Inwoner gaan baklei vir sy sypaadjie-groentetuin

Joe Nkuna sê hy is nie bang om vir sy groentetuin in die hof te baklei nie (Foto: Djo BaNkuna, Facebook)

Joe Nkuna, ʼn inwoner van Pretoria-Noord wat met R1 500 beboet is oor die groentetuin op die sypaadjie voor sy huis, gaan nie die boete betaal nie.

Nkuna het in ʼn inskrywing op Facebook gesê dat hy besluit het om hom eerder in die hof te verdedig en die boete te betwis.

“Ek is nie bang nie,” skryf Nkuna.

Dié hofsaak sal na verwagting op 23 November plaasvind.

Maroela Media het vroeër berig lede van die Tshwane-metropolisie (TMPD) het verlede week Nkuna se huis besoek nadat hulle klagtes oor die groentetuin ontvang het.

Nkuna het ’n mondelinge waarskuwing gekry omdat hy ’n sypaadjie versper wat vir voetgangers gereserveer is. Hy is versoek om aan die nodige regulasies te voldoen. Hy het egter nie daarop gereageer nie, waarna hy die boete opgelê is.

Joe Nkuna se groentetuin op die sypaadjie voor sy huis. (Foto: Facebook)

Hy is ʼn boete van R1 500 opgelê wat binne 30 dae betaal moet word anders sal hy in die hof moet verskyn waar hy die boete kan betwis.

Dit is presies wat Nkuna toe besluit het om te doen…

Nkuna het aan die media gesê dat hy die groente skenk en het op sosiale media geskryf dat hy dit verkoop.

“Ons moet ons siening en houding oor voedselsekerheid en hongersnood verander. Dankie vir die ondersteuning en gebede van mense wat my hierin ondersteun,” het Nkuna op Facebook geskryf.

“Jy koop groente en voed ’n gesin; jy plant ’n groentetuin aan en voed ʼn gemeenskap.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Dup ·

Groentetuin op die sypaadjie sal gevolg word deur hoenders,skape,bokke en beeste wat daar gaan wei.Die begin van die “transformasie” van woonbuurte.Waarom het hy nie sy tuin in sy erf gemaak nie?

Hestie ·

Dup, ons bly in Bothaville in die Vrystaat. Die beeste loop gereeld in die woon gebied en strate. Dit is nie vreemd om eers meer vir hulle te wag om eers oor die teerpad te kom, as jy huis toe ry nie. Wonder altyd wie die regte eienaars is van die klomp beeste…

Boerkind ·

As die munisipaliteit net hul bywette konsekwent wil toepas, sou hulle dalk ‘n beter saak gehad het…

Friedrich ·

Swak Meneer. Ek verstaan jou idee, maar nou moet mense hulle lewens in gevaar stel om Om jou groentetuin te loop. Jy gaan 10/1 nog daai groente wil Verkoop en nie weg gee nie.

Vlooitjie ·

Mense se lewens kan in gevaar wees omdat hul in pad moet loop omdat daar rommel of self ‘n gat in ‘n sypaadjie is. Hy gee van dit weg en ander verkoop hy. Hy was eerlik omtrent dit.

Frank John ·

Mense kan mos maar paar rand uithaal vir sy moeite en water en arbeid. Hoekom kla die snobs nou. Hierdie man dien iets en gee ‘n voorbeeld hoe ons as mense saam mekaar se laste kan dra en mekaar kan help.

Alta Alleman ·

Wat gebeur as ek myself help aan die groente wat op openbare sypaadjie geplant is?

Vlooitjie ·

Most likely niks, in Eastlynn Pretoria is daar ook ‘n groente tuin wat lees “free veggies for all” en niemand vergryp hul daaraan of beskadig dit nie.

Fritz ·

As jy iets werd is, sal jy dan sukkel om die persoon in die spieël in die oë te kyk.

