Invoertariewe ‘katastrofies’ vir die ekonomie

Suid-Afrikaanse vleisvervaardigers het Donderdag gewaarsku dat ʼn oorhaastige besluit, om invoertariewe te hef op hoenderprodukte van nie-EU- en SAOG-lande, tot ʼn tekort aan pluimvee in plaaslike markte kan lei en plaaslike vervaardigers sal nie aan die aanvraag kan voldoen nie.

ʼn Onafhanklike studie, onder leiding van die Vereniging van In- en Uitvoerders van Vleis (Amie), oor die Suid-Afrikaanse hoenderbedryf, het bevind dat plaaslike vervaardigers nie vervaardiging verhoog het om te voldoen aan die groter aanvraag nie, ondanks bestaande hoë vlakke van handelsbeskerming.

Amie het gesê die navorsing, deur die internasionale besigheidsadviesgroep, FTI Consulting, wys dat beduidende tariefverhogings in die bedryf tot ʼn afname kan lei in plaaslike hoenderprodukte – ʼn afname van 44 650 ton word beraam as huidige voorstelle aanvaar word.

Vleisinvoerders het gesê die afname in volume sal in die eerste jaar tot hoër pryse en ʼn geraamde verlies van R1,1 miljard in die BBP lei, gevolg deur ʼn verhoging in tariewe, groter werkloosheid en ʼn verdere daling in plaaslike verbruik en belegging.

Dit is teenstrydig met Suid-Afrika se groot pluimveevervaardigers onder die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging, wat aansoek gedoen het vir tariefverhogings op invoere van tussen 12% en 37% tot 82% om die plaaslike bedryf teen invoere te beskerm.

Paul Matthew, uitvoerende hoof van Amie, het gesê die oplossing is om ʼn vryemarkbenadering te volg waar invoere toegelaat word om die plaaslike aanbod aan te vul, waar plaaslike vervaardiging ʼn tekort het.

Matthew het gesê die navorsing dui daarop dat die tekort in hoenderprodukte, wat veroorsaak sal word indien die nuwe strafmaatreëls op die voorgestelde vlakke ingestel word, ʼn negatiewe impak op die Suid-Afrikaanse ekonomie sal hê.

“Die enigste wenners sal ʼn handjievol groot vervaardigers wees wat reeds voordeel trek uit laer voerpryse en vervaardigingskoste in ʼn hoogs doeltreffende bedryf. Die voortgesette aanname dat hoender ‘gestort’ word in Suid-Afrika is ook misleidend, omdat dit die indruk wek dat minderwaardige produkte plaaslik verkoop word. Ingevoerde hoender is onderworpe aan talle gehalte- en veeartsenyondersoeke om gehalte te verseker.”

Volgens hom sal die nuwe “strafmaatreëls” daartoe lei dat ongeveer 15% van plaaslike invoerders hul deure sal moet sluit. “Daar sal beslis werksverliese wees. Ander invoerders sal alternatiewe verskaffers vind, maar uiteindelik is verbruikers die verloorders, omdat hulle meer sal moet betaal en minder opsies sal hê om van te kies.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Delarey ·

Alhoewel invoertariewe ‘n negatiewe impak op invoerders en pryse van hoender kan hé sal dit uiteindelik lei tot verhoogde plaaslike produksie en werkskepping. Amie se argument is nie gebalanseerd nie, maar eensydig gestel uit die oogpunt van invoerders.

Meer invoere beteken tog logies dat werk in die lande waarvan die produkte ingevoer word geskep word.

Wielspore ·

Die berig is eensydig, invoertariewe beskerm plaaslike vervaarvaardiging. Om jou land se vervaardiging eerste stel skep werk en is goed vir die ekonomie. Die ingevoerde produkte is afval (goedkoop) produkte wat bloot net werk skep in verwerking wat nie volhoudbaar is. Die beleid word al baie lank deur Amerika toegepas om sy land se ekonomie te beskerm. Die instansies wat oor invoertariewe kla stel net belang in kort termyn besigheid met groot winste met min plaaslike belegging in infrastruktuur. Vandag maak ons die besigheid oop en more maak ons dit toe want ons het klaar geld gemaak.
Lyk my heelwat mense is die hoeders in na die besluit.

Rudolph ·

Gelukkig hoef ons nie die liggaamsdele van mishandelde diere te eet nie. Vleis, suiwel, pluimvee en seekos is almal die produk van dieremishandeling

Ryno ·

Net so Anoniem. Dink net aan al die arme insekte en diere wie se habitat vernietig word sodat vegetariërs en vegans hul groente kan verbou. Vegetariërs en vegans moet dadelik ophou om groente te eet. Dan kan al daai grond gerehabiliteer word en al die diertjies kan weer lekker leef.

Chris Ws ·

Ons het alreeds rooivleis amper 100% uitgesny in ons vleis aankope en vervang met hoender.Ons koop net maalvleis deedae. As hoender pryse sou opgaan is ons volgende stap om vleis geheel en al uit te sny uit ons dieet uit.Glo my dit sal MAKLIK wees!Ek en my vrou hou baie van groente en slaaie en sal dit elke dag eet sonder enige vleis.

