Inwoners hoor skote klap voor man sterf

[OPVOLG] Lees die opvolgberig hier.

(Foto: Netcare 911)

Inwoners van Kerkstraat in Pietermaritzburg het Saterdag in die vroeë oggendure glo gehoor hoe skote buite klap voordat ʼn man kort daarna dood in ʼn motor gevind is.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 02:38 na die toneel ontbied. “Volgens inligting vanaf die toneel het lede van die publiek skote gehoor en toe die geluid van ʼn motorongeluk,” sê Herbst.

By paramedici se aankoms op die toneel het hulle ʼn motor en ʼn ligte afleweringsvoertuig aangetref wat in ʼn botsing betrokke was. “’n Man in die motor, vermoedelik 35 jaar oud, is ondersoek en daar is gevind dat hy ʼn noodlottige skietwond opgedoen het.”

Herbst kon nie meer inligting bekendmaak oor die motief vir die skietery of die presiese omstandighede wat tot die voorval gelei het nie. Die polisie sal dit ondersoek.

Maroela Media het die polisie om kommentaar genader, maar het ten tyde van publikasie nog geen terugvoer ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Joan Strydom ·

ag nee wat Maroela Media! Wat ’n niksseggende sinnelose berig. Ons hoor gedurig skote in die nag. Ons hoor motorbotsings gebeur. Julle kon net sowel die opskrif gemaak het, Raai, Raai Riepa! Ek sien met die blote oog geboue in die agtergrond. Ipv Kerkstraat, kan julle ten minste berig waar min of meer of oor watter gebou. Die motor is ook ’n spesifieke fabrikaat en so is die afleweringsbakkie?

johan ·

Ai Rita, kla sal jy as die kans daar is. Dis onnodig om MM daaroor aan te vat. Wees eerder bly jy kan die berig in Afrikaans lees. Jy kan andersins betaal om die berig op n ander plek te gaan lees. MM dankie vir julle voorgesette diens. Ons ander waardeer dit.

Skroef ·

Johan net ommdat ons ietsie in Afrikaans lees meen nie ons moer alles vir soerkoek opvreet nie

Helena. ·

Nou toe nou..waarom die detail verwag..n man is geskiet in die vroeë oggend ure. Dis baie ongewoon in Pmburg dat skote gereeld klap en veral in Kerkstr. Ons bly mos nie in die wilde weste nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.