Charmain ·

Op sy fb blad sê Joe dat die gemeenskap kan kry en oarty word verkoop

Piet parys ·

Hy kan maar vir hom n groenteplaas gaan koop dit lyk goed ….maar as almal die reels in die dorp verbreek dan sal dit in n plakkerskamp verander . Baie stadsrade verwag van die huis eienaar om aan die buitekant van die erf gras te sny en dan het hy mos die reg om dan maar groente te plant dan is dit baie meer nuttig as n klomp gras .

Frederik C ·

Die voorstede is oor die algemeen binnekort plakkerskampe. Jy praat van plaas koop ?? Jy bedoel seker KRY !!

Charmain ·

Sou die Metro maar so ywerig wees om werklike kriminele aan te tree!
Nou wat nou van mense wat gras & blomne ens op n sypaadjie plant, is dit nie maar dieselfde nie?

jou gewete ·

Jy is n ster, veg hulle, stig n fonds om hulle te veg dat ek kan help

gpsa ·

Jy kan sommer geld skenk om taxi drywers se boetes ook te help betaal. Hulle steur hulle ook nie aan enige reëls nie.

FM ·

die Raad moet gerus self gaan skoonmaak waar dit soos ashope lyk en ruik en daardie netjiese sypaadjies los.
Raak ontslae van almal wat gaan kla het ook

Casper ·

Munisipaliteite hou in elk geval nie sypaadjies instand nie.Ek verstaan nie die teenkanting nie.Sou ek die sypaadjie instand hou met my finansies mag ek toespan laat mense nie my gras doodtrap nie?

billy ·

van die oog? af klink die man se storie goed?…hy voed dan die arme gemeenskap?…dan berig hy ook op facebook hoe hy? groente verkoop? en dit klink goed?, maar daar is reels en regulasies wat wettiglik is en nagekom moet word, praat nie eers van die “land-grype” wat dan nou deur hom toegepas word en waaruit hy goeie geld? maak?..daarom is die man definitief skuldig aan die munisipale regulasies soos aan hom genoem is…op wit en swart? en is n boete afdwingbaar en onbetwis?

Hardekwas ·

Die da stadsraad kan maar gaan kyk na die varkhok sypaadjie langs Moreletta straat, Silverton. As hulle dié en ander gemors kan verwyder en stopsit, het hulle n reg om te kla oor groente op sypaadjies, anders moet hulle dié man uitlos.

TO ·

Ek dink dis ‘n goeie daad om aan jou medemens iets by te dra. As die munisipaliteit wil kla moet hulle self die sypaadjies skoonmaak en dan lyk dit een vd dae soos ‘n oerwoud. Die enigste skoon sypaadjies is in die kaap, die res van SA lyk maar oes

Cherokee ·

Ek dink ook die stad waar ek woon is die mooiste in die land.

Jannie van Niekerk ·

Nou ja die man kry ‘n boete omdat hy groente op die sypaadjie plant. Goed, Die sypaadjie behoort aan die munisipaliteit. Nou moet die munisispaliteit na my mening diesypaadjie instand hou. Ek is seker hulle gaan hom ook ‘n boete gee as die onkruid op die sypaadjie groei indien hy dit nie skoonmaak omrede dit nie sy sypaadjie is nie.

Winnie ·

Volgens die foto groei dit nie op die loop sypaadjie nie maar op grond teen die muur so wat is die “fuss”

Prikkie ·

Stem saam Winnie. Die groente is eintlik in die straat reserwe en nie op die gedeelte waar mense loop nie.

As die vullis ‘n meter hoog gestaan het sou dit in orde gewees het.

Maak dit sin?

annie ·

Regtig waar. Hoor wat sê die man. Eers word klein reēls gebreek… En die mense por hom aan. Wat probeer die man bewys? Dat hy sal maak soos hy wil of dat kool en pampoen ook in die Pretoria-klimaat sal aard?

