Die erg verminkte liggaam van ʼn 40-jarige man is Woensdag in Mpumalanga gevind.
Volgens sers. Gerald Sedibe, provinsiale polisiewoordvoerder, het inwoners van Tsakani Trust in Mariti, naby Hazyview, omstreeks 06:00 in die straat op die man se liggaam afgekom.
“Die afgryslike toneel was nie ver van die man se huis af nie. Die polisie het gevind die man se geslagsdele, lippe en neus is afgesny.”
Sedibe het gesê die man is vermoedelik in sy huis vermoor, waarna die “hartelose booswigte” hom na buite gesleep en sy liggaam in die straat gelos het.
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die motief van die moord word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
ek het `n idee wat hy gedoen het
? Outestament?
Ek stem Ben, mens kan 2en 2 bymekaar sit, as ons reg is het reg sy gang gegaan dan kan die saak maar gesluit word!
Ek is nie so seker van julle vermoede nie,veeleeder n moetie moord,hier in die laeveld is dit groot besigheid!!
Ja Henk, was my gedagte ook, eerder muti, ek dink net meer sou betrokke gewees het by die daad as dit pay back was vir wat Ben en Loon vermoed hy het gedoen.