Inwoners eis aksie ná gru-voorval by Rhodespark

Rhodespark in Kensington, Johannesburg (Foto:  ttruluck, panoramio.com)

Rhodespark in Kensington, Johannesburg (Foto: ttruluck, panoramio.com)

Inwoners van Kensington in Johannesburg eis dat daar opgetree word ná Saterdagaand se gru-voorval in Rhodespark waartydens twee mans vermoor en ʼn vrou verkrag is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê twee paartjies het Saterdagaand in die park gestap toe hulle deur ʼn groep van 12 verdagtes voorgekeer is. Die verdagtes het die mans glo met hul eie klere vasgebind en in die dam gegooi terwyl hulle een van die vroue verkrag het. Polisieduikers het die twee mans, onderskeidelik 25 en 32 jaar oud, se liggame uit die dam gehaal. Die ander vrou kon daarin slaag om te vlug.

Tony de Munnik, voorsitter van die I Love Kensington-verening, het gesê die organisasie sal ʼn vergadering met die burgemeester van Johannesburg versoek om voorstelle te maak oor hoe openbare plekke veiliger gemaak en beter benut kan word. Daar is intussen reeds ʼn versoek aan inwoners van Kensington gerig om elke Woensdag van 16:30 tot 17:30 in Rhodespark bymekaar te kom met die doel om gemeenskapsaksie aan te moedig.

Dlamini het intussen mediaberigte dat ʼn verdagte in hegtenis geneem is in verband met die voorval ontken. Hy het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

willie ·

In Suid Afrika sterf 22000 mense per jaar aan moord, meer as oorlog geteister lande oor 5jaar sterf daar 110000 mense, 2 rugby stadiums vol mense word vermoor?So elke 10 jaar sal 220000 mense sterf,4 Rugby Stadiums wat gelyk is aan 50000 toeskouers .Skokkend mnr die President Zuma!!!!

Winston ·

Volgens die agbare president en sy gevolg is daar geen probleem in die land nie? Skokkend en rede tot kommer

Johan 2 ·

Ons behoort v Zuma en sy ANC maats aan te kla…hul is verandwoordelik vir ons veiligheid, dit is hoekom ons belasting betaal…Dan is ANC ondersteuners ook skuldig.

DG ·

Vir hierdie soort van misdaad is daar net een straf, en dit is die dood straf.

Soo Gesê ·

Winston, watse agbare president?? ….ons het nie soo iets nie!

neelsie ·

Daars bloed aan die hande van die ANC.
Hulle is verantwoordelik vir die anargie in ons land!!
Alles die gevolg van n swak regering.
Jong onskuldiges wat sterf a.g.v. die wellus van ander!

arizona ·

Ek bly n paar huise weg van die park. Die area is gesaai met buitelanders reg langs my bly daar 30+ mense in n 3 slaap kamer huis. Die geraas dryf mens teen die mure uit. Die SAP doen absoluut niks. Inteendeel hulle is vriende met van hulle. Ons het al n interdik gekry teen die eienaar en die het besluit om die huis te verkoop. Ek is raad op. Die area is besaai met kriminele. Op elke hoek en draai kan hulle gesien word. Die park loop al n geruime tyd deur onder die kriminele en die SAP weet dit, dis nie die eerste moord of verkragting wat daar plaas vind nie die park het lankal sy status verloor. Daar word gesê die park sal nou 6 tot 6 oop wees en dan gesluit word met meer polisie patrollies, kom ek waarborg julle nou, dit sal die geval wees tot n maand van nou af gaan dan enoge tyd soontoe en julle sal mense indie park sien buite die sper tye. Die area word n hool en daar is nêrens om heen te gaan nie

Gideon ·

Dankie Arizona vir lig op die hele voorval- nou is als duidelik vir my!

Hettie ·

O nie meer veilig in SA nie behalwe Orania ja veiligste! Mense het dit baie nodig om rustige plek te stap dis baie goed maar nie meer veilig nie. Waar veiligste plek kan mense gaan om goed te ontspan!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.