Invordering van e-tolskuld vir eers op ys

(Foto: ANA)

Sanral het die proses om e-tolskuld in te samel, vir eers opgeskort.

“Gegewe die inisiatief wat pres. Cyril Ramaphosa van stapel gestuur het om die dooiepunt oor e-tol te besleg, het Sanral besluit om dadelik die proses op te skort om e-tolskuld in te vorder. Dit sluit in historiese skuld en dagvaardings wat sedert 2015 aangevra is.

“Daar sal ook nie gevra word vir nuwe dagvaardings nie,” het Sanral in ʼn verklaring gesê.

Wayne Duvenage, uitvoerende hoof van die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa), sê hulle is versigtig optimisties oor die besluit, maar dat dit nét ʼn opskorting van die proses is – vir nóú.

Duvenage sê die aankondiging het groot verwarring veroorsaak. Outa sal egter nie rus tot die e-tolstelsel in Gauteng heeltemal opgeskort is nie. Hy sê dit is wél moontlik dat die besluit verband kan hou met die nasionale verkiesing wat op 8 Mei gehou word.

“Dit is goeie nuus. Dis ʼn teken dat die einde in sig is,” het hy gesê.

Duvenage sê die instelling van die e-tolstelsel was ʼn oordeelsfout deur die regering.

Motoriste skuld Sanral nagenoeg R11 miljard in e-tolgeld. Tot dusver is nog net 26 verstekvonnisse teen motoriste gekry vir uitstaande e-tolskuld.

Die stelsel was uit die staanspoor in omstredenheid gedompel en het groot teenkanting gekry. Desondanks het die regering dit steeds in werking gestel.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ook Sanral se besluit verwelkom.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê Sanral se besluit wys hoe die burgerlike samelewing sy mag doeltreffend gebruik om “uitbuiting deur ʼn korrupte owerheid te bestry”.

Kriel sê hy hoop die regering en Sanral sal voortaan ʼn meer kostedoeltreffende manier vind om paaie te finansier.

Sanral se afdeling verantwoordelik vir elektroniese tol (EBC) het vroeër gedreig dat motoriste vanselfsprekend ʼn klad op die naam gaan kry as hulle ʼn verstekvonnis oor uitstaande skuld ignoreer. Die Credit Bureau Association (CBA) het daarna gesê wetgewing laat dit egter nié toe nie.

Volgens die CBA kan motoriste wat vasstel dat hulle wél weens uitstaande skuld by ʼn kredietburo aangegee is, vra dat die inligting verwyder word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Anoniem ·

Kom probeer maar gerus om dit by my in te vorder. Ek lag vir julle.

Karolis ·

Baie verblydende nuus, baie dankie.
Sou graag wou weet hoe plaas hulle my 1000km weg op hulle kameras.
Nie in hierdie lewe nie.

Nugter ·

Om Jacob Zuma te kies as staatspresident, was ook ‘n oordeelsfout deur die regering, baie groot oordeelsfout.
Oor die laaste 25 jaar het die regering baie oordeelsfoute gemaak, dit is hoekom alles net ‘n gemors is.

Jannie ·

Hierdie sal net n tydelike opskorting wees aangesien die anc stemme wil werf vir die opkomende verkiesing. Na die verkiesing sal Sanral weer voortgaan met die invordering van skuld.

wraggies ·

Laaste paar maande e-tol rekenings gekry met my 2 nommerplate op ander kar/motorfiets, hierdie probleem moet baie vinnig aandag kry met verwysing na die nuwe AARTO wetgewing waar punte afgetrek word vir oortredings.

Salamander ·

Om nie e-tol te betaal nie, is nie ‘n verkeersoortreding nie. Buite AARTO se jurisdiksie

Wielspore ·

Self ontwerpte stelsel, op die verbruiker af gedwing in die vorm van tol geld. Nou gaan die verbruiker nie meer vervolg word. Dit klink soos 8 Mei 2019 gunswerwing.

A ·

Dis darem nou toevallig (NOT)!! Studie skuld en e-tol “vergunning”, so net bietjie meer as ‘n maand en paar dae voor die verkiesing …

chrisjan ·

HOOG tyd!Ek het gesit en wag dat hulle my dagvaarding aan my moet bedien hier in Noordwes.Net hul brandstof om tot by my te kom op die plaas sou meer wees as wat ek hulle kastig skuld so hulle sou weereens aan die verloorkant gewees het.

Alida X ·

Ek dink ons ouens wat getrou betaal het moet nou ons ged terugkry.
Wat van ‘n optog na SANRAL of enige e-tol plek en al ons skyfies gaan teruggee?

Johann du Toit ·

Ja, ek wonder wat van die persone wat wel betaal het. Ek wonder ook net hoekom OUTA so stil is oor Bakwena. Bakwena se koste per kilometer is tot drie keer die koste van SANRAL. Maar miskien pas dit nie vir OUTA om die saak aan te roer nie want dis maklik om onderdeur die E-Tol boog te ry maar baie moeiliker om deur die valhek by Bakwena te ry. OUTA soek ook maar die maklike gevegte waar hulle as die helde gesien word.

JohanL ·

Kan dink dat mense wat betaal het (soos Alida X byvoorbeeld) ongelukkig is. Maar dit was hul KEUSE om te betaal, aangesien hulle nie die risiko wou loop nie. Ek was nie bereid om te betaal nie want in my opinie (reg of verkeerd) is die tolstelsel waarvan ons praat onwettig. Ek het toe ‘n besluit geneem om die risiko te loop om nie te betaal nie. So die mense wat betaal het en nie daardie risiko wou loop nie, moenie nou kla nie.

wraggies ·

Dankie Salamander, ek is bewus daarvan wat AARTO/e-tol wetgewing aanbetref MAAR as hierdie mense met my (of jou) nommerplate bv ‘n spoedoortreding aangaan sal dit terug kom na ons toe, jou punte sal in gedrang wees behalwe die boete (wat nie meer sal per geregestreerde pos hoef gestuur te word nie soos ek dit verstaan).

Lina Smit ·

My simpatie aan almal wat destyds skyfies gekoop het, ek is bly ek is nie julle nie. Ek sou uit die staanspoor dit nooit gedoen het nie

Henk ·

Julle sien, die feit is dat die korruptstes onder die korruptes, die etol reeds ingewerk het in die buitensporige potrolprys verhogings!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.