Inwoners ‘gyselaar gehou’ omdat munisipaliteite nie betaal

(Argieffoto: Aaron Favila, AP)

Die burgerregtegroep AfriForum sê hy het aanmaningsbriewe aan Rand Water, asook die Emfuleni-, Govan Mbeki-, en Victor Khanye- plaaslike munisipaliteite, gerig oor ʼn vermindering in watervoorsiening nadat dié munisipaliteite versuim het om hul waterrekeninge te betaal.

Volgens die organisasie het Rand Water op 26 September kennisgewings aan dié munisipaliteite uitgereik nadat hul rekeninge nie vereffen is nie. AfriForum se regspan het versoek dat die burgerregteorganisasie by die gesprekke betrek word omdat inwoners wat hul rekeninge betaal onregverdig benadeel word.

Die drie munisipaliteite skuld saam sowat R670 miljoen.

“Toegang tot water is ’n grondwetlike reg. Gemeenskappe mag nie gyselaar gehou word weens die wanbestuur van staatsentiteite nie. Gemeenskappe moet ook ingelig word oor besluite wat op munisipale vlak geneem word, want dit is uiters belangrik om te weet watter ooreenkomste die munisipaliteit sluit,” het Morné Mostert, AfriForum se bestuurder van plaaslike regeringsake, Vrydag gesê.

AfriForum het ook gevra vir ʼn afskrif van enige ooreenkoms wat tussen die partye aangegaan is, om te verseker dat hulle daarvolgens optree.

Hy het die partye vyf dae gegee om op sy skrywe te antwoord.

“Dit is onaanvaarbaar dat drie munisipaliteite so baie geld aan Rand Water skuld. Die vraag wat gevra moet word, is hoe hulle in hierdie skuld beland het. Die staat moet ’n skuldinvorderingsproses begin om dié geld terug te kry. Dit is onregverdig dat die inwoners van daardie munisipaliteite wat hul rekeninge getrou betaal, nou benadeel word weens die onvermoë van die munisipaliteite om hul pligte na te kom,” het Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder van omgewingsake, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

K P ·

Ek het n idee de klerk se teenwigte gaan binnekort inskop vir die mense wat so getrou hulle rekeninge betaal.

Posduif ·

@KP: Die teenwigte het reeds ingeskop!!! Dis hulle wat jy nou sien!!! HeHe!!!

Agterspeen ·

Munisipale bestuurders is natuurlik betaal met geld wat vir water en elektrisiteit moes gaan. Korrupsie is oral besig om munisipaliteite bankrot te maak. Die munisipaliteite moet maar weet , hier kom binnekort n groot boikot!

Lizelle ·

Bloemwater doen dit al ñ geruime tyd met Mangaung Munisipaliteit. Hierdie munisipaliteit is al ñ geruime tyd in die nuus vir wanbestuur. Ondersoek hulle bietjie. Groete Afriforum Bloemfontein Noord.

Maljan ·

Hoe het hulle in die skuld beland? Dis voor die handleiding ek dink. As net 23.6% hulle rekeninge betaal, verbaas dit my dit het so lank geneem vir die gewigte om die skaal af te buig. As die menigte geseën moer word met gratis munisipale dienste water en krag, moet die anc en eff self hande diep in eie sakke steek en daardie dienste, water en krag self betaal. Dit moenie deur die plaaslike munisipaliteite geborg word nie. Staak breek en brand vir gratis huise en teerpaaie rondom daardie huise terwyl hulle nie n sent daarvoor wil bydra nie.

Gevolgtrekking ·

Gekwalifiseerde mense emigreer op strepe om dat hulle besef dat die wittes en die NGO’s / Unies wat hulle verteenwoodig konstant sal moet betaal, stoei, baklei, soebat, “herstel” en vure doodslaan net om in die hool te (probeer) oorleef.

Op Meriete ·

Almal kan nie emmigreer nie. Ander lande moet hulle eie mense ook in ag neem en voorkeur gee.

Grassie ·

Ag niemand gaan anyway niks aan dit doen nie! Wens ek kon na ‘n land trek waar niks van die goed is nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.