Inwoners gryp self in om skole te beskerm

Beskadigde skoolgeboue in Vuwani, Limpopo (Mei 2016) (Foto: ANA)

Beskadigde skoolgeboue in Vuwani, Limpopo (Mei 2016) (Foto: ANA)

Inwoners van Vuwani in Limpopo het self patrolliegroepe gevorm om deurnag hul skole van gewelddadig betogers te beskerm.

Minstens 23 skole is reeds afgebrand of gevandaliseer.

Cassius Ngobeni, ʼn lid van die gemeenskap, het gesê hulle is bewus van die groep mense wat in die aande die skole aan die brand steek. “Hulle het probeer om [dit] met ʼn petrolbom aan die brand te steek, maar hulle was onsuksesvol,” het hy gesê.

Ngobeni is deel van ʼn groep Bungeni-inwoners wat onderneem het om by die skoolhekke te slaap om die skole te beskerm.

Besorgde inwoners het intussen patrolliegroepe gevorm om betogers te verhoed om hul gebied te betree.

Die betogers van Vuwani en omliggende gebiede het Donderdag van een gebied na ʼn ander beweeg en regeringskole en eiendom afgebrand. Die betoging volg ná die inwoners verlede week Vrydag ʼn aansoek in die hooggeregshof verloor het om seker te maak dat die gebied weer by die Makhado-munisipaliteit (Louis Trichardt) ingesluit moet word.

Leiers van die gemeenskap het Sondag vergader en inwoners is versoek om hulself van gewelddadige optrede te weerhou in die lig van die hofuitspraak. Die betogers het egter dié versoek van die hand gewys en gesê hulle sal steeds die regering se plan, om hulle by Malamulele-munisipaliteit (Thohoyandou) in te sluit, beveg.

Die ANC het intussen in die gebied inbeweeg en ʼn ministeriële span saamgestel om in te gryp. Die party het ook die inwoners versoek om kalm te bly. “Suid-Afrika is ʼn grondwetlike demokrasie, waar die hof die hoogste gesag is. Ons doen ʼn beroep op diegene wat nie tevrede is met die uitspraak nie, om hulself na die hof te wend,” het Nocks Seabi, provinsiale sekretaris van die ANC, gesê.

Lees alle vorige berigte oor Vuwani op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sarie ·

Die geskiedenis word weer herhaal. Staatsgeboue word afgebrand. Maak nie saak watter regering is aan die bewind nie. Ek haal my hoed af vir hierdie gemeenskap. Sal rede nie uiteindelik maar seëvier om hierdie vandalisme stop te sit nie. Lyk dis ‘n internasionale tendens om te vernietig as jy ‘n politieke standpunt wil maak. Party blaas hulleself op, ander steek hulleself aan die brand en hier by ons steek ons die geboue waar dienste gelewer word aan die brand om môre weer te kla dat daar niks is nie.

Sarel Strydom ·

Indien ‘n betoger nou geskiet word, wie gaan aangekla word vir moord. ANC is verantwoordelik vir alles want voor eke verkiesings word grensbakens verskuif vir politieke doeleindes. Hulle kan alles stop deur hulle besluit te herroep.

Xa ·

Hierdie is die WARE leiers! Ek wonder altyd waarom die ANC met sulke patetiese opsies as leiers vorendag kom, en baie wonder wie eintlik n goeie opvolger vir Zuma sal wees. Die antwoord le in mense soos hierdie, wat ware verskille maak, sonder vir eie gewin. In n werkende politieke sisteem die volgende plaaslike leiers uit hierdie groep gekies word.

m ·

Wonder net wie gaan vir hierdie skade betaal. Jy bou nie n skool in n dag nie en dit kos geld, baie geld of beplan hulle om dit van die belastingbetaler te verhaal. Hulle moet ma onder bome skoolgaan, die winterkoue sal hulle lekker wakker hou.

susan ·

Daardie af brand van plekke is nie n nuwe manier van frustrasie hanteer nie. Dit kom al n lang pad. As my kind sy lessenaar wil breek oor een of ander huiswerk. Stuur ek hom om drie keer om die blok te draf. Koel af!!! Maar weer n kwessie van op voeding. Ek bid dat medisyne van die hemele vir sulkes gegee sal word (for free).

Hendrik ·

Die basis van enige gemeenskap moet orde wees. D.w.s indien daar enige ontwettige aksies moet dit dadelik geraporteer word. Prakties gestel indien jou buurman ‘n chop shop het dan raporteer jy dit en die polisie moet optree. Die oortreders moes al gevang gewees het nadat die eerste skool aan die brand gesteek is as dit ‘n geordende gemeenskap was. Maar dit is nie want almal in hierdie gebiede draai ‘n blinde oog na misdaad en wil daarna optree as daar al 22 skole afgebrand is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.