Inwoners betoog buite JHB

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Gedeelte van die R554 moes Maandagoggend vir verkeer gesluit word nadat inwoners van Weilers Farm, suid van Johannesburg, daar betoog het.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, die woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het motoriste gewaarsku om die gebied te vermy.

“Die pad is gesluit tussen die Golden Highway en die R81,” het Minnaar gesê.

Hy sê betogers versper die bad met brandende buitebande is en gooi klippe na voertuie.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê betogings het ook in Tsakane aan die Oos-Rand uitgebreek. Die polisie hou die situasie in die omliggende areas dop.

Dit is nog nie bekend hoekom die inwoners betoog nie. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.