Inwoners maak vermeende misdadigers dood

Argieffoto.

Die polisie veroordeel ten sterkste twee voorvalle in ʼn township by Centurion waar die skare die reg in eie hande geneem en vermeende misdadigers om die lewe gebring het.

Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, sê in die eerste voorval omstreeks 12:00 Sondag het ʼn woedende skare inwoners van Olievenhoutbosch, tussen Centurion en Midrand, drie mense, van 22, 23 en 35 jaar, begin aanval nadat hulle die drie daarvan beskuldig het dat hulle inwoners van Uitbreiding 37 terroriseer.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê toe hul paramedici op die toneel kom nadat hulle daarheen ontbied is, het hulle drie mans op ʼn woonerf sien lê, omring deur ʼn skare inwoners. “Paramedici het hulle ondersoek en bevind al drie is aangerand. Een was in ʼn kritieke toestand.”

Hulle is op die toneel behandel en toe na ʼn hospitaal daar naby gebring, waar die een aan sy beserings beswyk het. Die ander twee het matige beserings opgedoen.

Moloto sê in die tweede voorval het twee gewapende mans omstreeks 18:00 Sondagaand ʼn snoepwinkel in Uitbreiding 25 binnegegaan en ʼn onbekende bedrag kontant geroof.

Blykbaar het die twee daarna in ʼn vurige stryery betrokke geraak waarna die een sy medepligtige doodgeskiet het. Inwoners het die man agternagesit toe hy wou vlug, sê Moloto. Hulle het hom so erg met klippe gegooi dat hy gesterf het.

Meiring sê paramedici het met hul aankoms twee mans in die straat sien lê. “Die een het ʼn skietwond in sy kop gehad terwyl die ander ʼn ernstige kopbesering opgedoen het. Albei was reeds dood.”

Polisiebeamptes het twee ongelisensieerde vuurwapens teruggekry.

Genl.maj. Tommy Mthombeni, bevelvoerde van die Tshwane-Wes-polisiegroepering, het die aanvalle veroordeel. Hy moedig inwoners aan om misdaad by hul naaste polisiekantoor aan te meld en onder geen omstandighede die reg in eie hande te neem nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar die polisie ondersoek drie sake van moord en poging tot moord.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Lana ·

Sisulu, het jy gehoor wat hier gebeur het? Sê jy nóg dat alles so goed gaan in SA?

Sarel ·

Ek wonder of die Generaal al ooit probeer het om n klagte by n polisiestasie aanhangig te maak??
En sou die saak wel die hof haal, het hy al daardie frustrasie beleef??
Ongelukkig gaan hierdie voorvalle meer en meer gebeur. Seker bang n polisie beampte word so vasgetrap.

Estelle ·

Gelukkig is dit dieselfde ras op dieselfde ras. Anders was die gort weer gaar.

Michael ·

as die gereg niks kan doen nie laat die gemeenskap hulle dan uit sort Estelle jy is so reg.

George Pelser ·

“Nog niemand is in hegtenis geneem nie”…….rerig? Gaap……niks nuuts nie.

Vra maar ·

Maroela, paragraaf 6 lui die volgende:”wanneer die een sy medepligtende doodgeskiet het.” Moet dit nie waar en plaas van wanneer?

Morné van Rooyen ·

Dagsê Vra maar! Dankie vir jou oplettendheid. Dis reggestel. Groetnis, Morné, nms. Maroela Media.

Stef ·

n Derde wereld land met derde wereld polisie en eerste wereld konstitusie en eerste weteld regstelsel. Dit moet mos in chaos eindig?

Ronnie ·

Mense moet aanmelt by naaste polisie stasie!!! Grappie hulle doen niks..

Ons moet maar self reg laat geskiet in die land!!

Staak saam ·

Die oomblik wat die wet en gereg ontbreek of tekortskiet dan ontstaan daar spontaan n gemeenskaplike gereg en vervolging uit die gemeenskap.

Karolis ·

Wat vir my goed en aanvaarbaar klink.
Baie goedkoop en effektiewe stelsel.

waarheid ·

Dankie aan die Gemeenskap. Die saak was sommer vinnig opgelos.

Adrian Joubert ·

“Die polisie keer die dade ten sterkste af en moedig inwoners aan om misdaad by die naaste polisiestasie aan te meld en nie gereg in eie hande te neem nie”………..
O regtig?!
Ek wag nou nog vir polisie om op te daag nadat ek hulle seker 8 keer ontbied het sowat twee maande gelede ten tye dat ek n inbreker op my perseel betrap het.

As ons regering en veiligheidsowerhede te onbevoeg is om misdaad te bekamp sal inwoners dit self moet doen.

Andre ·

En hoekom was dit nie op al wat n nuus kanaal gewees nie seker omdat daar nie rassisme geskree kan word nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.