Inwoners in Rustenburg geskiet

Argieffoto (Foto: Netcare 911)

Die polisie in Rustenburg, Noordwes, ondersoek ʼn saak van openbare geweld en poging tot moord ná veiligheidsbeamptes op betogende inwoners losgebrand het.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig veiligheidsbeamptes het met rubberkoeëls op betogende inwoners losgebrand by ʼn residensiële kompleks in Rustenburg.

“Volgens inligting wat ons in hierdie stadium het, het die inwoners na bewering in die vroeë oggendure ʼn pad versper en busse verhoed om die kompleks te verlaat wat werknemers na Rasimone-myn sou vervoer.”

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

Tebogo Magoro, woordvoerder van Netcare 911, het in ʼn verklaring gesê paramedici is omstreeks 03:00 na die toneel ontbied waar ʼn skietery plaasgevind het. Volgens hom het die veiligheidsbeamptes rubberkoeëls en skerp ammunisie gebruik.

“Vyf mans is in hul bene geskiet en een in sy boud. ʼn Vrou is meer as een keer in die bors getref,” het hy gesê.

Die pasiënte is gestabiliseer voor hulle per ambulans na ʼn hospitaal geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Piet ·

Seker baie vinnig ‘n einde aan die betoging gebring. Daar is beseerdes, begin met hulle vir die inhegtenis neming.

John Samuel ·

En..? Dink ons hulle sal wéér kom betoog en paaie versper na die (onverwagse) teen-aksie??
Ek sê “Goeie Werk”!! Sien hoe stop die verwoesting as mense begin opstaan teen die vernietigers. Want die Polisie doen nie..

Coenie ·

Dit is reg so ek sien niks verkeerd aan die wagte se optrede nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.