Hasie ·

Ek steun die man .Baie van die sypaadjies is in elk geval onbegaanbaar en lyk sleg. As jy iets vir jou naaste kan doen en dalk paar rand kan maak as profyt hoekom nie .Is dit beter om op die straathoeke te bedel ? Ek al gehoor hoe word die mense gevloek .So die man verskaf kos en help ander en homself hoekom nie? Die mense met die duk beursies en arogante houdings kan kom leer by die man .

Nico ·

Die mense gebruik nie die sypaaidjies nie, baie van die mense loop tot vier langs mekaar in die pad, jy as motoris moet uit draai vir hulle en blaas jy die toeter word jy vuil aan gekyk. Die sypaaidjies is vuil en vol erts klippe gegooi. Kom DA julle wil mos alles regmaak waar is julle nou.

Jakes ·

Hier waar ek woon in KZN word skape en beeste sommer lewend geslag op die erf voordat daar makietie gehou word. Die man wat groente op die sypadjie plant het nie n been om op te staan nie. die sypadjie behoort aan die munisipaliteit en dis eenvoudig nie cool om groente op n sypadjie te plant nie. Hoe sal dit nou lyk as elke inwoner reels minag en doen net wat hy wil? Dit sal chaos veroorsaak en druis in teen beskaafdheid in woonbuurte. Plant groente op jou eie erf en basta met sypadjie besigheid. Hoo die hof knip sy groente kort.

Bushy ·

Al wat hy hoef te doen is om fotos te neem van die duisende ander obstruksies op sypaaitjies sonder optrede. What’s good for the goose is good for the gander. Aldus sal die metro MOET optree teen almal, selfs die wat goedere op sypaaitjies verkoop, of sy boete terugtrek as hulle nie hul bywette konsekwent gaan toepas nie.

Christella ·

Die probleem is nie die groente op die sypaadjie nie. Hopelik is dit gratis vir ander, want die grond is in n publieke area. Die probleem is dat daar n paadjie ook moet wees vir mense om veilig te gebruik en nie om in straat blootgestel te word aan die verkeer nie.

Robert ·

Uit die berigte klink dit juis die probleem te wees, geen plek om te loop nie.

Prikkie ·

In die Kaap woon mense op die spoorlyn! Nie eers dit kan hanteer word nie, maar ‘n man wat kos voorsien aan die gemeenskap word beboet.

Dit is tragies. Wat het van net ‘n bietjie dink voor jy doen geword? Gaan vervolg mense wat regtig vervolg moet word.

Vlooitjie ·

En as die man ‘n voetpad tussen sy groente deur maak, sal almal dan happy wees? Dis verspot dat so groot bohaai gemaak word oor hy groente plant op sy sypaadjie en dan word reels en regulasies rond geslinger maar al die gemors wat die sypaadjies toe lê is okay, ons klim daaroor of loop om dit, solank iemand NET ASB nie groente daar plant nie! Ek rol my oë hardop.

Jakes ·

Hierdie groente debat kan mense met hul eie eiendom in woonbuurte duur te staan kom. Dit skep n president want mense wat arm is en in nedersettings bly, kan enige tyd voor jou erf hul groente kom plant en jy as eienaar of huurder sal niks kan doen nie want die sypadjie behoort aan die munisipaliteit. Verder kan hulle enege iets op jou sypadjie smous soos meubels, karre, dagga en natuurlik hul eie braai restaurant open.

Belinda ·

Baie mense sal agter jou staan meneer. Jy doen dit uit die goedheid van jou hart om minder bevoorregte mense te help. Maak miskien net n walkway vir mense wat wel in die straat loop (nie dat hul ooit op die sypadjie loop nie maar eerder in die straat).
Plaas die Metro eerder hul besig hou met ongelisensieerde en onpadwaardige taxis.
Ten minste word sy sypadjie in stand gehou want die munisipaliteit is te sleg daarvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.