Inwoners by hof vir boer se verskyning

Mense drom buite die hof op Groblersdal saam waar ‘n boer van die omgewing na verwagting Woensdag weer gaan verskyn. (Foto: Isabel Venter/Maroela Media)

ʼn Groepie inwoners en lede van die jeugbeweging Bittereinders het Woensdagoggend by die Groblersdal-landdroshof opgedaag waar ʼn boer wat van poging tot moord aangekla word, na verwagting weer gaan verskyn.

Frederick Benjamin Erasmus (22) het reeds Maandag in die hof verskyn.

Maroela Media verstaan Erasmus se saak is vandag op die rol vir ʼn dringende borgtogaansoek. Sy saak is Maandag aanvanklik uitgestel tot Januarie om die polisie kans te gee om hul ondersoek af te handel.

Volgens brig. Hlulani Mashaba, polisiewoordvoerder in Limpopo, hou die klag verband met ʼn voorval verlede Vrydag toe Erasmus glo verskeie skote naby ʼn plaas in die omgewing van Roossenekal op drie mans afgevuur het.

Volgens Mashaba het die drie mans Vrydag omstreeks 14:00 op Erasmus en sy pa se plaas geloop. Die Erasmusse het hulle glo voorgekeer en ondervra.

“Die drie slagoffers, almal mans, het op die plaas geloop toe hulle die eienaar se bakkie teen ʼn hoë spoed na hulle toe sien ry het. Die eienaar wat saam met een passasier gery het, het uit die voertuig geklim en die slagoffers beledig terwyl hy hulle daarvan beskuldig het dat hulle op sy plaas gesteel het,” sê Mashaba.

Erasmus het glo ʼn vuurwapen uitgehaal en na bewering skote in die rigting van die verdagtes afgevuur. Die mans het in verskillende rigtings gevlug en in die proses het een sy been gebreek.

Volgens Mashaba het die polisie een patroondoppie op die toneel gevind. Die polisie het ook beslag gelê op die vuurwapen waarmee Erasmus glo op die mans geskiet het nadat hy hom Maandag aan die polisie by die Groblersdal-polisiestasie oorgegee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Hannes ·

Die regering is daarop uit om boere te vervolg, wat soek “die slagoffers” op privaat grond? Hoe word Erasmus binne ‘n paar dae vervolg maar plaas moorde word selde opgelos?

Jan Jacobs ·

Waar is die landbou organisasies, agriforum en die vryheidsfront plus, hulle voel vere vir die boere.

Pieter ·

Ons sal moet begin saam staan, as mens na die laaste paar artikels kyk word ons geteiken deur die SAPS en howe.

Casper ·

Hoekom word die saak aanvanklik uitgestel tot Januarie om die polisie kans te gee om die saak te ondersoek.Die saak kan ondersoek word terwyl die boer uit is op borg.Rassistiese regstelsels.Nou wil hulle hom agter tralies sien gedurende die kerstyd.Ek sê weer,die berig verwys na skote maar die polisie kry een doppie.Dit is die angs waarmee boere moet saamleef wat veroorsaak word deur mense wat na willekeur plase betreë.

Leona ·

Een patroon doppie en verskeie skote? Ok, moes n hengse magtige patroon gewees het om verskeie skote af te vuur

Jacobus ·

Van wanneer af is dit onwettig om op jou plaas n waarskuwingskoot te skiet as jy betreders (diewe) betrap? Hierdie artikel lyk ook vir my eensydig, het hulle al die boer se weergawe gehoor.

Sues ·

Hoekom is die bittereinders ‘n jeug organisasie? Die jeuk is tog kinders noe mense ouer as 18 nie. Dis ‘n klomp mense wat meer vek as binnegoed is en in ‘n droom wêreld leef.

Marius ·

Net soos Israel is die boere in die hool land die uitverkore volk.
Die boere word om elke hoek en draai belas , gemelk , te na gekom ens.
Die regering moet aub tog net onthou die meel en brood kom NIE van die rak af nie maar van die boer se land !!!!!!!

George ·

@Jan, hulle kan ook nie by elke hof wees waar n boer geskiet het nie, is jy daar? Voel jy dan vere vir die boere?

Witbaard ·

Stem saam met Leona. Skote gevuur maar net een doppie gekry??? Lieg sommer van die begin af.

George ·

@Leona, jy gedink dat hy kon optel om hom, of sy vriendin wie se geweer dit was?

George ·

@Jacobus, dis onwettig om waarskuwing skoot in die rigting te vuur, so ook onwettig om die lug in te skiet. Jy mag slegs skiet as jou lewe of iemand sin direk in gevaar is, nie eindom nie.

Heila Isabella ·

Die 3 was onwettig daar, daar is geen verskoning davoor nie, sy been gebreek was sy eie skuld hoekom het hy weggeharloop dit als is klaar verdag.

Kuver ·

@George, ek dink jy moet net bietjie stil bly, jou rassistiese onderrok hang uit. Jy het geen idee wat werklik op plase aangaan nie, wit en swart word gemartel en vermoor, hierdie boer het opgetree omdat hulle heel moontlik al slagoffers van lafhartige plaas aanvallers was. Dink mooi voor jy snert praat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.