Inwoners gestrand ná betogers paaie sluit

Vragmotors is ook gebruik om die paaie te sluit. (Foto: [email protected]/Twitter)

Inwoners van Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga kon Maandagoggend nie by hul bestemmings uitkom nie, nadat betogers glo paaie in en om dié stad afgesper het.

Dit is nie seker wat die rede vir betogings is nie, maar luidens plasings op sosiale media het dit te doen met ontevredenheid met die plaaslike munisipale bestuur.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, sê in sommige gevalle is trokke en bourommel gebruik om die paaie te sluit.

“Die paaie in en om gebiede soos Kanyamazane en Pienaar wat na die stad toe lei, is vroeg vanoggend al deur betogers gesluit,” sê hy.

Volgens inligting op Twitter is die N4-tolpad na Matsulu een van die paaie wat hierdeur geraak word, asook KaNyamazane-straat by die R538-kruising en die Karino-vierrigtingstop. Laasgenoemde word deur vragmotors versper.

Talle inwoners het hul tot sosiale media gewend om hul frustrasie oor die situasies te uiter.

“Ons kon nie werk toe gaan nie want die ANC is besig om teen die ANC te baklei,” skryf een gebruiker.

“Ek is gewalg deur die Mbombela-munisipaliteit.”

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het intussen die verskeie blokkades ten sterkte veroordeel, maar nie uitgebrei oor wie verantwoordelik is vir die betogings of waarom nie.

“Ons is nie ʼn wettelose staat nie. Mense moet binne die raamwerk van die wet hul ongelukkigheid laat hoor,” sê hy.

“Ons land is steeds besig om te herstel van ʼn verwoestende pandemie wat baie mense sonder werk gelaat het. Daar moet dus streng opgetree word teen diegene wie se optrede die ekonomie saboteer.”

Shongwe het ʼn beroep op alle regeringsfere gedoen om voortdurend met gemeenskappe in gesprek te tree om onnodige protesoptredes te vermy.

Hy het ook gevra dat gemeenskappe nie toelaat dat kriminele elemente hul wettige betogings kaap om hul eie agendas te bevorder nie.

“Die polisie sal enige persoon wat by die onwettige padsluitings betrokke is, hiervoor verantwoordelik hou,” sê Shongwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
casper

VIVA ANC teen ANC — koop pofkoring – hier is sports !!

Genis

Hulle gaan elk n geel T-Hemp kry, beloftes en n kospakkie, dan begin die siklus maar net weer van voor af… merk my woord

Sarel

Fie Gemeenskap is besig om Gatvol te raak vir hierdie
Betogings. Stdm ANC en Betoog dan dit word maar net
toegelaat

Nie Verbaas

Ontevrede met munisipaliteit maar op stemdag stem hulle weer ANC. Dit laat n duidelike vraag oor intelligensie vlak?

Aai

Hulle you hulle self net besig omdat hulle niks het onm te dien hulle gaan net weer vir die @NC stem.