorspel.

Sy uitlatings sal verdere stukrag gee aan die groeiende beweging teen die EFF-voorgestelde en ANC-gesteunde parlementsbesluit verlede week dat ʼn parlementêre komitee teen Augustus moet terugrapporteer oor hoe die Grondwet gewysig en onteiening sonder vergoeding afgedwing kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Eish ·

Die liberales begin ook die pyn van hul kleur ervaar. So is alger verblind deur die woordgimnastiek van die bevrydingsteologie waar die verbloemde agenda nou kaktusse baar.

WEE die wat onreg uitdink en kwaad smee op hulle bedde; by die môrelig voer hulle dit uit, want dit is in die mag van hulle hand. Ja, hulle begeer velde en roof dit; ook huise en neem dit. So pleeg hulle dan geweld teenoor die man en sy huis, teenoor die mens en sy erfdeel. Daarom, so sê die Here : Kyk, Ek bedink onheil teen hierdie geslag, waar julle jul nekke nie sal kan uittrek nie, en waarby julle nie regop sal kan loop nie; want dit sal ’n tyd van onheil wees!
MIGA 2:1‭-‬3 AFR53
http://bible.com/5/mic.2.1-3.AFR53

So waar ·

As ons volk net aan die voete van die Here bly, sal HY die ongeregdes uitroei.
Ons GOD slaap nie. Op die regte tyd sal God intree.
Die Here het gesê as ons moet Hom herrinner aan sy beloftes.

PJC ·

Foeitog dit lyk of hierdie nou na al die jare eers agterkom wat wat hy einlik al die tyd verdedig en ondersteun het. Seker wysheid met die grysheid.

Jerry ·

Malema gaan Bizos uitkryt as n verraaier! Meer prominente ANC lede gaan hulle stemme by Bizos se stem voeg mbt die regte manier om die grondkwessie te hanteer. As die EFF dink die DA het hulle verraai mbt die grondkwessie dan sien ek die ANC die EFF verraai nog voor hulle enige koalisies met die ANC kan sluit.

Alida ·

Dankie Mnr Bizos probeer dit net in die rooi ongeletterdes se koppe inkry. Ek stem gee vir hulle onbewerkte grond dan kyk ons of hulle dit voordelig sal uitbrei tot voordeel van almal. I have my doubts.

Selfbeskikking ·

Hierdie vlaag van kommunisme is nou ons geleentheid om ons eie land voor te onderhandel. Ons kan nie so aangaan nie, tyd vir ons eie land, hulle wil ons mos weg hê.

Erick ·

Ons is nie in ‘n posisie om te onderhandel nie want ons het niks om mee te onderhandel nie. Ons het geen kaarte in ons hand nie.

Johan. H. ·

Al hoekom hy dit doen is omdat hy bang is sy bates kom in gedrang,,,Al rede,, Like hom niks,,,, Nee ! PJY, nie wyshyd met grysheid nie,, Bangheid met ouderdom,,,Hy veral weet waartoe hulle instaat is.!!

Vermeende ·

Is Bizos dan deel van die ANC se uitvoerende gesag wat reeds die beleid vergoeding sonder kompinsasie aanvaar het, nee vrinne die ANC van Mandela het ge-morf, hy het n meer militante baaitjie loop aantrek.
Ne so terloops, Bizos se die grondwet soos hy nou staan is genoeg om onproduktiewe grond te onteien. Nee my vriend, in geen landbou akte staan daar geskryf hoeveel daarop geproduseer moet word nie, dit is nog steeds diefstal. Dit wat jy gekoop het met jou geld kan jy mos gebruik soos jy goed dink.
Beteken Bizos se argument dan as sy kar nie elkedag ry nie dat ek hom maar kan vat want ek het dit nodig. Dink mooi mense, politiek is n vuil spel.
Jy koop dit of jy los dit maar vat gaan julle nie grond vat nie.

Koos ·

Beteken dit AfriForum gaan nou Oom George se seun laat wegkom?

VanAfrika ·

Mnr Bizos, word jy nou bang, dis dalk bietjie te laat? Julle liberals het vir hulle regte baklei, nou kom hulle vat wat hulle “dink” hulle sin is, hulle kom vir jou goed ook. Van hulle was nie Mandela goedgunstig nie omdat hulle gedink het Mandela staan vir die blankes ook, hulle voel vere vir jou, jy is wit wat hulle betref.

Chappie ·

LOL mnr Bizos jou taak is afgehandel, die ANC het jou gebruik om die witmense by te kom en om hulle aan bewind te bring want jy was in die binnekringe en het al die jare vir gelyke regte geveg vir swartes, nou het hulle MEER regte as wittes, nou skielik pla dit jou? Ek haal egter my hoed vir jou af dat jy nou daarteen opstaan, maar soos FW de Klerk en Kie is dit alles Too Little Too Late. Ongelukkig het julle almal die ANC gehelp om aan bewind te kom maar niemand het voorsien hulle gaan oorneem en ook JULLE van julle regte ontneem nie. Jy is die verkeerde kleur, niemand gaan na jou luister nie, en jy is klaar gebruik en uitgespoeg soos ‘n ou chappie.

Riana Stadler ·

As regering al d plase opkoop wat in landbou week blad geadverteer word sal hulle glu baie grond beskikbaar hê vir herverdeling. Wat word v d boere se skuld as alles net gevat word. Kyk wat gebeur nou in Zimbabwe hulle soek d boere terug want ekonomie is swak en daar is geen kos

Blondie ·

Ek verstaan nie hoe kan jy iets by iemand vat wat die person voor betaal het nie of eerder nogsteeds aan afbetaal nie. Dis mos eintlik die bank se eiendom tot dit klaar betaal is. Hoeveel eiendom is op gesit as sekuriteit vir oortrokkefasiliteite by die bank ens ens??

Theresa ·

Verwys na sy: ‘n stedeling wat net nou en dan met sy vriende gaan jag.
M a w jul wil voorskryf wat ‘n persoon met sy plaas/eiendom moet doen (waarvoor hy wettig betaal het of dit geëerf het? Darem ook nie reg nie!!
Wat gaan die meeste mense in elk geval doen met grond wat hul net kry. Daar is glad nie ‘n antwoord daarvoor nie, is daar?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.