Inwoners ontsnap vlammehel

Die brandweer en paramedici op die toneel. Foto: ER24

Die brandweer en paramedici op die toneel. Foto: ER24

Inwoners van ʼn woonstelblok in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal het Vrydag ongedeerd daarvan afgekom nadat ʼn brand in die gebou uitgebreek het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die brand het in die woonstelblok op die hoek van Kerk- en Eaststraat in dié stad uitgebreek.

“Paramedici van ER24 en die provinsiale nooddienste is na die toneel ontbied waar die twee boonste verdiepings in ligte laaie gestaan het,” het Meiring gesê. “Brandbestryders het dadelik begin om die brand te blus terwyl paramedici mense wat uit die woonstelblok gevlug het, ondersoek het.”

Volgens Meiring het inwoners nooddienswerkers meegedeel dat daar mense op die boonste verdieping van die gebou vasgekeer was. “Die brandweer het die brand onder bedwang gebring en die twee vloere deursoek. Gelukkig is daar geen persone gevind nie en kon almal daarin slaag om uit die brandende gebou te ontsnap.”

Geen beserings is aangemeld nie. Die oorsaak van die brand is nie bekend nie en word ondersoek.

Die brandweer en paramedici op die toneel. Foto: ER24

Die brandweer en paramedici op die toneel. Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.