Inwoners ontruim oor brand

Die brand wat by Ocean View ontstaan het en van Hermanus af gesien kan word. Foto: Michelle Ubsdell/VWS/Facebook

Die brand wat by Ocean View ontstaan het en van Hermanus af gesien kan word. Foto: Michelle Ubsdell/VWS/Facebook

Inwoners van verskeie buurte naby Simonstad word ontruim weens ʼn groot brand wat in die omgewing woed.

Volgens Liesl Moodie, woordvoerder van Kaapstad se brand-en-reddingsdienste, het gesê ʼn brand het vroeg Woensdagoggend in die berg by Ocean View bo Kommetjiestraat ontstaan. “Die brand was onbegaanbaar en het na Da Gamapark se kant versprei.”

Volunteer Wildlife Services het intussen bevestig inwoners van sekere dele van Da Gamapark, Pinehaven, Red Hill en Glen Marine word ontruim. Daar is glo ook kommer dat die brand tot by Simonstad kan versprei.

Intussen woed die veldbrand in die Helderberg-omgewing bo Somerset-Wes steeds. Die brand het reeds omtrent die helfte van die historiese Vergelegen-plaas verwoes en die Bezweni-lodge in puin gelê.

Die brand, wat Maandag omstreeks 23:00 naby die Du Toitskloof-pas ontstaan en reeds ʼn pad van verwoesting gesaai het, is intussen onder beheer gebring. Sommige wynplase en die Augusta Kleine Bosch-herehuis op Kleinbosch het in die slag gebly.

Intussen woed brande ook naby Tulbagh en Hans-se-Kop naby Grabouw.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Carol Prins ·

Brandstigting. Daar is nie ‘n manier dat hierdie tipe veldbrande willekeurig gebeur nie. This is arson !!

Nommer 7 ·

Het die Helderberg-brand in Du Toitskloof ontstaan????? Praat julle nie nou van twee brande nie? Die Helderberg-een en die Paarl/Wellington-een. Of ken ek nie my aardykskunde so goed nie.

ag ne ·

Hierdie brande is gestig deur mense wat gese was om dit te doen. Dit is net nie verstaanbaar blus een brand dan is daar weer een wat begin op n anderplek.

Alwyn ·

Iemand het gesien hoe n blik met brandende gras in teen n paal rol buite Hugenote tonnel.Hy het gestop en dit geblus.Kon nie sien wie dit gedoen het nie.Gelukkig was die paal in die pad anders was dit die veld in.Dis definitief brandstigting.

popeye ·

Massa aksie deur brandstigting hierdie! Kyk maar na die omgewings en wie se eiendom beskadig is en word! Dis so goed soos Tutu wat destyds gevra het vir gif in die water.

Janneman ·

Wil nou nie sinies wees en n terroris agter elke bos soek nie maar…… al die bosbrande, treinbrande, misdaad, ens in die Wes-Kaap begin vir my n reukie kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.