Ja nee ·

Chris, ontspan jy sal nie hoef ophou vleis te eet nie. Hou vir jou n hoendertjie aan in die agterplaas!

fred ·

die groot lokale produsente soek n monopolie omdat hulle nie kan kompeteer en soek nou weer n makliker manier om geld te maak….werkskepping?die bedryf is reeds so geoutomatiseer dat werkskepping net n verskoning is….invoer tariewe is nou weer n manier vir die bankvrot staat n biekie geld in te kry en ten voordele van die monopolies maar ten nadele van die gewone verbruikers

George in Bloem ·

Ok.So hier volg ‘n baie eenvoudige les vir die ekonomies denke gestremdes van die ANC…..hoe minder daar van iets is comrades,hoe meer gaan jy daarvoor betaal. En hoe meer daar is,hoe minder gaan jy betaal. Hallooooooo Einsteins!!! Ai tog.Verstaan die spul die “basics” van ekonomiese beginsels? Ek twyfel.

Plaasjapie ·

As Amie dan so bekommerd is hoekom begin hulle nie hulle eie groot maak eenhede en slagpale nie? Dan sal die tekort mos aangevul word en volgens hulle is dit mos n winsgewende bedryf of hoe.. Dink net aan al die werk wat hulle sal skep! Dit is n baie beter belegging vir groei in ons ekonomie om dit wat ons verbruik self te produseer as in voer..

Stan ·

Al gehoor van “Protectionism”?. Dit is wat ‘n land doen om sy eie mense help om ‘n lewe te maak. Ons 4 handels vennote pas dit toe en dit is hoekom dit so goed met hulle gaan. Dit skep geleentheid vir plaaslike entrepeneurs om ‘n bydrae te lewer.

fred ·

Stan,protectionism werk aan twee kante…kyk na die onderonsje tussen US en China….stel u voor ons uitvoerlande pas dit ook toe,ons uitvoer sal tot n stilstand kom want ons word te duur..
Die punt is waarom ons nie kan kompeteer nie…..waar lê ons competitive advantage…en konsentreer daarop pleks van net weer wette te gebruik om n paar monopolies te beskerm…neem n voorbeeld van die car industrie…

Db ·

Ek sit en lag nou – as die prys van hoender so gaan opskiet sal daar darem ‘n paar wesens wees wat honger gaan ly want dink net hoeveel sal die kitskosplekke se pryse styg! Hier kom nou mooi lyfies te voorskyn

J ·

Maak n n slag die paar invoerders se name bekend, want dit is n paar wat die hele plaaslike bedryf knou, berig seker deur n invoerder gemaak, want daar gaan meer werksgeleenhede geskep word, want daar gaan meer mense met hoenders boer, en andrr boere sal meer uitbrei, en sodra produsente beter pryse kry, sal hulle meer mense aanstel, daar is maar n handvol skatryk invoerders met die regte politieke koneksies wat die hele bedryf oorheers met baie gevalle swak gehalte vleis

Sirkus ·

Die gewone burger van RSA weet net jy kan hoender koop by KFC, Chicken Licken en verder by P&P, Checkers, Spar, WW ens. Tegniese verduidelikings moet wag totdat daar nie ‘n hoender in sig is nie …..

DelaRey ·

Fred dis ongelukkig nie so eenvoudig as om net handel te dryf gebaseer op ‘n kompeterende voordeel nie. Daar is die afgelope jaar bv. baie Deense varkvleis na SA uitgevoer en hier teen laer pryse as plaaslike varkvleis bemark. Hoe is dit moontlik dat die Dene wat in een van die duurste lande in die wéreld leef varkvleis goedkoper as in SA kan produseer en dit dan nog 1,000’e kms vervoer ook?

Dis natuurlik omdat EU boere subsidies van ongeveer 1biljoen Euro per dag (360 Biljoen Euro per jaar) ontvang. Produsente kry gewaarborge pryse omdat landbou reguleer word. Die oorskot word dan uitgevoer.

Dieselfde situasie geld vir baie uitvoere van China wat na SA kom. Dis wel so dat China ‘n baie produktiewe arbeidsmag het wat ‘n kompeterende voordeel bied. Maar dan manipuleer die Chinese ook hulle geldeenheid se waarde en hou dit swak en subsidieer hulle industrie op verskillende maniere (goedkoop krag, rentevrye lenings, ens.)

Invoertariewe is nie altyd die oplossing nie, maar is beslis iets wat gebruik kan word veral as die kompetisie nie billik kompeteer nie.

Trevor Manuel het bv, destyds besluit om alle invoertariewe op klere af te skaf sodat SA op ‘n gelyke speelveld met China moet kompeteer. As gevolg hiervan het 500,000 werksgeleenthede van SA na China geskuif, terwyl ons vandag weet dat China beslis nie op ‘n gelyke voet met SA kompeteer maar dat hul vervaardigers ‘n onregverdige voordeel geniet onder die kommunistiese regering.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.