Inwoners hou optog oor ‘giftige’ stortingsterrein

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Ongeveer 2 000 ontstoke inwoners het Saterdag ʼn optog in Hillcrest in Durban gehou om te eis dat die gevaarlike Shongweni-stortingsterrein gesluit word.

Die optog, wat ‘Toxic Trek’ genoem is, het deur die sentrale gedeelte van Hillcrest beweeg en by die plaaslike laerskool geëindig waar ʼn memorandum aan die owerhede en ʼn verteenwoordiger van die maatskappy EnviroServ oorhandig is.

Die Shongweni-stortingsterrein word deur die departement van omgewingsake se ondersoekeenheid, die Groen Skerpioene, ondersoek. EviroServ is Donderdag vier werksdae kennis gegee om te verduidelik hoekom die departement nie die lisensie vir die terrein moet opskort of terugtrek nie.

Inwoners van Kloof, Dassenhoek, Hillcrest, KwaNdengezi, Shongweni, Assagay en omliggende gebiede het aan die optog onder die wakende oog van polisiebeamptes deelgeneem. Aanvanklik is slegs 1 000 mense toegelaat om aan die optog deel te neem, maar 15 minute voor die optog moes begin het die getalle steeds bly toeneem. Die polisie het toe ingestem om die beperking te verslap en die organiseerders het aangekondig dat meer mense toegelaat kan word.

Die inwoners het gesê die gifreuk van die stortingsterrein het oor die afgelope twee jaar al hoe erger geword. Desmond D’Sa, ʼn omgewingspesialis van Durban, het gesê hy hoop dat die optog ʼn duidelike boodskap aan EviroServ sal stuur. “Ek glo die maatskappy sal uiteindelik finansieel aanspreeklik gehou word vir die probleme wat hulle vir hierdie gemeenskappe veroorsaak het,” het hy gesê.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Lauren Johnson, direkteur van die nie-winsgewende organisasie Upper Highway Air, het die memorandum voorgelees voordat sy dit oorhandig het. “Ons glo dat EviroServ ons grondwetlike regte ignoreer, asook die verhoogde getal voorvalle van siektes wat glo met aaklige reuk verband hou. Om nie eers te praat van die sielkundige effek wat dit op ons het om deurentyd te leef met die stank van ʼn giftige stortingsterrein in die lug nie.”

William Mngoma, ʼn senior bestuurder by die KwaZulu-Natalse departement van omgewingsake, het die memorandum namens die departement aanvaar en die betogers gerusgestel dat die departement hul besware ernstig sal opneem. “Ons moet seker maak dat almal se regte in ag geneem word, insluitend die van EviroServ,” het Mngoma gesê.

Die memorandum het 15 eise gelys, onder meer die toemaak, sluiting en rehabilitasie van die Shongweni-stortingsterrein, die beëindiging van enige uitbreidingsplanne vir die terrein, mediese vergoeding vir inwoners, lugsuiweraars wat by die plaaslike klinieke beskikbaar gestel moet word en dat die maatskappy se uitvoerende hoof, Dean Thompson, moet “ophou om sy kliënte en die gemeenskap te mislei”.

EviroServ se bestuurder in KwaZulu-Natal, Dheena Govender, het die memorandum namens die maatskappy aanvaar, maar wou nie kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mr P ·

Hoekom net 1000 mense toelaat. Glo niemand is dood of beseer of enige brandstigting of geplunder het plaasgevind nie. Was dit die ANC was dit vreedsame gahos. Niemand sal dit waag om vir die deurtrekkers ,afbrekers en plunderaars beperk tot 1000 betogers ni. Hierdie is n voorbeeld van n vreedsame optog. Daar sal niks van kom nie want die kaders is nie betrokke nie.

Johannes van Staden ·

Oorweeg om iets te brand of te breek …dit trek aandag …of se iets lekker rasisties teen die verantwoordelike persoon ….DAN het julle die nodige aandag !

Rabes ·

Wat ek nie kan verstaan nie dat daar beweer word dat giftige gasse teenwoordig is. Geen bewyse is gelewer oor watter gasse is gevind of is dit slegs bespiegeling

Chris ·

Rabes, ek weet nie waar jy woon nie, en ek neem aan nie in die omgewing nie. Ons kinders woon ongeveer 7km van die stortingsterrein af. Ons kuier gereeld by die kinders. Ons ruik die gasse gereeld wanner ons daar kuier,mmits die wind van die regte rigting waai. Sodra die wind vanaf die suid ooste waai is die reuk meer waarneembaar. Die kinders was onlangs ‘n week weg met vakansie. Hulle was ‘n week terug toe begin die kleinkinders met simptome van brandende oë, hoeserigheid en post nasale drip. Die “gas” van die stortingsterrein sweef soos ‘n mistigheid in die huise in en is met die blote oog warneembaar. Mense wat nader woon het dit natuurlik erger. Daar word bewerings gemaak dat troeteldiere ook siek word. So Rabes, elke saak het drie kante joune, myne en die waarheid. Vergewis jou eers van die feite en omstandigehede alvorens jy enige stelling durf waag.

Johannes van Staden ·

Klink vir my na moontlike arseeniese gas gemeng met ammoniak en swael

John ·

Stortingsterreine is van ons land se grootste broeiende onheile. Buiten vir die ongure, ongesonde lug word ondergrondse/bogrondse water besoedel. Erge besoedeling vind plaas wanneer die gemors gebrand word. By by dorpe en stede is die terreine net so ver weg van woongebiede gelee soos wat ‘n lui arm kan gooi. Selfaangestelde skattejagters berg die swartsakke op om dit eers ‘na te gaan’ voor versending. Die’ hope gagga wag buite in die straat en dit gaan stadiger daar as in die powerste poskantoor. Knaagdiere was deur die eeue die draers van groot pes, maar elke generasie word sonder begrip gebore en moet eers lyke in strate tussen dooie rotte sien le voor die ‘gordyntjies’ wegskuif.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.