Invoerder van luukse motors in hof vir bedrog

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voormalige versendingsbestuurder by die Viglietti Motor-groep sal in Oktober verhoor word op verskeie aanklagte van bedrog ter waarde van R2,9 miljoen.

James Sbusiso Xulu (38) het Woensdag in die gespesialiseerde kommersiëlemisdaadhof in Bellville verskyn en die saak is tot 11 Oktober uitgestel vir verhoor.

Volgens die klagstaat is Viglietti Motors in Kaapstad die amptelike invoerder en agent van Ferrari en Masserati in Sub-Sahara Afrika. Xulu is in November 2009 aangestel as Viglietti Motors se versendingsbestuurder en is later bevorder tot Market Demand Trading, ʼn filiaal van Viglietti Motors, se versendingbestuurder.

Xulu moes as versendingsbestuurder toesig hou oor die invoer en uitvoer van Ferrari en Masserati-voertuie.

Die staat voer aan Xulu het tussen 2011 en 2013 ʼn totale bedrag van R2 955 043 van die groep se Nedbank-rekening na sy private Standard Bank-rekening oorgeplaas.

Xulu staan tereg op 34 aanklagte van bedrog en diefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Koos ·

Shame, hoe dink julle hoe kom hy Anders geld bymekaar maak om self so n kar. Te koop

Wern ·

Shame. Ook maar net honger en skoolgeld vir sy kinders nodig gehad.

Scalla ·

Het die motorgroep nie ouditeure en interne kontroles in plek nie, glad nie n goeie advertensie vir die besigheid nie.

HANS ·

Ek glo juis dat hierdie saak op die lappe gekom het a.g.v. oudits. Dit is nie altyd maklik vir n ouditeur om summier op ongerymdhede af te kom nie. Die skelms is gewoonlik baie kreatief. Kyk maar net hoe lank het dit in die “gesofistikeerde” VSA geneem om die Enron-debakel aan die kaak te stel en nee, ek is nie n ouditeur nie…..

Jef ·

Mooi man as ek die geleentheid sou kry sou ek dit ook doen, as jy iets doen dan moet jy dit goed doen en hy het dit gedoen.

Koolkop ·

Jef Dan is jy net so n groot krimineel soos die ander. Ek hoop jy geniet die land of n die wiel sal draai.

Mike ·

Maar net R 2.9 dis dan net een kar,hy kon een geleen het en verkoop het….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.