Inwoners herstel self krag- en watertoevoer in Swartruggens

(Foto verskaf)

Die dienstemaatskappy Pionier en die Kgetlengrivier Besorgde Inwoners (KBI) het deur die loop van Sondagnag in die middernagtelike ure gehelp om die krag- en watertoevoer na inwoners in Swartruggens in Noordwes te herstel nadat dié dorp vir etlike dae sonder elektrisiteit was.

Die kragonderbreking het onder meer veroorsaak dat die pompstasie wat deur die organisasies bestuur word, nie water aan die Swartruggens-gemeenskap kon voorsien nie.

’n Nuwe kragkabel is aangekoop en die werk is self verrig om te verseker dat die inwoners krag en water het. Die pompkamer by die Boralelo-nedersetting het ook onder vandale deurgeloop wat die slot oopgebreek het en die drade geknip het. ’n Saak van sabotasie is by SAPD in die dorp geopen. Inwoners het ook ’n protesoptrede gehou en paaie versper om hul moedeloosheid te toon met die munisipaliteit se versuim om herstel- en instandhoudingswerk te doen.

AfriForum het die munisipaliteit Vrydag op terme geplaas om die munisipaliteit te dwing om die nodige stappe te doen om die kragtoevoer te herstel. Volgens Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico, is die protesoptredes deur die gemeenskap tekenend van die frustrasies wat onder inwoners bestaan weens gebrekkig dienslewering. “Swartruggens is ’n mikrokosmos van die land se munisipale probleme. Ons voorsien heelwat soortgelyke protesoptredes deur gefrustreerde gemeenskapslede in aanloop tot die munisipale verkiesing later vanjaar,” het Coetzee gesê.

Die Koster-rioolverwerkingsaanleg. (Foto: Willie Jones)

“Ten spyte van sabotasie deur kwaadwillige groepe vir politieke gewin en ten spyte van munisipale onwilligheid en die onvermoë om probleme uit die weg te ruim, het gemeenskapslede gisteraand weer bewys dat gemeenskappe geen ander keuse het as om self in te gryp en dienste te lewer nie.”

Pionier is trots om saam met die plaaslike gemeenskap te werk om probleme op te los en om volhoubare dienslewering in gemeenskappe te bewerkstellig. “Die gemeenskap se selfdoeninisiatief saam met Pionier se personeel is ’n riem onder die hart,” sê Johan Kruger, direkteur van Pionier Dienstemaatskappy.

Volgens Wilhelm Rochér, plaaslike gemeenskapsleier, het die gemeenskap ’n trotse rekord van selfdoen en om probleme in die gemeenskap op te los. “Ons is trots om die gemeenskap tydens staatsverval en die munisipaliteit se nalatigheid te hulp te kom, om self in te spring en reg te maak. Die Boralelo-nedersetting het ná ons ingryping weer water en kan die komende vakansiedag met waardigheid en met lopende, skoon water tegemoetgaan.”

Maroela Media het vroeër berig die KBI staan ʼn dringende hofaansoek van die Kgetlengrivier-munisipaliteit teen om die bestuur van die water- en rioolwerke in Koster en Swartruggens terug te neem. Die aansoek is in die hooggeregshof in Mahikeng aanhangig gemaak en Woensdag tot 11 Mei uitgestel. KBI, wat inwoners uit Koster, Derby en Swartruggens insluit, het op 30 Maart die bestuur van die water- en rioolwerke in Koster én Swartruggens aan Pionier Dienstemaatskappy oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

LANA is ELANè ·

Dit is baie ydel, maar waarom word munsipaliteite steeds betaal as hulle ‘n snars oor dienslewerimg voel?

SomeOne ·

nou kom die komende munisipale verkiesing nader, dan nader die kaders die inwoners en koop hul siele met ‘n t-hemp en baie beloftes, en daar gaan al die harde werk verlore

Karel Kobus Kruger ·

Hou n optog na die burgemeester se huis, of nog beter, na sy kinders se huise.

Mariana ·

Weereens kan gesien word hoe inwoners self regmaak, bewys dat die Kubane nie nodig is nie. Hier is baie wat die probleme kan oplos as hulle net toegelaat word.

Eend Bessinger ·

Dis nou wat ek diens noem! Nie die gepoer-poer van vandag nie.

Frank ·

Nie seker of ek alles verstaan nie, MM. Dit klink vir my Pionier is huidiglik verantwoordelik vir die water asook rioolwerke, terwyl die munisipaliteit steeds verantwoordelik is vir die elektrisiteit? Is dit hoe dit staan?

Nuff ·

Dit is nie moeilik om die verskil tussen wit en swart te sien nie nie. Die feit is dat die vermoë ontbreek by laasgenoemde om enigsins te beplan of te bestuur. Hartseer maar waar. Wat het die NP’s gedink/verwag.

Korrelkop ·

Pragtig! Systap die nuttelose regeerders en vat dienslewering terug.

akkedismis ·

Wanneer belastingbetalers munisipale dienste oorneem, verminder betaling van eiendomsbelasting!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.