ʼn Man se hulpkrete het daartoe gelei dat inwoners van Bethlehem in die Vrystaat ʼn verdagte aangekeer het kort ná ʼn rooftog en verkragting.
Kapt. Zweli Mohobeleli, polisiewoordvoerder, het gesê die 23-jarige man en sy vriendin het Sondag op ʼn sypaadjie in Bohlokong gesit, toe twee mans hulle genader het.
“Die verdagtes het die paartjie met gebreekte bierbottels gedreig en hul selfone afgeneem. Die verdagtes het die vrou na ʼn afgeleë gebied weggesleep en haar verkrag,” het Mohobeleli gesê. “Die man het om hulp geroep en inwoners het vinnig gereageer.”
Die gemeenskapslede het kort daarna ʼn 27-jarige verdagte aangekeer en aan die polisie oorhandig. Sy inhegtenisneming het die volgende dag gelei tot die inhegtenisneming van ʼn tweede verdagte (20).
Die verdagtes het Woensdag in die Bethlehem-landdroshof verskyn op aanklagte van roof en verkragting. Die saak is tot 20 September uitgestel wanneer die verdagtes na verwagting om borgtog gaan aansoek doen.
Baie dom om hom vir SAPD te gee. Werk self sy gal self. Dit werk altyd.
Ek stem so saam met jou A!
Nog een vir Vroue Regter Mabel Jansen.
Mooi man…net jammer hul is oorgegee aan die polisie….Ons as inwoners moet met sulke mense se gal werk…Hulle sal wens hul het nooit daardie aaklige goed gedoen nie…………